diff --git "a/data/afr_Latn/newstest2019-ref.afr.txt" "b/data/afr_Latn/newstest2019-ref.afr.txt" new file mode 100644--- /dev/null +++ "b/data/afr_Latn/newstest2019-ref.afr.txt" @@ -0,0 +1,1997 @@ +Lede van Walliese Vergadering bekommerd hulle gaan 'soos sotte lyk' +Daar is konsternasie onder sommige vergaderingslede oor die voorstel dat hulle titel van AM’e na MWP’e (vir Member of the Welsh Parliament) moet verander. +Dit is veroorsaak deur planne om die naam van die vergadering na die Walliese Parliament te verander. +Lede van dwarsoor die politiese spektrum is bang dat dit ’n spottery kan uitlok. +Een lid van die Arbeidersparty sê sy groep is besorg omdat "dit met Twp en Pwp rym." +Vir lesers buite Wallis: In Wallies beteken twp dom en pwp beteken ontlasting. +’n Vergaderingslid van die Plaid Cymru party sê die groep as geheel is "nie gelukkig nie" en het alternatiewe voorgestel. +’n Lid van die Walliese Konserwatiewe Party sê sy groep is “ontvanklik” oor die naamverandering, maar het opgemerk dat dit ’n kort spraaksprong is van MWP na Muppet, die Britse ekwivalent van sot of dwaas. +In hierdie konteks word die Walliese letter w soos die Yorkshire-Engelse uitspraak van die letter u uitgespreek. +Die Vergaderingskommissie, wat tans wetgewing ontwerp om die naamveranderings in te stel, het gesê: “Die finale besluit oor enige beskrywings van wat Vergaderingslede genoem word, sal natuurlik ’n saak vir die lede self wees.” +Die Wet op die Regering van Wallis 2017 het die Walliese vergadering die mag gegee om sy naam te verander. +In Junie het die Kommissie die uitslae gepubliseer van openbare konsultasie oor die voorstelle wat ruim ondersteuning ontvang het om die vergadering ’n Walliese Parliament te noem. +Wat die AM’e se titel betref het die Kommissie Welsh Parliament Members of WMP’s verkies, maar die MWP-opsie het die meeste goedkeuring ontvang in ’n konsultasie met die publiek. +AM’e is blykbaar besig om alternatiewe voor te stel, maar die stryd om konsensus te kry kan ’n hoofpyn wees vir die voorsitter, Elin Jones, wat binne weke ’n wetsvoorstel oor die veranderinge moet voorlê. +Die wetgewing oor die hervormings sal ook ander veranderings aan die vergadering se werkswyse insluit, insluitende reëls oor diskwalifisering van AM’e en die ontwerp van die komiteestelsel. +AM’e sal die laaste sê kry in die vraag oor wat hulle genoem moet word wanneer hulle oor die wetgewing debatteer. +Masedoniërs stem in referendum oor verandering van land se naam +Kiesers gaan Sondag stem of hulle land se naam na die "Republiek van Noord-Masedonië" moet verander. +Die volkstemming is gereël in ’n poging om ’n dekadeslange geskil met buurland Griekeland, wat self ’n provinsie genaamd Masedonië het, uit die weg te ruim. +Athene dring ’n geruime tyd reeds aan dat die naam van sy buurman in die noorde ’n aanspraak op sy gebied verteenwoordig en het herhaaldelik kapsie gemaak teen sy aansoeke om lidmaatskap in die EU en NATO. +Die president van Masedonië, Gjorge Ivanov, wat die volkstemming oor die naamverandering teenstaan, het gesê dat hy die stemming sal ignoreer. +Ondersteuners van die referendum, insluitende Eerste Minister Zoran Zaev, voer egter aan dat die naamverandering eenvoudig die prys is wat betaal moet word om by die EU en NATO aan te sluit. +Die klokke van Sint Martin’s raak stil want kerke in Harlem sukkel +"Histories gesproke, sê die ou mense met wie ek gepraat het, was daar ’n kroeg en ’n kerk op elke hoek was," sê mnr. Adams. +"Nie een van die twee is vandag meer daar nie." +Hy sê dat die verdwyning van kroeë verstaanbaar is. +"Mense sosialiseer deesdae op ander maniere," sê hy. +"Kroeë is nie meer buurte se gesinskamers waarheen mense gereeld gaan nie." +Wat kerke betref is hy bekommerd dat die geld uit bateverkope nie so lank gaan hou as wat leiers verwag nie, "en vroeër of later is hulle terug presies waar hulle begin het." +Kerke, voeg hy by, kan vervang word deur woonstelgeboue met kondominiums vol van die tipe mense wat nie die buurt se oorblywende toevlugsoorde sal help nie. +"Die oorgrote meerderheid van mense wat eenhede in hierdie geboue koop, sal wit wees," sê hy, "en sal daarom die dag wat hierdie kerke heeltemal sluit selfs nader bring, want die meeste van die mense wat in hierdie kondominiums intrek sal waarskynlik nie lede van hierdie kerke word nie." +Albei kerke is deur wit gemeentes gebou voor Harlem ’n swart metropool geword het - Metropolitan Community in 1870, Sint Martin’s ’n dekade later. +Die oorspronklike wit Metodiste-gemeente het in die 1930’s weggetrek. +’n Swart gemeente wat daar naby aanbid het, het die gebou se titel oorgeneem. +Sint Martin’s is oorgeneem deur ’n swart gemeente onder leiding van Eerw. John Howard Johnson, wat ’n boikot gelei het van kleinhandelaars in125ste straat, ’n hoofstraat vir inkopies in Harlem, wat nie swartmense wou aanstel of bevorder nie. +’n Brand in 1939 het die gebou erg beskadig, maar terwyl Vader Johnson se lidmate planne gemaak het om dit te herbou, het hulle die kariljon bestel. +Eerw. David Johnson, Vader Johnson se seun en opvolger by Sint Martin’s, het met trots die kariljon "die arm mense se klokke" genoem. +Die deskundige wat in Julie die kariljon gespeel het, het dit iets anders genoem: "’n Kultuurskat" en "’n onvervangbare geskiedkundige instrument." +Die deskundige, Tiffany Ng van die Universiteit van Michigan, het ook opgemerk dat dit die eerste kariljon in die wêreld is wat gespeel is deur ’n swart musikant, Dionisio A. Lind, wat 18 jaar gelede na die groter kariljon by die Riverside Church geskuif het. +Mnr. Merriweather sê dat Sint Martin’s hom nie vervang het nie. +Wat die afgelope paar maande by Sint Martin’s afspeel is ’n ingewikkelde verhaal van argitekte en kontrakteurs, sommige ingebring deur die lekeleiers van die kerk, ander deur die Episkopale bisdom. +Die kerkraad, die gemeente se beheerliggaam, wat uit lekeleiers bestaan - het in Julie aan die bisdom geskryf met kommer dat die bisdom “gaan probeer om die koste oor te dra” aan die kerkraad, al was die kerkraad nie betrokke by die aanstelling van die argitekte en kontrakteurs wat die bisdom gestuur het nie. +Sommige gemeentelede kla oor ’n tekort aan deursigtigheid van die bisdom se kant af. +Haai beseer 13-jarige op kreefduik in Kalifornië +’n Haai het Saterdag ’n 13-jarige seun aangeval en beseer toe hy op die eerste dag van die kreefseisoen in Kalifornië vir kreef geduik het, sê beamptes. +Die aanval het kort voor 7 vm. naby Beacon’s Beach in Encinitas plaasgevind. +Chad Hammel het KSWB-TV in San Diego vertel dat hy Saterdagoggend ’n halfuur lank besig was om met vriende te duik toe hy die seun om hulp hoor gil en toe met ‘n groep nader geroei het om hom uit die water te help trek. +Hammel sê hy het eers gedink dit was net die opwinding van ’n eerste kreefvangs, maar toe besef hy "dat hy roep, 'ek is gebyt! +Ek is gebyt!' +Sy hele sleutelbeen was oopgeskeur," het Hammel gesien toe hy by die seun uitkom. +"Ek het geroep dat almal uit die water moet kom: 'Daar is ’n haai in die water!'" voeg Hammel by. +Die seun is na die Rady Kinderhospitaal in San Diego gevlieg, waar sy toestand as kritiek beskryf word. +Dit is nie bekend watter haaispesie vir die aanval verantwoordelik is nie. +Lewensredderkapt. Larry Giles het by ’n mediavoorligtingsessie gesê dat ’n haai ’n paar weke gelede in die gebied opgemerk is, maar daar is bepaal dat dit nie ’n gevaarlike haaispesie was nie. +Giles het bygevoeg dat die slagoffer traumatiese beserings aan die boonste deel van sy bolyf opgedoen het. +Beamptes het strandtoegang van Ponto Beach in Casablad tot Swami’s in Ecinitas 48 uur lank gesluit om ondersoek- en veiligheidsredes. +Giles merk op dat daar meer as 135 haaispesies in die gebied is, maar die meeste word nie as gevaarlik beskou nie. +Sainsbury's beplan uitbreiding na VK skoonheidsmark +Sainsbury's sê Boots, Superdrug en Debenhams die stryd aan met afdelingswinkel-tipe skoonheidsgange wat deur spesialis-assistente beman is. +As deel van ’n groot uitbreiding in die VK se £2.8 miljard skoonheidsmark, wat aanhou groei terwyl verkope van mode- en huisware terugsak, sal die groter skoonheidsgange in 11 winkels oor die land heen getoets word en as dit ’n sukses is volgende jaar na meer winkels geneem word. +Die belegging in skoonheid vind plaas terwyl supermarkte soek na maniere om rakke te vul wat eens vir TV’s, mikrogolwe en huisware gebruik is. +Sainsbury's sê dat dit die grootte van sy beskikbare skoonheidsprodukte gaan verdubbel tot 3 000 produkte, wat vir die eerste keer handelsname soos Revlon, Essie, Tweezerman en Dr. PawPaw sal insluit. +Bestaande reekse van L'Oreal, Maybelline en Burt's Bees sal ook meer plek kry met handelsmerkspesifieke areas soortgelyk aan die wat in winkels soos Boots te sien is. +Die supermark lanseer ook weer sy Boutique-grimeringsreeks sodat die meerderheid produkte vegaan-vriendelik is - iets waarop al meer jonger kopers aandring. +Daarbenewens sal die parfuumkleinhandelaar, The Fragrance Shop konsessies toets in twee Sainsbury’s-winkels, waarvan die eerste laas week in Croydon in Suid-Londen oopgemaak het en ’n tweede wat later hierdie jaar in Selly Oak in Birmingham sal oopmaak. +Internet-inkopies en ’n skuif na kleiner hoeveelhede kos wat daagliks by plaaslike geriefswinkels gekoop word beteken dat supermarkte meer moet doen om mense te oorreed om hulle te besoek. +Mike Coupe, die hoof uitvoerende beampte van Sainsbury's, het gesê dat die winkels al meer soos afdelingswinkels gaan lyk wanneer die supermarkketting probeer om met meer dienste en nie-voedselprodukte teen die afslagwinkels Aldi en Lidl terug te veg. +Sainsbury's het Argos-verkooppunte in honderde winkels geplaas en ook ’n aantal Habitat-verkooppunte bekendgestel sedert dit twee jaar terug albei hierdie kettings gekoop het, wat volgens hulle kruideniersware-verkope versterk het en die aankope meer winsgewend gemaak het. +Die supermark se vorige poging om sy skoonheid- en apteekafdelings te vernuwe het misluk. +Sainsbury's het in die vroeë 2000’s ’n gesamentlike onderneming met Boots getoets, maar die verhouding is beëindig na ’n argument oor hoe die wins uit die apteke binne sy winkels verdeel moet word. +Die nuwe strategie kom nadat Sainsbury's drie jaar gelede sy 281-winkel apteekbesigheid vir £125m verkoop het aan Celesio, die eienaar van die Lloyds Pharmacy-ketting. +Dit sê dat Lloyds ’n rol in die plan sal speel deur ’n uitgebreide reeks luukse velsorgprodukte, insluitende La Roche-Posay en Vichy, in vier winkels te bied. +Paul Mills-Hicks, Sainsbury's se handelsdirekteur, het gesê: "Ons het die voorkoms en gevoel van ons skoonheidsgange getransformeer om die omgewing vir ons klante te verbeter. +Ons het ook in spesiaal-opgeleide kollegas belê wat byderhand sal wees om advies te bied. +Ons reeks handelsname is ontwerp om aan elke behoefte te voorsien en die aanloklike omgewing en gerieflike liggings beteken dat ons nou ’n gebiedende skoonheidsbestemming is wat die ou manier van inkopies doen uitdaag." +Peter Jones 'woedend' nadat Holly Willoughby aan £11 miljoen-ooreenkoms onttrek +Dragons Den-ster Peter Jones het 'woedend' weggeloop nadat TV-aanbieder Holly Willoughby haar aan ’n £11 miljoen ooreenkoms met sy leefstylhandelsmerk-besigheid onttrek het om op haar kontrakte met Marks and Spencer en ITV te fokus. +Willoughby het nie tyd vir hulle huisklere-en-bykomstigheid handelsnaam, Truly, nie. +Die paartjie se besigheid is met Gwyneth Paltrow se Goop-handelsnaam vergelyk. +Die This Morning-aanbieder, 37, het op Instagram aangekondig dat sy haar onttrek. +Holly Willoughby het Dragons Den-ster Peter Jones woedend gelaat deur op die laaste oomblik aan hulle winsgewende leefstylhandelsmerk-besigheid te onttrek - om op haar eie reuse kontrakte met Marks & Spencer en ITV te fokus. +Bronne sê dat Jones "woedend" was toe TV se goue meisie Dinsdag by ’n gespanne vergadering in die hoofkwartier van sy besigheidsryk in Marlow, Buckinghamshire, aangekondig het dat haar nuwe geleenthede - wat tot £1,5 miljoen werd is - beteken dat sy nie meer genoeg tyd aan hulle huisklere-en-bykomstigheid-handelsnaam, Truly, kan bestee nie. +Die besigheid is met Gwyneth Paltrow se Goop-handelsnaam vergelyk en sou volgens ingewydes Willoughby se beraamde £11 miljoen-fortuin verdubbel het. +Terwyl Willoughby, 37, op Instagram aankondig dat sy Truly verlaat, het Jones op ’n straler geklim en Brittanje vir een van sy vakansiehuise verruil. +’n Bron sê: "Truly was Holly se grootste prioriteit by verre. +Dit sou haar langtermyn toekoms wees wat haar deur die komende paar dekades sou dra. +Haar besluit om haar te onttrek het alle betrokkenes absoluut stomgeslaan. +Niemand kon Dinsdag glo wat besig was om te gebeur nie, dit was so naby aan die bekendstelling. +Daar is ’n pakhuis vol goedere by die Marlow-hoofkwartier wat reg staan om verkoop te word.” +Kenners glo dat die onttrekking van die This Morning-aanbieder, een van Brittanje se sterre wat die meeste geld laat instroom, die firma miljoene uit die sak kan jaag as gevolg van die yslike belegging in produkte wat strek van kussings en kerse tot klerasie en huisklere, en die moontlikheid dat sy bekendstelling selfs meer vertragings kan teëkom. +En dit kan die einde van ’n lang vriendskap beteken. +Willoughby, ’n ma van drie, en haar man Dan Baldwin is al tien jaar lank na aan Jones en sy vrou Tara Capp. +Willoughby het Truly in 2016 saam met Capp opgestel en Jones, 52, het in Maart as voorsitter aangesluit. +Die paartjies hou saam vakansie en Jones besit ’n 40 persent aandeel in Baldwin se TV-produksiefirma. +Willoughby gaan ’n handelsmerk-ambassadeur vir M&S word en sal Ant McPartlin vervang as aanbieder van ITV se I’m a Celebrity. +’n Bron naby aan Jones het laasnag gesê, "Ons sal geen kommentaar op sy besigheidsake lewer nie." +Harde woorde 'en toe raak ons verlief' +Hy het gespot oor kritiek wat hy van die nuusmedia gaan kry omdat hy ’n opmerking gemaak het wat sommige as "onpresidensieel" sou beskou en omdat hy so positief was oor die Noord-Koreaanse leier. +Waarom het President Trump soveel opgegee? +het Trump in sy kamma-"nuusleserstem" gesê. +"Ek het niks opgegee nie." +Hy het genoem dat Kim in ’n tweede ontmoeting belangstel ná Trump hulle eerste samespreking in Junie in Singapoer as ’n groot stap na die kernontwapening van Noord-Korea beskryf het. +Maar onderhandelinge oor kernontwapening het vasgebrand. +Noord-Korea se top diplomaat, Ri Yong Ho, het Saterdag, meer as drie maande na die Junie-leiersbyeenkoms in Singapoer, aan leiers by die VN se Algemene Vergadering gesê dat die Noorde nie ’n "ooreenstemmende reaksie" van die VSA op Noord Korea se vroeë ontwapeningsaktiwiteite sien nie. +In plaas daarvan, het hy opgemerk, gaan die VSA voort met sanksies wat daarop gemik is om die druk vol te hou. +Trump het ’n baie meer optimistiese inslag geneem in sy byeenkomstoespraak. +"Ons vorder uitstekend met Noord-Korea," het hy gesê." +"Ons was op pad om ’n oorlog met Noord-Korea te begin. +Miljoene mense sou gesterf het. +Nou het ons hierdie wonderlike verhouding." +Hy sê dat sy pogings om verhoudings met Kim te verbeter het positiewe resultate gelewer - dit het vuurpyltoetse beëindig, gehelp om gyselaars te bevry en veroorsaak dat die reste van Amerikaanse soldate terug huis toe gebring word. +En hy het sy ongewone benadering tot beskrywings van verhoudings met Kim verdedig. +"Dis so maklik om presidensieel te wees, maar in plaas van 10 000 mense daarbuite wat probeer om in ’hierdie stampvol arena te kom, sou ons bykans 200 mense gehad het wat net daar staan," het Trump gesê terwyl hy na die skare reg voor hom wys. +Getygolf en aardbewing in Indonesië verwoes eiland, dood honderde +In die nasleep van die Lombok-aardbewing, byvoorbeeld, is buitelandse nieregeringsorganisasies gesê dat hulle nie benodig word nie. +Alhoewel meer as 10 persent van Lombok se bevolking ontwortel is, is geen nasionale ramp aangekondig nie, ’n voorvereiste om internasionale hulp te kataliseer. +“In baie gevalle was hulle ongelukkig baie duidelik dat hulle nie internasionale hulp vra nie, wat dit ’n bietjie moeilik maak," het me. Sumbung gesê. +Alhoewel Save the Children besig is om ’n span saam te stel om na Palu te reis, is dit nie seker of buitelandse personeel op die grond kan werk nie. +Mnr. Sutopo, woordvoerder van die nasionale ramp-agentskap, het gesê Indonesiese amptenare assesseer die situasie in Palu om te sien of internasionale agentskappe toegelaat sal word om tot die bystandspoging by te dra. +Gegewe die aardskudding wat Indonesië voortdurend verduur, bly die land droewiglik swak voorbereid op die toorn van die natuur. +Terwyl tsunamiskuilings in Aceh gebou is, is dit nie ’n algemene gesig aan ander kuslyne nie. +Die skynbare gebrek aan ’n tsunamiwaarskuwingsirene in Palu het waarskynlik tot die lewensverlies bygedra, al was ’n waarskuwing van krag. +Dit is op sy beste uitdagend om tussen Indonesië se talle eilande te reis. +Natuurlike rampe maak die logistiek selfs meer gekompliseerd. +’n Hospitaalskip wat in Lombok gestasioneer was om aardbewingslagoffers te behandel, is op pad na Palu, maar dit sal minstens drie dae neem om die terrein van die nuwe ramp te bereik. +President Joko Widodo het die verbetering van Indonesië se verflenterde infrastruktuur ’n kernpunt van sy verkiesingsveldtog gemaak en kwistig geld op paaie en spoorweë uitgegee. +Maar mnr. Joko se administrasie word deur befondsingstekorte getreiter soos hy herverkiesing volgende jaar in die gesig staar. +Mnr. Joko staan ook voor die druk van sloerende sektariese spanning in Indonesië, waar lede van die Moslem-meerderheid ’n konserwatiewer vorm van die geloof aanvaar het. +Meer as 1 000 mense is doodgemaak en tienduisende ontheem soos Christen- en Moslem-bendes met kapmesse, pyle en boë, en ander primitiewe wapens op straat geveg het. +Watch: Liverpool se Daniel Sturridge skop goeie gelykmaker teen Chelsea +Daniel Sturridge het Liverpool Saterdag by Stamford Bridge in Londen van ’n Premierliga-verlies teen Chelsea gered met ’n doel in die 89ste minuut. +Xherdan Shaqiri het vir Sturridge aangegee toe hy sowat 30 jaart uitwaarts van die Chelsea-doel en sy span 1-0 agter was. +Hy het die bal na links getik voor hy ver na die doelpaal geskop het. +Die poging het hoog oor die raam geseil soos wat dit na die boonste regterkantse hoek van die net gesweef het. +Uiteindelik het die bal oor ’n springende Kepa Arrizabalaga getuimel en in die net geval. +“Dit was net om in daardie posisie te probeer kom, om op die bal te kom, en spelers soos Shaq speel altyd vorentoe sover moontlik, so ek het net vir myself soveel tyd moontlik probeer skep,” het Sturridge vir LiverpoolFC.com gesê. +"Ek het Kante sien kom en een keer getik en nie te veel daaroor gedink nie en net geskop." +Chelsea was teen halftyd 1-0 voor nadat die Belgiese ster Eden Hazard in die 25ste minuut ’n doel aangeteken het. +Die Blues se doelskopper het in daardie speelruimte met ’n agteropskop weer na Mateo Kovacic aangespeel voordat hy naby die middelveld getol en in die Liverpool-helfte ingenael het. +Kovacic het in die middelveld vinnig ontvang en aangegee. +Met ’n pragtige vorentoe-skop het hy toe vir Hazard in die raam ingelei. +Hazard het die verdediging verbygesteek en met ’n linkervoet-skop verby Liverpool se Alisson Becker in die verste doelnet geëindig. +Liverpool voer Woensdag om 3 nm. die stryd teen Napoli in die groepstadium van die Champions League by Stadio San Paolo in Napels, Italië. +Chelsea kom Donderdag om 3 nm. in Londen in die UEFA Europa League voor Videoton te staan. +Dodetal styg na 832 ná Indonesiese tsunami +Die dodetal in Indonesië se aardbewing en tsunami het tot 832 geklim, het die land se ramp-agentskap Sondag vroeg gesê. +Daar is berig dat talle mense vasgevang is onder die rommel van geboue wat die aardbewing, wat Vrydag teen ’n omvang van 7,5 toegeslaan het, ineen laat stort het, en branders van tot 20 voet veroorsaak het, het die agentskap-woordvoerder Sutopo Purwo Nugroho aan ’n nuuskonferensie gesê. +Die stad Palu, met sy meer as 380 000 mense, was besaai met die puin van ineengestorte geboue. +Polise arresteer man, 32, onder verdenking van moord nadat vrou doodgesteek is +’n Moordondersoek is van stapel gestuur ná die liggaam van ’n vrou vanoggend in Birkenhead, Merseyside gevind is. +Die 44-jarige is om 7.55 vm. in Grayson Mews in John Street met messteke gevind, en ’n 32-jarige man is onder verdenking van moord gearresteer. +Die polisie het mense in die gebied wat enigiets gehoor of gesien het, aangespoor om vorentoe te kom. +Speurinspekteur Brian O’Hagan het gesê: ‘Die ondersoek is in ’n vroeë stadium maar ek doen ’n beroep op enigeen wat in die omtrek van John Street in Birkenhead was wat enigiets verdag gesien of gehoor het, om ons te kontak. +Ek doen ook ’n beroep op enigeen, veral taxibestuurders, wat moontlik enigiets op dashcam-filmmateriaal vasgevang het, om ons te kontak aangesien hulle inligting kan hê wat onmisbaar vir ons ondersoek kan wees.’ +’n Polisiewoordvoerder het bevestig dat die vrou wie se liggaam gevind is, ’n inwoner van Birkenhead was en dat sy binne ’n eiendom gevind is. +Vanmiddag het vriende wat glo hulle ken die vrou by die toneel opgedaag om vrae te vra oor waar sy vanoggend gevind is. +Ondersoeke word voortgesit aangesien die polisie gesê het hulle is in die proses om die slagoffer se naasbestaandes in te lig. +’n Taxibestuurder wat in Grayson Mews woon het so pas probeer om na sy woonstel terug te keer maar is deur die polisie meegedeel dat niemand in of uit die gebou toegelaat word nie. +Hy was sprakeloos toe hy ontdek wat gebeur het. +Inwoners word nou gesê dit sal ure neem voor hulle weer ingelaat word. +Daar is gehoor dat ’n polisiebeampte vir een man sê dat die hele area nou as misdaadtoneel behandel word. +’n Vrou het in trane op die toneel verskyn. +Sy het herhaaldelik gesê ‘dis so aaklig’. +Om 2 nm was daar twee polisiewaens binne die kordon met ’n ander wa net buite. +’n Aantal beamptes is binne die kordon laat staan om die blok woonstelle te monitor. +Enigeen met inligting word gevra om @MerPolCC te DM, 101 te skakel of Crimestoppers anoniem by 0800 555 111 te skakel met log 247 van 30 September as verwysing. +Parlement se statuut van Cromwell word nuutste gedenktreffer met ‘herskryf van geskiedenis’-twis +Sy verbanning sal poëtiese geregtigheid wees vir sy Talibanagtige vernietiging van soveel van Engeland se kulturele en godsdienstige kunsvoorwerpe uitgevoer deur sy fanatiese Puriteinse volgelinge. +Maar die Cromwell Vereniging het mnr. Crick se voorstel as “sotheid” en “ ’n poging om geskiedenis te herskryf” beskryf. +John Goldsmith, voorsitter van die Cromwell Vereniging, het gesê: “Dit was onvermydelik in die huidige debat oor die verwydering van statute dat die gestalte van Oliver Cromwell buite die Paleis van Westminster ’n teiken sou word. +Die beeldstormery van die Engelse burgeroorloë is nóg deur Cromwell beveel nóg uitgevoer. +Miskien sal die verkeerde Cromwell geoffer word vir die dade van sy voorvader Thomas in die vorige eeu. +Sir William Hamo Thorneycroft se manjifieke uitbeelding van Cromwell is bewys van 19de eeuse opinie en deel van die geskiedskrywing van ’n figuur wat menige glo steeds herdenkingswaardig is. +Mnr Goldsmith het The Sunday Telegraph vertel: “Cromwell word deur menige, miskien meer in die laat 19de eeu as vandag, beskou as verdediger van die parlement teen eksterne druk, in sy geval natuurlik die monargie. +Of dit ’n heeltemal akkurate uitbeelding is, is die onderwerp van voortgesette historiese debat. +Wat vasstaan is dat die konflik van die middel 17de eeu vorm verleen het aan die latere ontwikkeling van ons nasie, en dat Cromwell ’n individueel herkenbare figuur is wat een kant van daardie skeiding verteenwoordig. +Sy sukses as Beskermheer is ook viering en herdenking waardig.” +Moordvark Verskeur Chinese Boer +’n Boer is volgens plaaslike mediaberigte deur ’n vark op ’n mark in suidwes-China aangeval en doodgemaak. +Die man, wat slegs deur sy van, “Yuan”, identifiseer is, is met ’n afgeskeurde slagaar met bloed bedek dood gevind naby ’n hok by die mark in Liupanshui in die Guizhou-provinsie, het die South China Morning Post Sondag berig. +’n Varkboer maak op 30 Mei 2005 gereed om varke met entstowwe by ’n varkboerdery in Xining van Qinghai-provinsie, China in te spuit. +Hy het volgens berigte Woensdag met sy neef van die naburige Yunnan-provinsie gereis om 15 varke by die mark te verkoop. +Die volgende oggend het sy neef hom dood gevind en ’n deur na ’n naburige varkhok oop gevind. +Hy het gesê daar was ’n groot mannetjiesvark in die hok met bloed aan sy bek. +’n Forensiese ondersoek het volgens die berig bevestig dat die 550-pond vark die boer doodgebyt het. +“My neef se bene was bebloed en verskeur,” het die neef, wat op sy van, “Wu”, genoem is, gesê, het die Guiyang Evening News aangehaal. +Sekuriteitskamera-filmmateriaal het getoon hoe Yuan die mark Donderdag om 4.40 vm binnegekom het om sy varke te voer. +Sy liggaam is sowat ’n uur later gevind. +Die dier wat die man doodgemaak het behoort nie aan Yuan of sy neef nie. +��n Markbestuurder het aan die Evening New gesê dat die vark toegesluit is om te verhoed dat dit iemand anders aanval, terwyl die polisie bewyse op die toneel ingesamel het. +Yuan se familie en die markowerhede onderhandel na bewering vergoeding vir sy dood. +Hoewel raar, is gevalle van varke wat mense aanval al voorheen rapporteer. +In 2016 het ’n vark ’n vrou en haar man op hul plaas in Massachusetts aangeval en die man met kritieke beserings gelaat. +Tien jaar vroeër het ’n 650 pond-vark ’n Walliese boer teen sy trekker vasgepen totdat sy vrou die dier afgeskrik het. +Nadat ’n boer van Oregon in 2012 deur sy varke gevreet is, het ’n boer van Manitoba vir CBS News gesê dat varke nie normaalweg aggressief is nie maar dat die smaak van bloed as “sneller” kan optree. +“Hulle’s net spelerig. +Hulle’s pikkies, baie nuuskierig... hulle’s nie daarop uit om jou seer te maak nie. +Jy moet hulle net die regte hoeveelheid respek betoon,” het hy gesê. +Res van Orkaan Rosa gaan wydverspreide swaar reën na suidwestelike VS bring. +Soos voorspel, verswak Orkaan Rosa soos dit oor die koeler waters van die noordkus van Mexiko beweeg. +Rosa sal egter vloedreën dwarsoor noordelike Mexiko en die suidwestelike VS oor die komende dae bring. +Rosa het Sondag vanaf 5 vm. oostelike tyd winde gehad van 85 m.p.u., ’n Kategorie 1-orkaan, en is 385 myl suidwes van Punta Eugenia, Mexiko geplaas. +Daar word verwag dat Rosa Sondag noordwaarts sal beweeg. +Intussen begin ’n trog oor die Stille Oseaan vorm aanneem en ooswaarts na die weskus van die VS te beweeg. Soos wat Rosa Maandag die Baja Kalifornië-skiereiland as ’n tropiese storm nader, sal dit swaar tropiese vogtigheid noordwaards die suidwestelike VS in begin aandryf. +Rosa sal Maandag reën van tot 10 duim in dele van Mexiko bring. +Dan sal tropiese vogtigheid in reaksie op die naderende trog oor die komende dae wydverspreide swaar reënval in die suidweste bring. +Plaaslik sal 1 tot 4 duim reën gevaarlike kitsvloede, afvalvloei en moontlik grondstortings in die woestyn veroorsaak. +Swaar tropiese vogtigheid sal plek-plek reënvalsyfers van tot 2 tot 3 duim per uur veroorsaak, veral in dele van suidelike Nevada en Arizona. +Soveel as 2 tot 4 duim reën word in dele van die suidweste verwag, veral oor die grootste dele van Arizona. +Kitsvloede is moontlik met vinnig verslegtende toestande vanweë die verspreide aard van tropiese reën. +Dit sal uiters onverstandig wees om dit te voet die woestyn in te waag met die gevaar van tropiese reënval. +Swaar reën kan veroorsaak dat diepklowe woeste riviere raak en donderstorms sal hewige plaaslike winde en stofwolke bring. +Die naderende trog sal ’n bietjie plaaslike swaar reën na dele van die kuslyn van Suidelike Kalifornië bring. +Reënvaltotaalsyfers van meer as ’n halwe duim is moontlik, wat geringe afvalvloei en gladde rybane kan veroorsaak. +Dit sal dit streek se eerste reënval van die nat seisoen wees. +Enkele verspreide tropiese reënbuie sal Arizona laat Sondag en vroeg Maandag begin nader voor die reën laat Maandag en Dinsdag meer wydverspreid word. +Swaar reën sal Dinsdag na die Vier Hoeke versprei en tot Woensdag duur. +Oktober kan intense temperatuurskommelings dwarsoor die VS sien soos wat die Noordpool koeler word, maar die trope bly heel warm. +Dit lei soms tot dramatiese temperatuurveranderings oor kort afstande. +’n Goeie voorbeeld van dramatiese temperatuurverskille dwarsoor die sentrale VS is op Sondag. +Daar is ’n temperatuurverskil van bykans 20 grade tussen Kansas City, Missouri en Omaha, Nebraska, en tussen St. Louis en Des Moines, Iowa. +Oor die volgende paar dae sal talmende somerwarmte weer probeer styg en uitbrei. +Daar word verwag dat groot dele van die sentrale en oostelike VS Oktober warm sal begin, met wydverspreide 80’s van die Suidelike Laagvlakte tot in dele van die Noordooste. +Die stad New York kan Dinsdag 80 grade bereik, wat ongeveer 10 grade bo die gemiddelde is. +Ons langtermyn-klimaatvoorspelling dui ’n hoër kans op bogemiddelde temperature vir die oostelike VS vir die eerste helfte van Oktober aan. +Meer as 20 miljoen mense kyk Brett Kavanaugh-verhoor +Meer as 20 miljoen mense het Donderdag op ses televisienetwerke gekyk na die aangrypende getuienis van Hooggeregshofkandidaat Brett Kavanaugh en Christene Blasey Ford, die vrou wat hom aangekla het van ’n seksuele aanranding wat na bewering in die 1980’s plaasgevind het. +Intussen het die politieke dooiepunt voortgeduur, met uitsaaiers wat gereelde programme onderbreek vir Vrydag se op-die-nippertjie-wending: ’n ooreenkoms wat deur Arizona-senator Jeff Flake bewerkstellig is vir die FBI om ’n week lange ondersoek uit te voer. +Ford het aan die Senaat- Geregtelike Komitee gesê dat sy 100 persent seker is dat Kavanaugh haar in dronkenskap betas en probeer het om haar klere by ’n hoërskoolpartytjie uit te trek. +Kavanaugh, in ’n hartstogtelike getuienis, het gesê hy is 100 persent seker dat dit nie plaasgevind het nie. +Dis waarskynlik dat meer as 20,4 miljoen mense Vrydag daarna gekyk het, het Nielsen berig. +Die maatskappy het gemiddelde kykerstal op CBS, ABC, NBC, CNN, Fox News Channel en MSNBC getel. +Syfers was nie onmiddellik beskikbaar vir ander netwerke wat dit gewys het nie, waaronder PBS, C-SPAN en die Fox Business Network. +En Nielsen vind dit soms moeilik om mense te meet wat in kantore kyk. +Om dit in perspektief te stel, dis ’n gehoor so groot soos een vir ’n beslissende voetbalwedstryd of die Academy Awards. +Fox News Channel, wie se meningsgashere Kavanaugh se aanstelling sterk gesteun het, was al die netwerke voor met ’n gemiddelde van 5,69 miljoen kykers tydens die dag lange verhoor, het Nielsen gesê. +ABC was tweede met 3,26 miljoen kykers. +CBS het 3,1 miljoen gehad, NBC 2,94 miljoen, MSNBC 2,89 miljoen en CNN het 2,52 miljoen gehad, het Nielsen gesê. +Belangstelling was steeds hoog ná die verhoor. +Flake was die sentrale figuur in Vrydag se drama. +Ná die gematigde Republikeinse kantoor ’n verklaring uitgereik het dat hy ten gunste van Kavanaugh gaan stem, is hy Vrydagoggend op CNN- en CBS- vasgevang waar beswaarmakers op hom skree toe hy ’n hyser na ’n Geregtelike Komitee probeer neem het. +Hy het enkele minute met neergeslane oë gestaan terwyl CNN lewend beeldsend hoe hy sleggesê word. +“Ek staan reg hier voor jou,” het een vrou gesê. +“Dink julle hy vertel die land die waarheid? +Daar is aan hom gesê: “Jy het mag terwyl soveel vroue magteloos is.”” +Flake het gesê dat sy kantoor ’n verklaring uitgereik het en voor die hyserdeur toegegaan het, gesê dat hy meer by die komiteeverhoor te sê sou hê. +Die kabel- en uitsaainetwerke het almal later lewende ure gedek toe die Geregtelike Komitee sou stem om Kavanaugh se benoeming tot die volle Senaat vir ’n stem sou bevorder. +Maar Flake het gesê dat hy dit slegs sal doen met die verstandhouding dat die FBI na die aantygings teen die kandidaat vir die volgende week sal kyk, soos wat die Demokraat-minderheid versoek het. +Flake is gedeeltelik oortuig deur gesprekke met sy vriend, Demokraat-senator Chris Coons. +Ná ’n gesprek met Coons en verskeie senatore daarna, het Flake sy besluit geneem. +Flake se keuse was magtig want dit was voor die hand liggend dat Republikeine nie die stemme sou hê om Kavanaugh sonder die ondersoek goed te keur nie. +President Trump het ’n FBI-ondersoek na die aantygings teen Kavanaugh ingestel. +Britse EM May beskuldig kritici van ‘politieke spel’ oor Brexit +Eerste Minister Theresa May het kritici van haar planne om die Europese Unie te verlaat, beskuldig van “politiek spelery” met Brittanje se toekoms en die ondermyning van nasionale belang in ’n onderhoud met die Sunday Times-koerant. +Brittanje se Eerste Minister Theresa May daag op 29 September 2018 op vir die Konserwatieweparty-konferensie in Birmingham, Brittanje. +In ’n ander onderhoud langs die een met haar op die voorblad van die koerant, het haar voormalige minister van buitelandse sake Boris Johnson met sy aanval op haar sogenaamde Chequers-plan vir Brexit voortgegaan en gesê dat ’n voorstel dat Brittanje en die EU mekaar se tariewe moet invorder “heeltemal belaglik” was. +Wayde Sims-skietery: Polisie arresteer verdagte Dyteon Simpson in LSU-speler se dood +Die polisie het ’n verdagte in die noodlottige skietdood van Wayde Sims, ’n 20-jarige basketbalspeler by LSU, gearresteer. +Dyteon Simpson, 20, is gearresteer en in hegtenis geneem op ’n aanklag van tweedegraadse moord, het die Baton Rouge Polisiedepartement gesê. +Amptenare het ’n video van die konfrontasie tussen Sims en Simpson uitgereik, en die polisie het gesê dat Sims sy bril tydens die struweling verloor het. +Die polisie het die bril op die toneel teruggevind en gesê dat hulle Simpson se DNA daarop gevind het, berig CBS-geaffileerde WAFB. +Nadat hulle Simpson ondervra het, het die polisie gesê hy het erken dat hy Wayde doodgeskiet het. +Sy borgtog is op $350 000 vasgestel, het die advokaat berig. +Die geregtelike lykskouingskantoor van East Baton Rouge Parish het Vrydag ’n voorlopige verslag uitgereik wat sê dat die oorsaak van dood ’n geweerskootwond aan die kop by die nek in was. +Die departement loof die Louisiana Staatspolisie se voortvlugtige-taakmag, die staatspolisie se misdaadlaboratorium, Southern University-polisie en gebiedsburgers vir hul hulp met die ondersoek wat tot die arrestasie gelei het. +LSU-atletiekdirekteur Joe Alleva bedank gebiedswetstoepassing vir sy “ywer en nastrewing van geregtigheid”. +Sims was 20 jaar oud. +Die ses-voet-ses voorspeler het grootgeword in Baton Rouge, waar sy pa Wayne ook vir LSU basketbal gespeel het. +Sy gemiddelde verlede seisoen was 5,6 punte en 2,6 terugspronge per wedstryd. +Vrydagoggend het LSU-basketbalafrigter Will Wade gesê die span in”platgeslaan” en “in skok” oor Wayde se dood. +“Dít is waaroor jy jou deurentyd bekommer,” het Wayde gesê. +Vulkaan spoeg as op Mexikostad +As wat uit die Popocatepeti-vulkaan spoeg het die suidelike buurte van Mexiko se hoofstad bereik. +Die Nasionale Sentrum vir Rampvoorkoming het Mexikane Saterdag gewaarsku om van die vulkaan af weg te bly nadat aktiwiteit in die krater opgetel het en oor 24 uur 183 vrylatings van gas en as geregistreer het. +Die sentrum het veelvuldige dreunings en skuddings gemonitor. +Beelde op sosiale media het getoon hoe dun lae gas motorwindskerms in buurte van Mexikostad soos Xochimilco bedek. +Geofisici het ’n toename in aktiwiteit by die vulkaan gemerk, wat 45 myl (72 kilometer) suidoos van die hoofstad sit sedert ’n aardbewing met ’n omvang van 7,1 sentraal-Mexiko in September 2017 geruk het. +Die vulkaan, wat as “Don Goyo” bekend staan, is sedert 1994 aktief. +Polisie bots met Kataloniese separatiste voor herdenking van onafhanklikheidstem +Ses mense is Saterdag in Barcelona gearresteer nadat pro-onafhanklikheidsbetogers met onlustepolisie gebots het, en duisende by teenbetogings aangesluit het om die eerste herdenking van Katalonië se polariserende stem vir afstigting te gedenk. +’n Groep gemaskerde pro-separatiste wat deur onlustepolisie teruggehou is, het hulle met eiers bestook en poeierverf gegooi wat donker stofwolke veroorsaak het in strate wat gewoonlik van toeriste wemel. +’n Stoeiery het ook later in die dag uitgebreek en die polisie moes hul knuppels gebruik om die bakleiery in toom te hou. +Oor etlike ure het pro-onafhanklikheidsgroepe op een toon “Geen vergeet, geen vergifnis” gesing in konfrontasie met die unioniste se geskreeu van “Lank Lewe Spanje”. +Veertien mense het behandeling ontvang vir geringe beserings wat in die optogte opgedoen is, het die plaaslike pers berig. +Die spanning loop steeds hoog in die onafhanklikheidsgesinde streek ’n jaar ná die referendum van 1 Oktober deur Madrid as onwettig beskou is maar deur separatis-Katalane gevier word. +Kiesers het oorweldigend gestem om onafhanklik te word maar die deelname was laag, met diegene teen afstigting wat grotendeels die stem geboikot het. +Volgens Katalan-owerhede is amper 1 000 mense verlede jaar beseer nadat die polisie in gewelddadige botsings probeer het om te voorkom dat die stemmery by die stemlokale dwarsoor die streek voortgaan. +Pro-onafhankliheidsgroepe het Vrydag oornag kampeer om ’n betoging in ondersteuning van die nasionale polisie te verhoed. +Die betoging het voortgegaan maar is gedwing om ’n ander roete te neem. +Narcis Termes, 68, ’n elektrisiën wat die separatiste-betoging met sy vrou bygewoon het, het gesê hy is nie meer hoopvol vir die vooruitsig dat Katalonië onafhanklikheid sal verkry nie. +“Verlede jaar het ons een van die beste oomblikke deurgemaak. +Ek het gesien hoe my ouers van vreugde huil omdat hulle kon stem maar nou steek ons vas,” het hy gesê. +Ondanks ’n lewensbelangrike dog naelskraapse oorwinning in streeksverkiesings verlede Desember het Kataloniese pro-onafhanklikheidspartye hierdie jaar gesukkel om momentum te behou, met talle van hul bekendste leiers óf in selfopgelegde ballingskap óf in aanhouding in voorarres vir hul rol in die organiseer van die referendum en daaropvolgende verklaring van onafhanklikheid. +Joan Puig, ’n 42-jarige meganikus wat die betoging in ondersteuning van die polisie op sy foon opgeneem het, sê die konflik is deur politici aan beide kante aangevuur. +“Dit raak al hoe meer gespanne,” het hy gesê. +Saterdag het Oriol Junqueras, een van nege Kataloniese leiers in voorverhoor-aanhouding sedert laat verlede jaar, aangekondig dat hy volgende jaar in Europese Parlementsverkiesings gaan staan. +“Om as kandidaat vir die Europese verkiesings te staan is die beste manier om die agteruitgang in demokratiese waardes en die onderdrukking wat ons van die Spaanse regering gesien het, af te keur,” het hy gesê. +Londonderry: Mans gearresteer ná motor teen huis vasry +Drie mans, 33, 34 en 39 jaar oud, is gearresteer nadat ’n motor herhaaldelik teen ’n huis in Londonderry vasgery het. +Die insident het Donderdag om ongeveer 19:30 BST in Ballynagardsingel ontvou. +Speurinspekteur Bob Blemmings het gesê skade is aan die hekke en die gebou self aangerig. +’n Kruisboog is moontlik ook op ’n stadium na die motor geskiet. +Menga-doel gee Livingston 1-0 oorwinning oor Rangers +Dolly Menga se eerste doel vir Livingston verseker oorwinning +Bevorderde Livigston het Rangers verstom om Steven Gerrard tot net sy tweede nederlaag in 18 wedstryde as bestuurder van die Ibrox-klub oor te plaas. +Dolly Menga se doel was bewys van die verskil toe Gary Holt se span saam met Hibernian na tweede beweeg het. +Gerrard se span het dié seisoen in die Premierskap sonder ’n wegwen gebly en kom volgende week te staan voor die voorlopers Heart, wat hulle agt punte voor is. +Rangers is eers Donderdag gasheer vir Rapid Vienna in die Europaliga. +Intussen brei Livingston hul onoorwonne lopie in die divisie tot ses wedstryde uit, met hoofafrigter Holt wat nog steeds nie ’n nederlaag gesmaak het sedert hy Kenny Miller verlede maand vervang het nie. +Livingston verspeel kanse teen bot besoekers +Holt se span moes voorgeloop het lank voor hulle ’n doel aangeteken het, met hul rondborstigheid wat Rangers allerhande probleme op die hals gehaal het. +SR het deurgebreek, maar het voor die doelhok gedraal, toe kon AL net wyd speel nadat hy nader gekom het en CH se kophou oorkant die doelhok ontmoet het. +Die gashere was tevrede om Rangers voor hulle te laat speel, wetende dat hulle die besoekers met doodspelmomente kon kry. +En sodoende het die beslissende doel gekom. +Rangers het ’n vryskop afgestaan en Livingston het ’n geleentheid geskep, met Declan Gallagher en Robinson wat saam vir Menga die kans gegee het om te skop en van die middel van die raam ’n doel aan te teken. +Teen daardie stadium het Rangers besit oorheers maar kon nie deur die tuisverdediging dring nie en doelwagter Liam Kelly was grotendeels onbesorg. +Daardie patroon is in die tweede helfte voortgesit al het Alfredo Morelos ’n keerslag van Kelly afgedwing. +Scott Pittman is deur die voete van Rangers-doelwagter Allan McGregor ontsê en Lithgow het wyd getik om nog oop spel van Livingston te ontwyk. +Oorkruise het herhaaldelik Livingston se raam bereik en herhaaldelik gekeer, terwyl twee strafeise – ná Halkett se uitdaging van plaasvervanger Glenn Middleton en een vir handbal – weggewys is. +‘Fenomenaal’ van Livingston – ontleding +BBC Scotland se Alasdair Lamont by die Tony Macaroni Arena +Fenomenale spel en uitslae vir Livingston. +Tot op die laaste man was uitstekend; hulle oortref steeds verwagtinge op hierdie opwaartse baan. +Hul spelstyl en manskap is bykans onveranderd sedert hul terugkeer na eersterangs, maar heelwat eer kom Holt toe vir die manier waarop hy die span sedert sy aankoms versterk het. +Hy het soveel helde gehad. +Kaptein Hackett was reusagtig met sy manjifieke verdedigingsrangskikking terwyl Menga vir Connor Goldson en Joe Worrall deurgaans op hulle tone gehou het. +Rangers het egter inspirasie kortgekom. +So goed soos wat hulle by tye onder Gerrard kon hulle nie daardie standaarde handhaaf nie. +Hul finale bal het ontbreek en slegs een keer kon hulle deur die tuisspan dring, wat ietwat van ’n wekroep is vir Rangers, wat hulle in middeldivisie bevind. +Erdogan kry gemengde ontvangs in Keulen +Daar was Saterdag (29 September) glimlagte en blou lug toe leiers van Turkye en Duitsland in Berlyn vir ontbyt ontmoet het. +Dis die laaste dag van President Erdogan se kontroversiële besoek aan Duitsland, wat verhoudings tussen NAVO-bondgenote moes herstel. +Hulle het ’n uitval gehad oor kwessies wat menseregte, persvryheid en Turkye se toetrede tot die EU insluit. +Erdogan is toe Keulen toe om ’n reusegroot nuwe moskee te open. +Die stad huisves die grootste Turkse bevolking buite Turkye. +Die polisie het sekerheidsredes aangehaal om te verhoed dat die 25 000-sterk skare voor die moskee bymekaarkom maar talle ondersteuners het daarnaby opgedaag om hul president te sien. +Honderde anti-Erdogan-betogers – talle van hulle Koerdies – het ook hulle stemme dik gemaak en beide Erdogan se beleide en die Duitse regering se besluit om hom in die land te verwelkom veroordeel. +Die strydende betogings weerspieël die verdeeldheid van ’n besoeker wat deur sommige Duitse Turke as held begroet word en deur ander as outokraat uitgekryt word. +Deptford-padongeluk: Fietsryer sterf in botsing met motor +’n Fietsryer het in ’n botsing in Londen waarby ’n motor betrokke was, gesterf. +Die botsing het omstreeks 10:15 BST naby die aansluiting van Bestwood Street en Evelyn Street, ’n besige pad in Deptford in die suidooste van die stad, plaasgevind. +Die bestuurder van die motor het stilgehou en paramedici was aanwesig maar die man het op die toneel gesterf. +Die botsing kom maande nadat ’n ander fietsryer gesterf het in ’n tref-en-trap in Childers Street, ongeveer ’n myl van waar Saterdag se ongeluk plaasgevind het. +Die Metropolitaanse Polisie het gesê beamptes werk daaraan om die man te identifiseer en sy naasbestaandes te verwittig. +Padsluitings en busomleidings is in plek en motoriste is aangeraai om die gebied te vermy. +Long Lartin-gevangenis: Ses bewaarders in oproer beseer +Ses bewaarders is in ’n oproer by ’n hoësekuriteit-mansgevangenis beseer, het die gevangenekantoor gesê. +Oproer het Sondag omstreeks 09:30 BST uitgebreek en is steeds aan die gang by HMP Long Lartin in Worcestershire. +Spesialis-”Tornadobewaarders” is ingeroep om die oproer te hanteer, wat agt gevangenes insluit en tot een vleuel beperk is. +Die bewaarders is op die toneel vir geringe gesigsbeserings behandel. +’n Gevangenisdienswoordvoerder het gesê: “Spesiaal opgeleide gevangenispersoneel is ontplooi om aan ’n voortgesette insident by HMP Long Lartin aandag te skenk. +Ses personeellede is vir beserings behandel. +Ons duld nie geweld in ons tronke nie en stel dit duidelik dat diegene wat verantwoordelik is na die polisie verwys sal word en langer agter tralies kan bly.” +HMP Long Martin huisves meer as 500 gevangenes, waaronder sommige van die land se gevaarlikste oortreders. +Daar is in Junie rapporteer dat die hoofsipier van die gevangenis hospitaalbehandeling ontvang het nadat hy deur ’n gevangene aangeval is. +En in Oktober verlede jaar is onlustebeamptes ingeroep om aandag te skenk aan ernstige wanorde waartydens personeel met biljartballe aangeval is. +Orkaan Rosa Dreig Phoenix, Las Vegas, Salt Lake City Met Kitsvloede (Droogtegebiede Trek Dalk Voordeel) +Dis ongewoon dat ’n tropiese laagdruk Arizona tref maar dis presies wat vroeg volgende week kan gebeur as Orkaan Rosa se oorblywende energie oor die suidwestelike woestyn beweeg en kitsvloedrisiko’s meebring. +Die Nasionale Weerdiens het reeds kitsvloedwake uitgereik vir Maandag en Dinsdag vir westelike Arizona tot in suidelike en oostelike Nevada, suidoostelike Kalifornië en Utah, insluitend die stede Phoenix, Flagstaff, Las Vegas en Salt Lake City. +Daar word verwag dat Rosa Dinsdag 'n direkte roete oor Phoenix sal neem, en teen Maandag laat sal naderkom met reën. +Die Nasionale Weerdiens in Phoenix het in 'n twiet opgemerk dat slegs "tien tropiese siklone sedert 1950 tropiesestorm- of depressiestatus behou het binne 200 myl van Phoenix! +Katrina (1967) was 'n orkaan binne 40 myl van die AZ-grens." +Die Nasionale Orkaansentrum se modelle voorspel 2 tot 4 duim reënval, met geïsoleerde hoeveelhede van tot 6 duim in die Mogollon-rand van Arizona. +Ander dele van die Amerikaanse Suidweste, insluitend die sentrale Rockies en die Groot Kom, sal waarskynlik 1 tot 2 duim kry, met geïsoleerde totale van moontlik tot 4 duim. +Vir diegene buite kitsvloedrisiko sal Rosa se reën waarskynlik 'n seën wees aangesien die streek deur droogte geteister word. +Alhoewel vloede 'n baie ernstige kwessie is, sal van hierdie reënval waarskynlik voordelig wees aangesien die Suidweste tans droogtetoestand beleef. +Volgens die VS se Droogtemonitor beleef net oor die 40 persent van Arizona minstens ekstreme droogte, die tweede hoogste kategorie," het weather.com berig. +Eerstens lei Orkaan Rosa se pad tot by nadering van land regoor die Baja Kalifornië skiereiland van Meksiko. +Rosa, steeds teen orkaansterkte Sondagoggend, met maksimum winde van 85 myl per uur, is 385 myl suid van Punta Eugenia, Meksiko, en beweeg noord teen 12 myl per uur. +Die storm kom koeler water in die Stille Oseaan teë en daarom neem haar krag af. +Daar word dus verwag dat sy Maandag in die middag of aand teen tropiesestormsterkte in Meksiko die land gaan bereik. +Reënval oor dele van Meksiko kan swaar wees en 'n beduidende vloedrisiko inhou. +"Reënvaltotale van 3 tot 6 duim word verwag van Baja Kalifornië tot in noordwestelike Sonora, met tot 10 duim moontlik," het weather.com berig. +Rosa sal dan as 'n tropiese storm noord oor Meksiko beweeg voor dit Dinsdag in die vroeë oggendure die Arizona-grens as 'n tropiese depressie bereik en sal dan deur Arizona en tot in suidelike Utah beweeg teen laat Dinsdagaand. +"Die grootste gevaar wat van Rosa verwag word, is baie swaar reënval in Baja Kalifornië, noordwestelike Sonora en die VS Suidweste," het die Nasionale Orkaansentrum gesê. +Daar word verwag dat hierdie reën lewensbedreigende kitsvloede en puinstrome in die woestyne en grondverskuiwings in die bergagtige gebiede kan veroorsaak. +Midsomer Norton-aanval: Vier inhegtenisnemings vir poging tot moord +Drie tienerseuns 'n 20-jarige man is in hegtenis geneem onder verdenking van poging tot moord nadat 'n 16-jarige met steekwonde in Somerset gevind is. +Die beseerde tienerseun is Saterdag om ongeveer 04:00 BST in die Excelsior Terrace-gebied van Midsomer Norton gevind. +Hy is hospitaal toe geneem waar hy steeds in 'n "stabiele" toestand is. +'n 17-jarige, twee 18-jariges en 'n 20-jarige man is oornag in die Radstock-area in hegtenis geneem, het Avon en Somerset Polisie gesê. +Beamptes het 'n beroep gedoen op enigiemand wat dalk enige selfoonbeeldmateriaal het van wat gebeur het om na vore te kom. +Trump sê Kavanaugh dat 'gely het onder die gemeenheid, die woede' van die Demokratiese Party +"'n Stem vir regter Kavanaugh is 'n stem om die genadelose en skokkende taktiek van die Demokratiese Party te verwerp," het Trump by 'n byeenkoms in Wheeling, West Virginia gesê. +Trump het gesê dat Kavanaugh "gely het onder die gemeenheid, die woede" van die Demokratiese Party regdeur die nominasieproses. +Kavanaugh het Donderdag voor die Kongres getuig en vurig en emosioneel 'n bewering van Christine Blasey Ford ontken dat hy haar dekades gelede seksueel aangerand het toe hulle tieners was. +Ford het ook tydens die verhoor oor haar bewering getuig. +Die President het Saterdag gesê die Amerikaners het daardie dag "die briljant en gehalte en moed" van Kavanaugh gesien. +"'n Stem om regter Kavanaugh te bevestig, is 'n stem om een van die mees bekwame regsgeeste van ons tyd te bevestig, 'n juris met 'n suiwer rekord van openbare diens," het hy vir die skare West Virginia-ondersteuners gesê. +Die president het indirek na Kavanaugh se nominasie verwys terwyl hy gepraat het oor die belangrikheid van Republikeinse opkoms by die middeltermyn-verkiesings. +"Vyf weke weg van een van die belangrikste verkiesings van ons leeftyd. +Ek staan nie, maar eintlik staan ek," het hy gesê. +Dit is waarom ek oral vir hierdie kandidate baklei." +Trump het aangevoer dat die Demokrate op 'n missie is om "te weerstaan en te belemmer." +Die eerste belangrike prosedurele stem op die Senaatvloer oor Kavanaugh se nominasie word verwag om nie later as Vrydag plaas te vind nie, het 'n senior GOP-leierskapassistent vir CNN gesê. +Honderde dood weens Indonesiese skudding, tsoenami, met syfers wat steeds styg +Ten minste 384 mense is dood en baie het weggespoel toe reusagtige golwe op strande gebreek het toe 'n groot aardbewing en tsoenami die Indonesiese eiland Sulawesi getref het, het owerhede Saterdag gesê. +Honderde mense het Vrydag in die stad Palu op die strand byeenkom vir 'n fees op die strand toe branders van tot ses meter (18 voet) hoog teen sononder op die strand gebreek het, baie na hulle dood weggespoel het en alles vernietig het wat in die pad was. +Die tsoenami het gevolg na 'n 7,5-omvang aardbewing. +"Toe die tsoenami-dreigement gister ontstaan het, was mense steeds besig met hulle aktiwiteite op die strand en het nie onmiddellik gehardloop nie en hulle het slagoffers geword," het Sutopo Purwo Nugroho, die woordvoerder vir Indonesië se rampverligtingsagentskap BNPB tydens 'n inligtingsessie in Jakarta gesê. +"Die tsoenami het nie op sy eie gekom nie, dit het motors, stompe, huise saamgesleep, dit het alles op die grond getref," het Nugroho gesê en bygevoeg dat die tsoenami oor die oop see beweeg het teen snelhede van 800 km/h (497 m/h) voor dit die kus getref het. +Party mense het in bome geklim om die tsoenami vry te spring en het oorleef, het hy gesê. +Ongeveer 16 700 mense is ontruim na 24 sentrums in Palu. +Lugfoto's wat deur die rampagentskap vrygestel is, wys talle geboue en winkels wat vernietig is, brûe wat verwring is en ineengestort het en 'n moskee wat deur water omring is. +Naskokke het Saterdag nog die kusstad geskud. +'n Reeks aardbewings is gevoel in 'n area met 2,4 miljoen mense. +Indonesië se agentskap vir die evaluerings en toepassing van tegnologie (BPPT) het in 'n verklaring gesê dat die energie wat deur Vrydag se reuseskudding vrygestel is, ongeveer 200 keer die krag was van die atoombom wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog op Hirosjima laat val is. +Die geografie van die stad, wat aan die punt van 'n lang, smal baai sit, kon die grootte van die tsoenami vererger het, het hulle gesê. +Nugroho het die skade as "aansienlik" beskryf en gesê duisende huise, hospitale, winkelsentrums en hotelle het ineengestort. +Liggame van sommige slagoffers is gevind waar hulle vasgekeer was onder die puin van geboue wat ineengestort het, het hy gesê, en bygevoeg dat 540 mense beseer is en 29 vermis is. +Nugroho het gesê die ongevalle en skade kan groter wees langs die kuslyn 300 km (190 myl) noord van Palu, 'n area genaamd Donggala wat nader aan die aardbewingshaard is. +Kommunikasie "is heeltemal belemmer met geen inligting" van Donggala nie, het Nugroho gesê. +Daar is meer as 300 000 mense wat daar woon, het die Rooi Kruis in 'n verklaring gesê, en bygevoeg dat hulle personeel en vrywilligers op pad is na die geaffekteerde areas toe. +"Dit is reeds 'n ramp, maar dit kan baie erger raak," het hulle gesê. +Die agentskap is Saterdag wyd gekritiseer omdat hulle nie meegedeel het dat 'n tsoenami Palu getref het nie, alhoewel amptenare gesê het dat die golwe gekom het ten tyde die waarskuwing uitgereik is. +In amateurbeeldmateriaal wat op sosiale media gedeel is, kan gehoor word hoe 'n man op die boonste verdieping van 'n gebou wanhopige waarskuwings oor die aankomende tsoenami skree aan die mense onder in die straat. +Binne minute tref 'n muur van water die strand en sleur geboue en motors mee. +Reuters kon nie dadelik die beeldmateriaal eg verklaar nie. +Die skudding en tsoenami het groot kragonderbrekings veroorsaak wat kommunikasie rondom Palu afgesny het en dit vir owerhede moeilik gemaak het om reddingspogings te koördineer. +Die weermag het begin om vragvliegtuie met hulp van Jakarta en ander stede te stuur, het owerhede gesê, maar geëvakueerdes het steeds kosse en ander basiese noodsaaklikhede broodnodig. +Die stad se lughawe is slegs vir bystandspogings heropen en sal gesluit bly tot Oktober. +President Joko Widodo sou Sondag ontruimingsentrums in Palu gaan besoek. +Indonesië-tsoenami sterftesyfers styg bo 800. +Dit is baie erg. +Alhoewel World Vision se personeel van Donggala veilig in Palu-stad aangekom het waar werknemers in dekseilskuilings skuil wat in hulle kantoor se binnehof opgerig is, het hulle op pad by tonele van verwoesting verbygery, het mnr. Doseba gesê. +Hulle het vir my gesê dat hulle baie huise gesien het wat vernietig is," het hy gesê. +Dit is baie erg. +Selfs terwyl bystandsgroepe begin met die aaklige taak om die rampverligtingstaak aan die gang te sit, het party mense gekla dat buitelandse bystandswerkers met baie ervaring verhoed word om na Palu te reis. +Volgens Indonesiese riglyne, kan fondse, voorrade en personeel van oorsee eers aan die gang kom nadat die area van die ramp tot nasionale rampgebied verklaar is. +Dit het nog nie gebeur nie. +"Dit is steeds 'n ramp op provinsiale vlak," het Aulia Arriani, 'n woordvoerder van die Indonesiese Rooi Kruis gesê. +"Sodra die regering sê, "Goed, dit is 'n nasionale ramp," kan ons dit oopstel vir internasionale bystand, maar dit het nog nie 'n status nie." +Met die aanbreek van die tweede aand op Palu na Vrydag se aardbewing en tsoenami is vriende en familie van diegene wat steeds vermis is, hoopvol dat hulle geliefdes die wonderwerke sal wees wat verligting aan die droewige storielyn van natuurrampe sal bring. +Saterdag is 'n klein seuntjie uit 'n rioolpyp gehaal. +Sondag het reddingswerkers 'n vrou gered was vir twee dae onder puin vasgedruk was met haar ma se lyk langs haar. +Gendon Subandono, die afrigter van die Indonesiese nasionale valskermsweefspan het twee van die vermiste valskermswewers afgerig vir die Asiatiese Spele wat vroeër vandeesmaand in Indonesië ten einde geloop het. +Nog van diegene wat vasgekeer is by die Roa Roa Hotel, mnr. Mandagi inkluis, was sy studente. +"As 'n senior in die valskermsweefveld het ek my eie emosionele las," het hy gesê. +Mnr. Gendon vertel hoe, in die ure nadat die nuus van die ineenstorting van die Roa Roa Hotel op sosiale media onder die valskermsweef-gemeenskap gesirkuleer het, hy wanhopig WhatsApp-boodskappe aan die Palu-deelnemers gestuur het wat aan die strandfees deelgeneem het. +Sy boodskappe is egter net beantwoord met een grys regmerkie, in plaas van twee blou regmerkies. +"Ek dink dit beteken die boodskappe is nie afgelewer nie," het hy gesê. +Diewe steel $26 750 tydens hervul van OTM by Newport on the Levee +Diewe het Vrydagoggend $26 750 by 'n Brink's-werker gesteel wat 'n OTM by Newport on the Levee hervul het, volgens 'n nuusverklaring van die Newport Polisiestasie. +Die motor se bestuurder was besig om 'n OTM in 'n vermaaklikheidskompleks leeg te maak en gereed te maak om nog geld af te lewer, het speurder Dennis McCarthy in die persverklaring geskryf. +Terwyl hy besig was, het nog 'n man "van agter die Brink's-werknemer af aangehardloop gekom" en die sak geld gesteel wat afgelewer moes word. +Volgens die vrystelling het getuies verskeie verdagtes gesien wat van die toneel af vlug, maar die polisie het nie die aantal gespesifiseer wat by die insident betrokke was nie. +Enigiemand met inligting oor hulle identiteite moet Newport-polisie kontak by 859-292-3680. +Kanye West: Rapper verander sy naam na Ye +Rapper Kanye West gaan sy naam verander – na Ye +Met die aankondiging van die verandering op Twitter Saterdag, het hy geskryf: "Die wese voorheen bekend as Kanye West." +West, 41, het al vir 'n geruime tyd die bynaam Ye en het die bynaam gebruik as die titel vir sy agtste album, wat in Junie vrygestel is. +Die verandering kom voor sy verskyning op Saturday Night Live waar daar verwag word dat hy sy nuwe almal Yandhi sal bekendstel. +Hy vervang Ariana Grande op die program wat om "emosionele redes" gekanselleer het, het die program se vervaardiger gesê. +Buiten die feit dat dit 'n afkorting van sy huidige professionele naam is, het West al in die verlede gesê dat die woord vir hom godsdienstige betekenis het. +"Ek glo 'ye' is die algemeenste woord in die Bybel, en in die Bybel beteken dit 'jy'," het West vroeër vanjaar gesê toe hy sy albumtitel met radio-aanbieder Big Boy bespreek het. +"So ek is jy, ek is ons, dit is ons. +Dit het gegaan van Kanye, wat die enigste een beteken, na net Ye – net die weerspieëling van ons goeie, ons slegte, ons verwarring, alles. +Die album is meer 'n weerspieëling van wie ons is." +Hy is een van 'n aantal bekende rappers wat hulle name verander het. +Sean Combs was al onder andere bekend as Puff Daddy, P. Diddy of Diddy, maar het vanjaar sy voorkeur vir die name Love en Brother Love aangekondig. +'n Voormalige West-medewerker, JAY-Z, het ook al klaargekom met of sonder 'n koppelteken en hoofletters. +Meksiko se AMLO beloof om nie weermag teen burgerlikes te gebruik nie +Meksikaanse pasgekose president Andres Manuel Lopez Obrador het in aanloop tot die land se 50ste herdenking van 'n bloedige vergelding teen studente beloof om nooit militêre mag teen burgerlikes te gebruik nie. +Lopez Obrador het Saterdag by Tlatelolco Plaza beloof om "nooit ooit die weermag te gebruik om die Meksikaanse volk te beteuel nie." +Soldate het op 2 Oktober 1968 op 'n vreedsame demonstrasie in die plaza geskiet waar tot 300 mense dood is in 'n tyd toe linksgesinde studentebewegings regdeur Latyns-Amerika posgevat het. +Lopez Obrador het belowe om jong Meksikane te ondersteun deur maandeliks subsidies te gee aan diegene wat studeer en meer gratis openbare universiteite te open. +Hy het gesê dat werkloosheid en 'n gebrek aan opleidingsgeleenthede die jeug na bendes toe trek. +VSA moet KI-befondsing verdubbel +Met China wat meer aktief raak in kunsmatige intelligensie, moet die VSA die bedrag verdubbel wat dit op navorsing in dié veld bestee, het belegger en KI-praktisyn Kai-Fu Lee, wat by Google, Microsoft en Apple gewerk het, gesê. +Die opmerkings kom nadat verskeie dele van die VS-regering KI-aankondigings gemaak het, selfs al kort die VS 'n algehele formele AI-strategie. +Intussen het China verlede jaar hulle plan bekend gemaak: hulle mik om teen 2030 die Nr. 1 in KI-innovasie te wees. +"Dubbel die KI-navorsingsbegroting sal 'n goeie begin wees, gegee dat al die ander lande so ver agter die VSA is en ons op soek is na die volgende deurbraak in KI," het Lee gesê. +Die verdubbeling van befondsing kan die kanse verdubbel dat die volgende groot KI-prestasie in die VSA bereik sal word, het Lee vandeesweek in 'n onderhoud aan CNBC gesê. +Lee, wie se boek "AI Superpowers: China, Silicon Valley and the New World Order" vandeesmaand deur Houghton Mifflin Harcourt gepubliseer is, is die HUB van Sinovation Ventures, wat in een van die mees prominente KI-maatskappye in China, Face++, belê het. +In die 1980's by Carnegie Mellon Universiteit het hy aan 'n KI-stelsel gewerk wat die hoogste gekeurde Amerikaanse Othello-speler geklop het en later was hy 'n bestuursbeampte by Microsoft Research en president van Google se China-tak. +Lee het erkenning gegee aan vorige tegnologiekompetisies van die VS-regering, soos die Defense Advanced Research Projects Agency se robotika-uitdaging en gevra wanneer die volgende een gaan wees, om te help om die volgende visioenêre te identifiseer. +Navorsers in die VSA moet dikwels hard werk om regeringstoelae te wen, het Lee gesê. +"Dit is nie China wat die akademiese leiers wegvat nie; dit is die korporatiewes," het Lee gesê. +Facebook, Google en ander tegnologiemaatskappye het in die afgelope jare invloedryke persone van ander universiteite aangestel om aan KI te werk. +Lee sê immigrasiebeleidsveranderinge kan ook help om die VSA se KI-pogings aan te help. +"Ek dink groen kaarte moet outomatiese aangebied word aan PhD's in KI," het hy gesê. +China se Staatsraad het in Julie 2017 hulle Volgende Generasie Ontwikkelingsplan vir Kunsmatige Intelligensie uitgereik. +China se National Natural Science Foundation verskaf befondsing aan mense by akademiese instellings soortgelyk aan die manier waarop die National Science Foundation en ander regeringsorganisasies geld aan VS-navorsers uitdeel, maar die gehalte van akademiese werk in China is laer, het Lee gesê. +Vroeër vanjaar het die VS Departement van Verdediging 'n gesamentlike sentrum vir kunsmatige intelligensie gevestig wat ten doel het om vennote vanuit die bedryf en die akademiese wêreld te betrek en die Withuis het die vorming van 'n Keurkomitee oor kunsmatige intelligensie aangekondig. +En hierdie maand het DARPA 'n $2 miljard-belegging in 'n inisiatief genaamd AI Next aangekondig. +Wat betref die NSF, dit belê tans meer as $100 miljoen per jaar in KI-navorsing. +Intussen het VS-wetgewing wat ten doel gehad het om 'n Nasionale Sekuriteitskommissie oor Kunsmatige Intelligensie te skep, maande laas onder die vuur gekom. +Macedoniërs stem in verkiesing of land se naam moet verander +Die mense van Macedonië het Sondag in 'n referendum gestem oor of hul naam verander moet word na "Republiek van Noord-Macedonië", optrede wat 'n dekades-oue dispuut met Griekeland sou oplos wat sy lidmaatskapbotte vir die Europese Unie en NAVO geblokkeer het. +Griekeland, wat 'n provinsie met die naam Macedonië het, hou vol dat hul noordelike buurland se naam 'n eis op die gebied verteenwoordig en het hulle toelating tot NAVO en die EU geweier. +Die twee regerings het in Junie 'n ooreenkoms aangegaan, gebaseer op die voorgestelde nuwe naam, maar nasionalistiese opponente het geredeneer dat die verandering die etniese identiteit van Macedonië se Slawiese meerderheidsbevolking sal ondermyn. +President Gjorge Ivanov het gesê hy sal nie in die referendum stem nie en 'n boikotveldtog het twyfel gesaai oor of die opkoms sal voldoen aan die minimum 50 persent wat nodig is vir die referendum om geldig te wees. +Die vraag op die referendum-stembrief het gelees: "Is u ten gunste van NAVO- en EU-lidmaatskap met aanvaarding van die ooreenkoms met Griekeland." +Ondersteuners van die naamsverandering, insluitend Eerste Minister Zoran Zaev het aangevoer dat dit 'n prys is wat betaal kan word om toelating vir Macedonië, een van die lande wat tot stand gekom het uit die ineenstorting van Joego-Slawië, tot liggame soos die EU en NAVO na te jaag. +"Ek het vandag gekom om te stem vir die toekoms van die land, vir jong mense in Macedonië, sodat hulle vry kan leef onder die sambreel van die Europese Unie, want dit beteken veiliger lewens vir ons almal, het Olivera Georgijevska, 79, in Skopje gesê. +Alhoewel dit nie wetlik bindend is nie, het genoeg parlementslede gesê dat hulle die uitslag sal aanvaar van die stemming om dit te beslis. +Die naamverandering sal 'n tweederdemeerderheid in die parlement vereis. +Die staat se verkiesingskommissie het gesê daar was teen 1 nm. geen berigte van ongerymdhede nie. +Maar die opkoms was toe net 16 persent, in vergelyking met 34 persent in die laaste parlementêre verkiesing in 2016 toe 66 persent van die geregistreerde kiesers gestem het. +"Ek het gekom om as gevolg van my kinders te stem, ons plek is in Europa," het Gjose Tanevski, 62, 'n kieser in die hoofstad Skopje gesê. +Macedonië se EM, Zoran Zaev, sy vrou Zorica en sy seun Dushko bring hulle stemme uit vir die referendum in Macedonië oor die verandering van die land se naam wat die weg vir die land sal baan om by NAVO en die Europese Unie aan te sluit, in Strumica, Macedonië, 30 September 2018. +Voor die parlement in Skopje het Vladimir Kavardarkov, 54, 'n klein verhogie voorberei en stoele nadergetrek voor tente wat opgestel is deur diegene wat die referendum gaan boikot. +"Ons is ten gunste van NAVO en die EU, maar ons wil aansluit met ons koppe omhoog, nie deur die agterdeur nie" het Kavadarkov gesê. +"Ons is 'n arm land, maar ons het ons waardigheid. +As hulle ons nie as Macedonië wil vat nie, kan ons ons tot ander soos China en Rusland wend om deel te word van die Euro-Asië-integrasie." +Eerste Minister Zaev het gesê NAVO-lidmaatskap sal baie nodige belegging na Macedonië bring, wat 'n werkloosheidskoers van meer as 20 persent het. +"Ek glo die groot meerderheid sal ten gunste daarvan wees, want meer as 80 persent van ons burgers is ten gunste van die EU en NAVO," het Zaev gesê nadat hy sy stem uitgebring het. +Hy het gesê 'n "ja"-uitslag sal "bevestiging van ons toekoms" wees. +'n Opname wat verlede Maandag deur Macedonië se Instituut vir Beleidsnavorsing gepubliseer het, het gesê dat tussen 30 en 43 persent van kiesers in die referendum sal deelneem – minder as die vereiste hoeveelheid. +Nog 'n opname, uitgevoer deur Macedonië se Telma TV, het gevind dat 57 persent van respondente beplan om Sondag te stem. +Van hulle het 70 persent gesê dat hulle ja sou stem. +Vir die referendum om suksesvol te wees, moet opkoms 50 persent plus een stem wees. +'n Terugslag in die referendum sal die eerste ernstige terugslag wees vir die beleid van 'n pro-Westerse regering sedert die regering in Mei verlede jaar oorgeneem het. +Watch: Manchester City se Sergio Aguero navigeer deur hele Brighton-verdediging vir doel +Sergio Aguero en Raheem Sterling het die Brighton-verdediging uit die weg geruim in Manchester City se 2-0 wen op Saterdag by Etihad Stadium in Manchester, Engeland. +Aguero het dit belaglik maklik laat lyk tydens sy doel in die 65ste minuut. +Die Argentynse doelskopper het aan die begin van die reeks 'n aangee by die middelveld ontvang. +Hy het tussen drie Brighton-verdedigers deur gejaag voor hy die oop veld getref het. +Aguero is toe deur vier groen hemde omring. +Hy het by een verdediger verbygedruk voor hy nog verskeie ander op die rand van die Brighton-doelhok verbygesteek het. +Hy het toe 'n aangee na links gestoot, waar hy vir Sterling gevind het. +Die Engelse voorspeler het sy eerste aanraking in die hok gebruik om die bal vir Aguero terug te stuur, wat sy regtervoet gebruik het om die Brighton-doelwagter Mathew Ryan te klop met 'n skop tot in die regterkant van die net. +"Aguero sukkel met probleme met sy voete," het City-bestuurder Pep Guardiola vir joernaliste gesê. +"Ons het daaroor gepraat dat hy 55, 60 minute speel. +Dit is wat gebeur het. +Ons is gelukkig dat hy op daardie oomblik 'n doel aangeteken het." +Maar dit was Sterling wat aan die Sky Blues die aanvanklike voordeel in die Premierliga-worsteling gegee het. +Die doel het in die 29ste minuut gekom. +Aguero het op daardie spel die bal diep in die Brighton-gebied ontvang. +Hy het 'n pragtige bal langs die linkerflank na Leroy Sane gestuur. +Sane het 'n paar aanrakings gehad voor hy Sterling na die verste doelhoek gelei het. +Die Sky Blues se voorspeler het die bal in die net geskop net voor hy oor die agterlyn was. +City takel Hoffenheim in Kampioeneliga Dinsdag om 12:55 nm. by Rhein-Neckar-Arena in Sinsheim, Duitsland. +Scherzer wil bederwer speel teen Rockies +Met die Nationals wat uit die uitspeelstryd is, is daar nie veel rede om nog 'n begin af te dwing nie. +Maar die immer-kompeterende Scherzer wil op Sondag die Colorado Rockies aanvat, maar net indien daar steeds uitspeelimplikasies vir die Rockies is, wat 'n een wedstryd-voorsprong bo die Los Angeles Dodgers in die NL Weste het. +Die Rockies het ten minste 'n promotorskeuseplek behaal met 'n 5-2 wen oor die Nationals Vrydagaand, maar wil steeds hulle eerste divisietitel vasmaak. +"Alhoewel ons vir niks speel nie, kan ons ten minste die wedstryd speel wetend dat die atmosfeer hier in Denver met die skare en die ander span waarskynlik op die hoogste vlak sal speel van enige punt van ek hierdie jaar in die gesig sal staar. +Waarom sal ek nié daaraan wil deelneem nie?" +Die Nationals moet nog hulle aanvangspeler vir Sondag aankondig, maar is volgens berig gunstig om Scherzer in so 'n situasie te laat gooi. +Scherzer, wat sy 34ste begin sal hê, het Donderdag 'n gooi-oefensessie gehad en sal op sy normale rus-Sondag speel. +Die Washington regshandige is 18-7 met 'n 2.53 ERA en 300 uithale in 220 2/3 beurte hierdie seisoen. +Trump hou byeenkomste in West Virginia +Die president het indirek verwys na die situasie rondom sy Hooggeregshofkeuse Brett Kavanaugh terwyl hy gepraat het oor die belangrikheid van Republikeinse opkoms by die middeltermynverkiesings. +"Alles wat ons gedoen het, is op die spel in November. +Vyf weke weg van een van die belangrikste verkiesings in ons leeftye. +Dit is een van die groot, groot – ek staan nie, maar ek staan eintlik en dit is waarom ek oral vir hierdie kandidate baklei," het hy gesê. +Trump het voortgegaan, "'n Mens sien hierdie aaklige, aaklige radikale groep Demokrate, 'n mens sien dit nou gebeur. +En hulle is nou vasberade om die mag terug te neem deur enige moontlike manier te gebruik, 'n mens sien die gemeenheid, die geniepsigheid. +Hulle gee nie om wie hulle seermaak nie, oor wie hulle moet loop om mag en beheer te kry, dit is wat hulle wil hê, mag en krag, ons gaan dit nie vir hulle gee nie." +Demokrate, het hy gesê, is op 'n missie om te "weerstaan en te belemmer." +"En 'n mens sien dit oor die afgelope vier dae," het hy gesê, en het die Demokrate "kwaad en gemeen en geniepsig en vals" te noem. +Hy het op die naam verwys na Senaat se regterlike komitee se hooggeplaaste Dianne Feinstein, wat harde geboe uit die gehoor ontvang het. +"Onthou julle haar antwoord? +Het u die dokument laat uitlek? +Uh, uh, wat. +Nee, uh nee, ek wag een – dit was regtig swak liggaamstaal – die swakste liggaamstaal wat ek al ooit gesien het." +Arbeidersparty is nie meer 'n breë kerk nie. +Dit is onverdraagsaam teenoor diegene wat sê wat hulle dink +Toe Momentum se aktiviste in my plaaslike party gestem het om my onder sensuur te plaas, was dit nie juis 'n verrassing nie. +Ek is immers die laaste persoon in 'n string Arbeidersparty LP's vir wie gesê is dat ons nie welkom is nie – alles omdat ons gesê het wat ons dink. +My parlementêre kollega Joan Ryan het soortgelyke behandelings ontvang omdat sy op onverskrokke wyse opgestaan het teen anti-semitisme. +In my geval het die mosie van sensuur my gekritiseer omdat ek van Jeremy Corbyn verskil het. +Oor die belangrikheid van 'n verantwoordelike ekonomiese beleid, oor nasionale veiligheid, oor Europa, ironies genoeg soortgelyke kwessies waaroor Jeremy met vorige leiers verskil het. +Die kennisgewing vir die Nottingham East Arbeidersparty-vergadering Vrydag het gesê dat "ons wil hê die vergaderings moet inklusief en produktief wees." +Vir die grootste deel van my agt jaar as die plaaslike Arbeidersparty LP, was dit presies wat Vrydagaande se AR-vergaderings was. +Ongelukkig is dit nie vandag die toon van baie vergaderings nie en die belofte van "vriendeliker, meer goedgunstige" politiek is lankal vergete, indien dit ooit begin het. +Dit het toenemend duidelik geword dat verskillende sienings nie binne die Arbeidersparty geduld word nie en elke opinie word geoordeel op grond van of dit vir die party se leierskap aanvaarbaar is. +Dit het begin kort nadat Jeremy leier geword het, toe kollegas met wie ek gedink het ek voorheen soortgelyke politieke uitkyke gedeel het, van my begin verwag het om 'n U-draai te maak en posisies in te neem wat ek nooit andersins mee sou saamgestem het nie – hetsy oor nasionale veiligheid of die EU-enkelmark. +Wanneer ook al ek in die openbaar praat – en dit maak nie regtig saak wat ek sê nie – volg daar 'n tirade van skeltaal op sosiale media wat vra dat ek nie herverkies word nie, afkeuring van politiek vanuit die kern en om vir my te sê dat ek nie in die Arbeidersparty moet wees nie. +En dit nie net my ervaring nie. +Ek is in werklikheid gelukkiger as van my kollegas omdat die opmerkings wat op my gerig is geneig is polities te wees. +Ek het baie respek vir die professionalisme en vasberadenheid vir dié kollegas wat elke dag 'n stortvloed seksistiese of rassistiese beledigings in die gesig staar, maar nooit wegskram nie. +Een van die mees teleurstellende aspekte van hierdie era van politiek is hoe die vlakke van belediging genormaliseer het. +Jeremy Corbyn het verlede week beweer dat die Arbeidersparty 'n kultuur van verdraagsaamheid moet kweek. +Die realiteit is dat ons nie meer daardie breë kerk is nie en met elke "mosie van wantroue" of verandering van seleksiereëls word die party enger. +Ek het die afgelope twee jaar baie raad gehad wat my aanmoedig om onder die radar te bly, nie so uitgesproke te wees nie en dat ek dan "oukei" sal wees. +Maar ek het nie die politiek betree om dit te doen nie. +Sedert ek 32 jaar gelede as skolier by die Arbeidersparty aangesluit het, aangespoor deur die Thatcher-regering se verwaarlosing wat letterlik my staatshoërskoolskool vervalle gelaat het, het ek probeer veg vir beter openbare dienste vir diegene wat dit die nodigste het – hetsy as 'n plaaslike raadslid of regeringsminister. +Ek het nooit my politiek weggesteek nie, insluitend by die laaste verkiesing. +Niemand in Nottingham East kon enigsins verward gewees het oor my beleidsposisies en areas waar ek van die huidige leierskap verskil nie. +Aan diegene wat Vrydag die mosie voorgestaan het, kan ek net sê dat met die land wat afstuur op 'n Brexit wat alle huishoudings, ondernemings en ons openbare dienste gaan skaad, verstaan ek nie die begeerte om tyd en energie te mors op my lojaliteit teenoor die leier die Arbeidersparty nie. +Maar die een boodskap wat ek eintlik het, is nie aan Nottingham Momentum nie, dit is aan my kiesers, of hul nou lede van die Arbeidersparty is al dan nie: Ek is trots daarop om julle te dien en ek belowe dat geen hoeveelheid dreigemente van om nie herkies te word of politieke voordeel my daarvan sal weerhou om te doen wat ek glo in julle almal se beste belang is nie. +Chris Leslie is LP vir Nottingham East +Ayr 38 - 17 Melrose: Onoorwonne Ayr bo +Twee laat drieë het dalk die finale uitslag effens skeefgetrek, maar daar is geen twyfel dat Ayr verdien het om te seëvier in hierdie wonderlik-vermaaklike Tennent's Premierskap-wedstryd van die dag nie. +Hulle is nou boaan die punteleer, die enigste onoorwonne span van die tien. +Op die ou end was dit hulle uitstekende verdediging, sowel as hulle beter kansvatte, wat die tuisspan gedra het en afrigter Peter Murchie het alle reg om tevrede te wees. +"Ons is tot dusver in ons wedstryde getoets en ons is steeds onoorwonne, so ek moet gelukkig wees," het hy gesê. +Robyn Christie van Melrose het gesê: "Eer aan Ayr, hulle het hulle kanse beter gevat as wat ons het." +Grant Anderson se drie in die 14de minuut, wat deur Frazier Climo verdoel is, het gemaak dat Ayr voor is, maar 'n geel kaart vir Skotland-speler Rory Hughes, wat vir die wedstryd deur die Warriors beskikbaar gemaak is, het Melrose toegelaat om die getalle te laat tel en Jason Baggot het 'n onverdoelde drie aangeteken. +Climo het Ayr se voorsprong met 'n strafskop vergroot, net voor hy, net voor rustyd 'n solodrie verdoel het om dit rustyd 17-5 vir Ayr te maak. +Maar Melrose het die tweede helfte goed begin en Patrick Anderson se drie, verdoel deur Baggot, het die agterstand tot vyf punte verminder. +Daar was 'n lang oponthoud vir 'n ernstige besering by Ruaridh Knott wat op 'n draagbaar afgedra is, en vanaf die herbegin het Ayr die voorsprong vergroot met 'n Stafford McDowall-drie, verdoel deur Climo. +Ayr se waarnemende kaptein Blair Macpherson het toe 'n geel kaart gekry en weereens het Melrose die ekstra speler benut met 'n onverdoelde drie deur Bruce Colvine, aan die einde van baie druk spel. +Die tuisspan het 'n terugkeer gemaak en toe Struan Hutchinson 'n geel kaart gekry het omdat hy vir Climo doodgevat het sonder die bal, en vanuit die straflynstaan het MacPherson die bal doodgedruk agter die aankomende Ayr-losgemaal. +Climo het dit verdoel, nes hy ook amper van die herbegin af gedoen het, nadat Kyle Rowe David Armstrong se doelskop gekry het en flank Gregor Henry weggestuur het vir die tuisspan se vyfde drie. +Still Game-ster lyk of hy nuwe loopbaan in restaurantbedryf gaan aanpak +Dit lyk asof Still Game-ster na die gasvryheidsbedryf gaan skuif nadat daar ontdek is dat hy aangewys is as die direkteur van 'n maatskappy van gelisensieerde restaurante. +Die 56-jarige speel Jack Jarvis in die gewilde BBC-program, wat hy skryf en in speel saam met ou komedievennoot Greg Hemphill. +Die duo het aangekondig dat die komende negende seisoen die program se laaste sal wees, en dit lyk asof Kiernan gereed maak vir die lewe na Craiglang. +Volgens amptelike rekords is hy die direkteur van Adriftmorn Limited. +Die akteur wou nie kommentaar lewer nie, alhoewel 'n bron by die Scottish Sun gesuggereer het wat Kiernan by Glasgow se "florerende restaurantbedryf" wil betrokke raak. +'Die see is ons s'n': landomringde Bolivia hoop hof sal weg na Stille Oseaan heropen +Matrose patrolleer 'n maswerkbedekte vlootkwartiere in La Paz. +Openbare geboue vlieg 'n seeblou vlag. +Vlootbasisse vanaf Titicaca Meer tot by die Amasone is met beplak met die slagspreuk: "Die see is na regte ons s'n. +Dit is 'n plig om dit te terug te kry." +Regdeur die landomringde Bolivia is die herinnering aan die kuslyn wat hulle in 'n bloedige hulpbronkonflik in die 19de eeu aan Chile verloor het, nog vars – nes die behoefte om weer die Stille Oseaan te bevaar. +Daardie hoop is waarskynlik die hoogste wat dit in dekades was, terwyl Bolivia wag op 'n uitspraak deur die internasionale geregshof op 1 Oktober, na 5 jaar se samesprekings. +"Bolivia het die momentum, die gees van eenheid en vreedsaamheid, en verwag vanselfsprekend die uitslag met 'n positiewe gesindheid." het Roberto Calzadilla, 'n Boliviaanse diplomaat gesê. +Baie Boliviane sal die IGH-uitspraak op groot skerms regoor die land kyk, in die hoop dat die tribunaal in Den Haag ten gunste van Bolivia se aanspraak sal bevind dat – na dekades van sporadiese onderhandelinge – Chile verplig is om te onderhandel om aan Bolivia 'n soewereine deurgang na die see te gee. +Evo Morales, Bolivia se charismatiese inheemse president – wat volgende jaar 'n kontroversiële stryd om herverkiesing in die gesig staar – het ook baie wat van Maandag se uitspraak afhang. +"Ons is naby daaraan om na die Stille Oseaan terug te keer," het hy in laat Augustus belowe. +Maar sommige analiste glo dat dit onwaarskynlik is dat die hof in Bolivia se guns sal besluit – en dat min sal verander indien dit wel sou. +Die Nederland-gebaseerde VN liggaam het geen mag om Chileense grondgebied toe te ken nie, en het gestipuleer dat dit nie die uitslag van moontlike onderhandelings sal bepaal nie. +Die feit dat die IRH se uitspraak net ses maande na die laaste betoë kom, wys dat die saak "nie ingewikkeld was nie", sê Paz Zárate, 'n Chileense kenner in internasionale reg. +En eerder as om Bolivia se saak aan te help, het die afgelope vier jaar dit dalk vertraag. +"Die kwessie van toegang tot die see is deur die huidige Boliviaanse administrasie gekaap," het Zárate gesê. +Morales se aggressiewe retoriek het enige oorblywende Chileense goedgesindheid getap, het sy te kenne gegee. +Bolivia en Chile sal op 'n stadium weer samesprekings voortsit, maar dit sal geweldig moeilik wees om nadese samesprekings te voer. +Die twee lande het in 1962 laas ambassadeurs uitgeruil. +Voormalige president Eduardo Rodríguez Veltzé, Bolivia se verteenwoordiger in Den Haag, het die idee verwerp dat die hof se besluitneming buitengewoon vinnig was. +Maandag sal vir Bolivia "'n buitengewone geleentheid bring om 'n nuwe era van verhoudinge met Chile te begin" en 'n kans om "'n einde te maak aan 139 jaar van verskille met wederkerige voordele," het hy gesê. +Calzadilla het ook ontken dat Morales – steeds een van Latyns-Amerika se gewildste presidente – die seevaartkwessie as 'n politieke kruk gebruik. +Bolivia sal nooit sy reg op toegang tot die Stille Oseaan opgee nie," het hy bygevoeg. +"Die uitspraak is 'n geleentheid om te sien wat ons nodig het om die verlede te oorkom." +Noord-Korea sê kernontwapening sal nie kom tensy hul VSA kan vertrou nie +Noord-Korea se Minister van Buitelandse Sake, Ri Yong Ho, het gesê sy land sal nooit eerste hulle kernwapens ontwapen as hulle Washington nie kan vertrou nie. +Ri was Saterdag by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aan die woord. +Hy het 'n beroep op die Verenigde State gedoen om die beloftes na te kom wat tydens 'n beraad in Singapoer tussen die mededingende lande se leiers gemaak is. +Sy opmerkings volg na VS staatsekretaris Mike Pompeo klaarblyklik op die rand is om kerndiplomasie, wat 'n dooie punt bereik het, te herbegin, meer as drie maande na die Singapoer met Noord-Korea se Kim Jong Un. +Ri sê dit is 'n "droombeeld" dat voortgesette sanksies en VS-kapsie tot 'n verklaring wat die Koreaanse Oorlog beëindig het ook die Noorde op sy knieë sal bring. +Washington is versigtig om tot die verklaring in te stem sonder dat Pyongyang eers betekenisvolle stappe tot ontwapening neem. +Sowel Kim as VS president Donald Trump wil 'n tweede beraad hê. +Maar daar is wydverspreide skeptisisme oor of Pyongyang ernstig daaroor is om van 'n arsenaal afstand te doen wat die land as die enigste manier beskou om hulle veiligheid te waarborg. +Pompeo beplan om volgende maand Pyongyang te besoek om vir 'n tweede Kim-Trump-beraad voor te berei. +Paryse modevertonings onthul nuutste reeks groot hoofbedekkings op pad na die winkels naby jou +As jy jou hoedversameling wil vergroot of heeltemal die son wil afkeer, hoef jy nie verder te soek nie. +Ontwerpers Valentino en Thom Browne het 'n reeks lawwe oorgroot hoofbedekkings by hulle SS19-versameling op die loopplank bekendgestel wat die styl by Parys Modeweek betower het. +Uiters onpraktiese hoede het hierdie somer Instagram deurtrek en hierdie ontwerpers het hulle verbysterende skeppings op die loopplank geparadeer. +Die uitblinker deur Valentino was 'n oorgroot beige hoed met 'n veeragtige wye rand wat die modelle se koppe ingesluk het. +Ander oorgroot bykomstighede het waatlemoene ingesluit wat met juwele versier is, 'n towenaarhoed en selfs 'n pynappel – maar dit is nie ontwerp om jou kop warm te hou nie. +Thom Browne het ook 'n reeks bisarre maskers bekendgestel – net betyds vir Halloween. +Baie van die kleurvolle maskers het toegewerkte lippe gehad en het meer gelyk soos Hannibal Lecter as haute couture. +Een skepping het gelyk soos skubatoerusting, met 'n snorkel en duikbril ingesluit, terwyl nog een soos 'n gesmelte roomyshorinkie gelyk het. +En as jy die groot modestelling voortsit, is dit jou gelukkige dag. +Stylkykers voorspel dat die enorme hoede dalk op pad kan wees na die winkels naby jou. +Die oorgroot hoede volg kort op die hakke van 'La Bomba', die strooihoed met 'n twee voet wye rand wat op almal se koppe gesien is, van Rihanna tot Emily Ratajkowski. +Die kultusetiket agter die uiters onpraktiese hoed wat oor sosiale versprei is, het nog 'n groot skepping oor die loopplank gestuur – 'n strooi-strandsak wat amper so groot was soos die swembroekgeklede model wat dit gedra het. +Die gebrande oranje raffiasak, afgewerk met raffiafraiings en afgewerk 'n wit leerhandvatsel aan die bokant, het uitgestaan by Jacquemus' La Riviera se SS19-versameling by Parys Modeweek. +Bekende stilis Luke Armitage het vir FEMAIL gesê: 'Ek verwag om groot hoede en strandsakke in winkels te sien verskyn vir volgende somer – aangesien die ontwerper so 'n groot impak gemaak het dat dit moeilik sal wees om die aanvraag vir oorgroot bykomstige te ignoreer.' +John Edward: Taalvaardighede noodsaaklik vir wêreldburgers +Skotland se onafhanklike skole het 'n rits prestasies van akademiese voortreflikheid, en dit is in 2018 voortgesit met nog 'n stel uitstekende eksamenuitslae, wat net versterk is deur individuele en kollektiewe suksesse in sport, kuns, musiek en ander gemeenskapsondernemings. +Met meer as 30 000 skoliere regoor Skotland, streef hierdie skole, verteenwoordig deur die Skotse Raad vir Onafhanklike Skole (SCIS), daarna om die beste vlak van diens aan hulle skoliere en ouers te lewer. +Onafhanklike skole het ten doel om hulle skoliere voor te berei vir verdere en hoër opleiding, hulle gekose loopbaan en hulle posisie as wêreldburgers. +As 'n opvoedingsektor wat 'n pasgemaakte skoolkurrikulum kan ontwerp en implementeer, sien ons dat wêreldtale voortgaan as 'n gewilde en wenslike vakkeuse in skole. +Nelson Mandela het gesê: "As jy met iemand praat in 'n taal wat hy verstaan, gaan dit na sy kop toe. +As jy in sy eie taal met hom praat, gaan dit na sy hart toe." +Dit is 'n kragtige herinnering dat ons nie net op Engels kan staatmaak wanneer ons verhoudings en vertroue met mense van ander lande wil bou nie. +Vanuit vanjaar se onlangse eksamenuitslae kan ons sien dat tale boaan die ligatabelle is met die hoogste slaagsyfers in onafhanklike skole. +'n Totaal van 68 persent van skoliere wat vreemde tale studeer het, het 'n hoërgraad A behaal. +Die data, versamel van SCIS se 74 ledeskole het getoon dat 72 persent studente 'n hoërgraad A in Mandaryns behaal het, terwyl 72 persent van diegene wat Duits studeer het, 69 van diegene wat Frans studeer het en 63 van diegene wat Spaans studeer ook 'n A gekry het. +Dit toon dat onafhanklike skole in Skotland vreemde tale ondersteun as noodsaaklike vaardighede wat kinders en jong volwassenes ongetwyfeld in die toekoms gaan nodig kry. +Tale het nou, as vakkeuse, dieselfde aansien as die STEM-vakke (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) in onafhanklike skole se kurrikula en elders. +'n Opname deur die VK Kommissie vir Beroepe en Vaardighede het in 2014 gevind dat van die redes wat werknemers verskaf waarom hulle sukkel om poste te vul, 17 persent toegeskryf word aan 'n tekort aan taalvaardighede. +Daarom word taalvaardighede al hoe belangriker om jong mense vir hulle toekomstige loopbane voor te berei. +Met meer waarskynlike werkgeleenthede wat tale vereis, is hierdie vaardighede noodsaaklik in 'n geglobaliseerde wêreld. +Ongeag die loopbaan wat iemand kies, as hulle 'n tweede taal geleer het, sal hulle in die toekoms 'n ware voordeel hê met so 'n lewenslange vaardigheid. +Om direk met mense van ander lande te kan kommunikeer, sal outomaties 'n veeltalige persoon bo die kompetisie plaas. +Volgens 'n YouGov-opname van meer as 4 000 volwassenes in die VK in 2013, kon 75 persent nie 'n vreemde taal goed genoeg praat om 'n gesprek te voer nie en was Frans die enigste taal wat deur 'n dubbelsyferpersentasie gepraat is, 15 persent. +Dit is waarom dit nou so belangrik is om in vandag se kinders se taalonderrig te belê. +Om verskeie tale te ken, veral dié van ontwikkelende ekonomieë, sal kinders toerus met 'n beter kans om sinvolle werk te kry. +In Skotland sal elke skool verskil in die tale wat hulle onderrig. +'n Aantal skole sal op die meer klassieke moderne tale fokus, terwyl ander tale sal onderrig wat beskou word as noodsaaklik vir die VK wanneer vooruit gekyk word na 2020, soos Mandaryns of Japannees. +Wat ook al jou kind se belangstelling is, daar sal altyd 'n aantal tale wees om van te kies in onafhanklike skole, met onderrigpersoneel wat spesialiste op hierdie gebied is. +Skotse onafhanklike skole is daartoe toegewy om 'n leeromgewing te verskaf wat kinders sal voorberei en toerus met die vaardighede wat nodig is om sukses te behaal, ongeag wat die toekoms inhou. +Dit kan nie op hierdie stadium, in 'n globale besigheidsomgewing,ontken word dat tale steeds geweldig belangrik is vir die land se toekoms nie, en daarom moet dit in opvoeding weerspieël word. +Waarlik, moderne tale moet werklik beskou word as "internasionale kommunikasievaardighede." +Onafhanklike skole sal voortgaan om hierdie keuse, diversiteit en uitnemendheid vir Skotland se jong mense aan te bied. +Il faut bien le faire. +John Edward is Direkteur van die Skotse Raad van Onafhanklike Skole +LeBron sal Sondag debuut maak vir San Diego Lakers +Die wag is amper verby vir aanhangers om te sien hoe LeBron James sy eerste begin vir die Los Angeles Lakers maak. +Lakers-afrigter Luke Walton het aangekondig dat James in Sondag se voorseisoen-openingswedstryd teen die Denver Nuggets sal speel in San Diego. +Maar presies hoeveel minute hy gaan speel, moet nog bepaal word. +"Dit sal meer as een en minder as 48 wees," het Walton op die Lakers se amptelike webwerf gesê. +Lakers-verslaggewer Mike Trudell het getwiet dat James waarskynlik 'n beperkte hoeveelheid tyd sal speel. +Na 'n oefening vroeër vandeesweek is James gevra oor sy planne vir die Lakers se ses wedstryde in die voorseisoenprogram. +"Ek het nie op hierdie stadium in my loopbaan voorseisoenwedstryde nodig om gereed te kom nie," het hy gesê. +Trump se West Virginia byeenkomstyd, YouTube-kanaal +President Donald Trump begin vanaand 'n vlaag verkiesingsbyeenkomste in Wheeling, West Virginia. +Dis Trump se eerste van vyf geskeduleerde saamtrekke in die volgende week, insluitende stoppe op vriendelike plekke insluitende Tennessee en Mississippi. +Met die bevestigingstem wat tans teruggehou word vir sy keuse om die vakature in die Hooggeregshof te vul, beoog Trump om ondersteuning te bou vir die komende tussenverkiesing omdat die Republikeine gevaar loop om beheer oor die Kongres te verloor wanneer daar in November gestem word. +Hoe laat is Trump se saamtrek in Wes-Virginië vanaand en hoe kyk ’n mens aanlyn daarna? +Trump se saamtrek in Wheeling, Wes-Virginië, is geskeduleer vir 7 nm. ET vanaand, Saterdag 29 September 2018. +U kan hieronder via lewende stroming na Trump se saamtrek in Wes-Virginië kyk. +Trump sal waarskynlik aandag gee aan hierdie week se verhore vir die benoemde vir die Hooggeregshof, Brett Kavanaugh, wat gespanne geraak het oor beskuldigings van seksuele wangedrag met ’n verwagte bevestigingstem wat tot ’n week lank teruggehou is terwyl die FBI ondersoek instel. +Maar die vernaamste oogpunt van hierdie oormaat saamtrekke is om die Republikeine wat voor moeilike verkiesings in November staan, te help. +President Trump se veldtog het dus gesê dat hierdie vyf saamtrekke in die volgende week daarop gemik is om "vrywilligers en ondersteuners te besoek terwyl Republikeine die meerderheid wat hulle in die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers het, probeer beskerm en vergroot," volgens Reuters. +"Beheer oor die Kongres is so kritiek vir sy agenda dat die president na soveel state as moontlik sal reis wanneer ons die besige veldtogseisoen bereik," het ’n woordvoerder vir die Trumpveldtog, wat geweier het dat sy naam genoem word, vir Reuters gesê. +Vanaand se saamtrek, wat vir die Wesbanco-arena in Wheeling gereël is, kan ondersteuners trek vanaf "Ohio en Pennsilvanië en kan deur die media in Pittsburgh gedek word," volgens die West Virginia Metro News. +Saterdag sal die tweede keer die afgelope maand wees dat Trump Wes-Virginië, die staat wat hy in 2016 met meer as 40 persentasiepunte gewen het, besoek. +Trump probeer om die Wes-Virginiese Republikeinse kandidaat vir die Senaat, Patrick Morrisey, help, wat agter is volgens die stempatrone. +"Dis nie vir Morrisey ’n goeie teken dat die president moet kom om hom ’n hupstoot by die stembus te gee nie," het Simon Haeder, ’n politieke wetenskaplike by die Universiteit van Wes-Virginië, volgens Reuters gesê. +Ryderbeker 2018: Die span van die VSA toon dat hulle moed het vir die stryd om die hoop lewend te hou wanneer hulle in Sondag se enkelspel ingaan +Ná drie eensydige sessies was die vierspelspanne van Saterdagmiddag moontlik net wat hierdie Ryderbeker nodig gehad het. +Die swaaiende slinger van momentum is ’n algeheel versinde sportkonsep maar een waarin spelers heelhartig glo, en beslis in kompetisies soos dié. +Waar sou hulle dan sê dat die momentum nou is? +"Hulle het met ses punte voorgeloop en nou is dit vier, ons dra dit dus as ’n bietjie momentum, reken ek," het Jordan Spieth gesê toe hy aan die einde van die dag weggeloop het. +Europa het natuurlik die voordeel, vier punte voor en nog twaalf wat gespeel word. +Die Amerikaners voel egter, soos Spieth sê, dat hulle so ’n bietjie wind in hulle seile het en dat daar baie is om hulle aan te moedig, nie die minste nie die klas van Spieth en Justin Thomas, wat die hele dag saam gespeel het en elkeen drie punte uit vier aangeteken het. +Spieth was dodelik van die bof tot by die skoonveld en lei deur sy voorbeeld. +Daardie skor vieringskrete het harder geword namate sy ronde gevorder het en hy ’n kritieke sethou gesink het om wedstryd vier heeltemal gelykop te wen terwyl hy en Thomas ná twee rondes met twee agter was. +Sy sethou wat die wedstryd op 15 vir hulle gewen het, is met ’n soortgelyke geskreeu begroet, die soort wat vir ’n mens sê dat hy glo dat die Amerikaanse span nog ’n kans het. +"Jy moet regtig net alles uithaal en jou oor jou eie wedstryd bekommer," het Spieth gesê. +Dit is al wat daardie spelers nou oorhet. +18 putjies om hulle stempel af te druk. +Die enigste spelers wat oor die afgelope twee dae meer punte as Spieth en Thomas het, is Francesco Molinari en Tommy Fleetwood, die onbetwyfelbare storie van die Ryderbeker. +Europa se onpaar maar bekoorlike paartjie het vier uit vier gekry en kan niks verkeerd doen nie. +"Moliwood" was die enigste paar wat Saterdagmiddag nie een hou oor baansyfer aangeteken het nie, maar hulle het ook Saterdagoggend een hou oor baansyfer vermy sowel as gedurende die agterste nege Vrydagoggend. +Daardie lopie, en die manier waarop hulle energie blykbaar na en van hierdie uitbundige skare vloei, bevestig dat hulle die spelers is wat Sondag geklop moet word, en daar sal geen gewilder speler wees as Fleetwood of Molinari wat ’n potensiële Europese oorwinning kan beklink wanneer die son oor Le Golf National sak nie. +Verkieslik albei gelyktydig of by verskillende putjies. +Dit is egter nog te vroeg om van Europese glorie te praat. +Bubba Watson en Webb Simpson het korte mette met Sergio Garcia, die oggend se vierbalheld, gemaak, toe hy saam met Alex Noren gespeel het. +Een hou oor baansyfer en twee dubbels op die voorste nege het die Spanjaard en die Sweed in ’n gat laat beland waaruit hulle nie eers amper kon kom nie. +Sondag is daar egter niemand om jou uit jou gat te help nie. +Die vierballe en vierspelspanne is so opwindend om van naby dop te hou weens die interaksie tussen die pare, die raad wat hulle gee, die raad wat hulle nie gee nie en die manier waarop ’n strategie in ’n oogwink kan verander. +Europa het tot dusver nog altyd as ’n span beter gespeel en het op die laaste dag betekenisvol die voortou geneem, maar hierdie vierspelsessie het ook gewys dat die span van die VSA die moed het vir die stryd waaraan party, veral by die huis, getwyfel het. +Europa loop 10-6 voor gedurende die laaste dag van die Ryder-beker +Europa sal op die laaste dag van die Ryder-beker ’n gesonde voordeel hê nadat hulle met ’n voorsprong van 10-6 uit Saterdag se vierbal- en vierspelwedstryde gekom het. +Die geïnspireerde duo van Tommy Fleetwood en Francesco Molinari het die aanval gelei met twee oorwinnings oor ’n sukkelende Tiger Woods om hulle telling sover by Le Golf National na vier punte te neem. +Die Europese span van Thomas Bjorn, wat die trofee probeer behou wat hulle twee jaar gelede by Hazeltine verloor het, het ’n Amerikaanse span wat ongelyk gepresteer het in die oggend se vierballe oorheers, sodat hulle die reeks 3-1 gewen het. +Die VSA het meer weerstand gebied in die vierspelle en het twee wedstryde gewen, maar hulle nie die agterstand laat krimp nie. +Jim Furyk se span het agt punte nodig gehad uit Sondag se 12 enkelspelwedstryde om die trofee te behou. +Fleetwood is die eerste Europese nuweling wat vier punte in ’n ry gewen het terwyl hy en Molinari, wat ná ’n sensasionele naweek "Moliwood" genoem word, net die tweede paar in die geskiedenis van die Ryderbeker is wat ná hulle eerste vier wedstryde vier punte aangeteken het. +Nadat hulle Woods en Patrick Reed in die vierballe verpletter het, het hulle uitstekend saam gespeel om ’n pap Woods en Amerikaanse nuweling Bryson Dechambreau met ’n selfs oortuigender 5&4 te oorwin. +Woods, wat homself Saterdag deur twee wedstryde gesleep het, het soms flitse van briljantheid getoon maar hy het nou 19 van sy 29 wedstryde in vierballe en vierspelle en sewe in ’n ry verloor het. +Justin Rose, wat gerus het gedurende die oggend se vierballe, het teruggekom om saam met Henrik Stenson te speel in die vierspelle tot ’n 2&1-neerlaag vir Dustin Johnson en Brooks Koepka - wat eerste en derde op die wêreldranglys is. +Europa het op ’n aangename dag met ’n windjie suidwes van Parys egter nie altyd hulle sin gekry nie. +Jordan Spieth wat drie keer ’n groot toernooi gewen het en Justin Thomas het Saterdag die merk vir die Amerikaners gestel met twee punte. +Hulle het ’n moeilike 2&1-oorwinning oor Spanje se Jon Rahm en Ian Poulter in die vierballe aangeteken en het later teruggekeer om Poulter en Rory McIlroy met 3&4 in die vierspelle te klop nadat hulle die eerste twee putjies verloor het. +Net twee keer in die geskiedenis van die Ryder-beker het ’n span herstel van ’n agterstand van vier punte wanneer hulle in die enkelspel ingaan, al hoef Furyk se span net gelykop te speel om die trofee te behou omdat hulle dit reeds hou. +Nadat hulle twee dae lank tweede beste was, lyk dit egter nie of hulle ’n teenaanval op Sondag sal regkry nie. +Noord-Korea sê hulle sal 'beslis nie' eensydig sonder vertroue ontwapen +Noord-Korea se minister van buitelandse sake het Saterdag vir die Verenigde Nasies gesê dat voortgesette sanksies hulle wantroue van die Verenigde State vererger en dat die land beslis nie sy kernwapens eensydig sonder sulke eienskappe sal opgee nie. +Ri Yong Ho het vir die wêreldliggaam se jaarlikse Algemene Vergadering gesê dat Noord-Korea in die afgelope jaar "betekenisvolle welwillendheidsmaatreëls" getref het, soos om kern- en missieltoetse te stop, die kerntoetsterrein af te breek en te belowe om nie kernwapens en kerntegnologie te vermeerder nie. +"Ons sien egter geen ooreenstemmende reaksie van die VSA nie," het hy gesê. +"Sonder enige vertroue in die VSA sal daar geen vertroue in ons nasionale sekuriteit wees en onder sulke omstandighede sal ons ons beslis nie eensydig eerste ontwapen nie." +Terwyl Ri bekende Noord-Koreaanse klagtes herhaal het oor Washington se weerstand teen ’n "gefaseerde" benadering tot verwydering van kernwapens waarvolgens Noord-Korea beloon sal word as dit geleidelike stappe doen, het sy woorde betekenisvol gelyk deurdat dit nie eensydige verwydering van kernwapens onvoorwaardelik verwerp het soos Pjongjang in die verlede gedoen het. +Ri het verwys na ’n gesamentlike verklaring wat deur Kim Jong-Oen en Donald Trump uitgereik is by die heel eerste spitsberaad tussen ’n president van die VSA en ’n Noord-Koreaanse leier op 12 Junie in Singapoer toe Kim onderneem het om te werk vir die "vernietiging van kernwapens in die Koreaanse skiereiland" terwyl Trump waarborge vir Noord-Korea se veiligheid belowe het. +Noord-Korea wil ’n formele einde hê van die Koreaanse Oorlog van 1950-53, maar die Verenigde State het gesê dat Pjongjang eers sy kernwapens moet opgee. +Washington het ook versoeke weerstaan om streng internasionale sanksies teen Noord-Korea te verslap. +"Die VSA dring aan op die "vernietiging van kernwapens eerste" en oefen meer druk uit deur die vlak van die sanksies te verskerp om hulle doel op ’n dwingende manier te bereik, en selfs beswaar te maak teen die 'verklaring van die einde van die oorlog,"" het Ri gesê. +"Die persepsie dat sanksies ons op ons knieë kan dwing, is ’n droom van die mense wat onkundig is oor ons. +Maar die probleem is dat die voortgesette sanksies ons wantroue vererger." +Ri het niks gesê oor planne vir ’n tweede spitsberaad tussen Kim en Trump waarop die VSA se leier vroeër in die week by die Verenigde Nasies die aandag gevestig het nie. +Die minister het eerder die aandag gevestig op drie vergaderings gedurende die afgelope vyf maande tussen Kim en die Suid-Koreaanse leier Moon Jae-in en het bygevoeg: "As die party in hierdie kwessie oor vernietiging van kernwapens Suid-Korea was en nie die VSA nie, sou die vernietiging van kernwapens in die Koreaanse skiereiland nie so ’n dooie punt bereik het nie." +Die toon van Ri se toespraak was nogtans dramaties anders as verlede jaar, toe hy vir die VN se Algemene Vergadering gesê het dat dit onafwendbaar was dat Noord-Korea se vuurpyle op die VSA se landmassa gerig sal word nadat "Mnr. Bose President" Trump vir Kim ’n "vuurpylman" op ’n selfmoordsending genoem het. +Hierdie jaar by die Verenigde Nasies het Trump, wat verlede jaar gedreig het om Noord-Korea "heeltemal te vernietig," Kim oorvloedig geprys vir sy moed omdat hy stappe gedoen het om te ontwapen, maar hy het gesê dat baie werk nog gedoen moet word en dat sanksies nog daar moet bly totdat Noord-Korea kernwapens vernietig. +Woensdag het Trump gesê dat hy nie ’n tydraamwerk hiervoor het nie, en gesê "Dit maak nie saak of dit twee jaar, drie jaar of vyf maande neem nie." +China en Rusland is van mening dat die VN se Sekuriteitsraad Pjongjang moet beloon vir die stappe wat hulle gedoen het. +Maar, die VSA se minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het Donderdag vir die VN se Sekuriteitsraad gesê dat: "Toepassing van sanksies deur die Sekuriteitsraad moet ywerig en sonder ophou voortgaan totdat ons die volle, finale, bevestigde vernietiging van kernwapens realiseer." +Die Sekuriteitsraad het sedert 2006 sanksies teen Noord-Korea eenparig verskerp in ’n poging om befondsing vir Pjongjang se kern- en ballistiesemissielprogramme te laat opdroog. +Pompeo het Ri op die buitewyke van die VN se Algemene Vergadering ontmoet en het agterna gesê dat hy Pjongjang volgende maand weer sal besoek om vir ’n tweede spitsberaad voor te berei. +Pompeo het Noord-Korea hierdie jaar reeds drie keer besoek, maar sy laaste reis daarheen het nie goed verloop nie. +Hy het Pjongjang in Julie verlaat en gesê dat vordering gemaak is, maar Noord-Korea het hom net ure later daarvan beskuldig dat hy "bendeagtige eise" gestel het. +Noord-Korea het in ’n vergadering met Moon belowe om ’n missielperseel af te breek en ook ’n kernkompleks as die Verenigde State "ooreenstemmende maatreëls" tref. +Hy het gesê dat Kim vir hom gesê het dat die "ooreenstemmende maatreëls" wat hy wil sien sekuriteitswaarborge is wat Trump in Singapoer beloof het asook stappe in die rigting van normalisering van verhouding met Washington. +Harvard-studente volg ’n kursus oor genoeg rus +’n Nuwe kursus by die Harvard-universiteit hierdie jaar laat al sy voorgraadse studente meer slaap kry in ’n poging om die groeiende macho kultuur van studeer deur kaffeïengedrewe 'heelnagsessies' teë te werk. +’n Akademikus het gevind dat studente by die wêreld se topuniversiteit dikwels oningelig is wanneer dit die basiese beginsels van hoe om na hulleself om te sien, betref. +Charles Czeisler, professor van slaapmedisyne by die Harvard- Mediese Fakulteit en ’n spesialis by die Brigham- en Vrouehospitaal, het die kursus ontwerp, wat hy glo die eerste van sy soort in die VSA is. +Hy is geïnspireer om die kursus te begin nadat hy ’n praatjie gelewer het oor die uitwerking van slaapontneming op leer. +'Aan die einde daarvan het een meisie my genader en gesê: 'Waarom vertel hulle my dit nou eers, in my senior jaar?' +Sy het gesê dat niemand nog vir haar gesê het hoe belangrik slaap is nie - wat my verbaas het,' het hy vir The Telegraph gesê. +Die kursus, wat dié jaar vir die eerste keer aangebied is, verduidelik aan studente die basiese beginsels van hoe goeie slaapgewoontes akademiese en atletiekprestasie help, sowel as hoe dit hulle algemene welstand verbeter. +Paul Barreira, professor van psigiatrie by die Harvard- Mediese Fakulteit en uitvoerende direkteur van die universiteit se gesondheidsdienste, het gesê dat die universiteit besluit het om die kursus in te voer nadat daar gevind is dat studente gedurende die week ernstig slaapontneem is. +Die uur lange kursus behels ’n paar interaktiewe take. +In een afdeling is daar ’n prent van ’n slaapsaal, waar studente op koffiebekers, gordyne, oefenskoene en boeke moet klik om vertel te word oor die uitwerking van kaffeïen en lig en hoe atletiekprestasie beïnvloed word deur slaapgebrek en die belangrikheid van ’n slaaptydroetine. +In ’n ander afdeling word deelnemers vertel hoe langtermynslaapontneming risiko's van hartaanvalle, beroerte, depressie en kanker kan vergroot. +’n Kaart van die kampus, met interaktiewe ikone, moedig deelnemers dan aan om aan hulle daaglikse roetine te dink. +'Ons weet dit sal nie studente se gedrag onmiddellik verander nie. +Maar ons glo dat hulle die reg het om te weet - net soos u die reg het om te weet wat die gesondheidsuitwerking daarvan is om te kies om sigarette te rook,' het prof Czeisler bygevoeg. +Die kultuur van trots om 'heelnag te studeer' bestaan nog steeds, het hy gesê, en bygevoeg dat moderne tegnologie en immer toenemende druk op studente beteken het dat slaapontneming ’n groeiende probleem is. +Om seker te maak dat jy genoeg slaap van goeie gehalte kry, behoort ’n student se 'geheime wapen' te wees om stres, uitputting en angstigheid te vermy, het hy gesê - selfs om dit te vermy om gewig aan te sit, omdat slaapontneming die brein in ’n verhongeringsmodus plaas, wat jou die hele tyd honger laat voel. +Raymond So, ’n 19-jarige Kaliforniër wat chemiese en fisiese biologie bestudeer, het professor Czeisler gehelp om die kursus te ontwerp nadat hy verlede jaar, gedurende sy eerste jaar by Harvard, een van sy klasse geloop het. +Hy het gesê dat die kursus sy oë oopgemaak het en hom geïnspireer het om hom te beywer vir ’n kampuswye kursus. +Die volgende stap, hoop hy, is om alle nagraadse studente te vra om ’n soortgelyke studieprogram te voltooi voordat hulle by die instelling aansluit waar mense met mekaar meeding. +Prof Czeisler het aanbeveel dat studente dit moet oorweeg om ’n alarm te stel vir wanneer hulle gaan slaap, sowel as wanneer om wakker te word, en om bewus te wees van die skadelike uitwerking van 'blou lig' wat deur elektroniese skerms en LED-ligte uitgestraal word, wat jou sirkadiese ritme kan versteur en daartoe kan lei dat jy sukkel om aan die skaap te raak. +Livingston 1 - 0 Rangers: Doel van Menga oorwin Gerrard se manne +Rangers het nog ’n sarsie wegdaghartseer beleef toe Dolly Menga se doelskop Steven Gerrard se onsamehorige span ’n neerlaag van 1-0 besorg het. +Die Ibrox-span wou hulle eerste wen as besoekers sedert Februarie se 4-1-sege by St Johnstone aanteken, maar Gary Holt se span het aan Gerrard net sy tweede neerlaag in 18 wedstryde as bestuurder toegedien sodat sy span agt punte agter Hearts was, wat loshande voorgeloop het in die Ladbrokes Premiership. +Menga het sewe minute voor rustyd toegeslaan, en dit het nie gelyk of ’n Rangers-span sonder veel inspirasie gelyk sou speel nie. +Terwyl Rangers nou na die sesde posisie val, klim Livingston tot die derde en is net agter Hibernian op doelverskil. +En daar kan verdere moeilikheid vir Rangers voorlê nadat grensregter Calum Spence vir ’n kopwond behandel moes word nadat ’n voorwerp blykbaar van die wegkant gegooi is. +Gerrand het agt veranderinge aangebring aan die span wat verby Ayr gestorm het na die eindstryd van die Betfred-beker. +Holt, aan die ander kant, het dieselfde Livi-11 gebruik wat verlede week ’n punt van Hearts geneem het en hy sou in sy noppies gewees het met die manier waarop sy goed geoefende span hulle teenstanders by elke draai gesmoor het. +Rangers het moontlik balbesit oorheers, maar Livingston het meer gedoen wanneer hulle die bal gehad het. +Hulle moes eintlik ná net twee minute punte aangeteken het toe Menga se eerste aflegging Scott Pittman deurgestuur het op Allan McGregor se doel,,, maar die middelveldspeler het sy groot kans oopgeruk. +’n Diep vryskop deur Keaghan Jacobs het daarna kaptein Craig Halkett gevind maar sy verdedigingsmaat Alan Lithgow kon net mis skop by die agterste doelpaal. +Rangers het beheer oorgeneem, maar dit het gelyk asof daar meer hoop as oortuiging is oor hulle spel in die laaste derde. +Alfredo Morelos het gevoel dat hy ’n strafdoel moes gekry het by die kwartierpunt toe hy en Steven Lawless gebots het, maar die skeidsregter Steven Thomson het die Colombiaan se versoeke weggewys. +Rangers het dit reggekry om gedurende die eerste helfte net twee skote na die teiken te kry maar die voormalige Ibrox-doelwagter Liam Kelly was beswaarlik gepla deur Lassana Coulibaly se kopskoot en ’n mak doelskop van Ovie Ejaria. +Terwyl Livi se oopmaker by die 34ste minuut dalk teen die rigting van spel was, kan niemand ontken dat hulle dit verdien het nie, al is dit net vir hulle harde werk. +Rangers het weer eens nie ’n diep stelstuk van Jacobs hanteer nie. +Scott Arfield het nie gereageer toe Declan Gallagher die bal gestuur het na Scott Robinson nie, wat koelkop gebly het en dit na Menga gestuur het vir ’n eenvoudige afronding. +Gerrard het by die breek opgetree toe hy Coulibaly vir Ryan Kent geruil het en die omruiling ’n byna onmiddellike impak gehad het toe die vleuel na Morelos gestuur het maar die indrukwekkende Kelly van sy streep tot die blok gejaag het. +Maar Livingston het aangehou om die besoekers te dwing om presies die soort spel te speel wat hulle geniet, met Lithgow en Halkett wat lang bal ná lang bal ingepalm het. +Holt se span kon hulle voorsprong in die laaste stadiums vergroot het, maar McGregor het goed opgestaan om Jacobs te keer voordat Lithgow wyd van die hoekpunt af kon inkom. +Rangers se plaasvervanger Glenn Middleton het nog ’n laat eis vir ’n strafskop gehad toe hy met Jacobs deurmekaar geraak het, maar Thomson het weer weggekyk. +Almanac: Die uitvinder van die Geigerteller +En nou ’n bladsy uit ons "Sondagoggend"-almanak: 30 September 1882, vandag 136 jaar gelede, en ONS TEL VERDER ... die dag waarop die toekomstige fisikus Johannes Wilhelm "Hans" Geiger in Duitsland gebore is. +Geiger het ’n metode ontwikkel om radioaktiwiteit op te spoor en te meet, ’n uitvinding wat uiteindelik gelei het tot die toestel wat die Geigerteller genoem word. +Sedertdien was die Geigerteller ’n steunpilaar van die wetenskap, en dit het ook ’n steunpilaar in popkultuur geword, soos in die 1950-rolprent "Bells of Coronado," waarin daardie twee onwaarskynlike cowboy-wetenskaplikes Roy Rogers en Dale Evans gespeel het: +Man: "Wat op aarde is dit?" +Rogers: "Dis ’n Geigerteller wat gebruik word om radioaktiewe minerale, soos uraan, op te spoor. +Wanneer jy hierdie oorfone opsit, kan jy selfs die uitwerking van die atome hoor wat deur die radioaktiwiteit in die minerale afgegee word. +Evans: "Goeiste, dit kraak nou omtrent!" +"Hans" Geiger is in 1945 oorlede, net ’n paar dae voor sy 63ste verjaarsdag. +Maar die uitvindsel wat sy naam dra, leef voort. +Nuwe kankerentstof kan die immuunstelsel leer om rowerselle te 'sien' +Nuwe kankerentstof kan die immuunstelsel leer om rowerselle te 'sien' en te dood +Entstof leer immuunstelsel om rowerselle te identifiseer as deel van behandeling +Metode behels onttrekking van immuunselle uit ’n pasiënt, verandering daarvan in ’n laboratorium +Hulle kan dan ’n proteïen 'sien' wat gemeenskaplik is aan baie kankers en dit dan weer inspuit +’n Proefentstof toon belowende resultate by pasiënte met ’n verskeidenheid kankers. +Een vrou wat met die entstof behandel is, wat die immuunstelsel leer om rowerselle te identifiseer, het gesien hoe haar ovariale kanker meer as 18 maande lank verdwyn. +Die metode behels onttrekking van immuunselle uit ’n pasiënt, verandering daarvan in die laboratorium sodat hulle ’n proteïen wat in baie kankers voorkom en HER2 genoem word, kan "sien", en dan om die selle weer in te spuit. +Professor Jay Berzofsky, van die VSA se nasionale kankerinstituut in Bethesda, Maryland, het gesê: "Ons resultate dui aan dat ons ’n baie belowende entstof het." +HER2 "dryf die groei van etlike soorte kankers aan," insluitende bors-, ovariale, long- en kolorektale kanker, het prof Berzofsky verduidelik. +’n Soortgelyke benadering om immuunselle uit pasiënte te verwyder en hulle te "leer" hoe om kankerselle aan te val, het gewerk om ’n soort leukemie te klop. +Kanye West het ná sy optrede op SNL met ’n pro-Trump spotrede begin, terwyl hy ’n MAGA-hoed gedra het. +Dit het nie goed gegaan nie +Kanye West is gedurende ’n Saturday Night Live in die ateljee uitgejou ná ’n uitgerekte optrede waarin hy die VSA se president Donald Trump geloof het en gesê het dat hy hom in 2020 verkiesbaar sou stel. +Nadat hy sy derde liedjie van die aand, wat Ghost Town genoem word en waartydens hy ’n Make America Great-pet gedra het, gesing het, het hy teen die Demokrate uitgevaar en sy ondersteuning van Trump herhaal. +"Ek praat so dikwels met ’n witmens en hulle se: "Hoe kan jy van Trump hou, hy is ’n rassis?" +Wel, as ek besorg was oor rassisme, sou ek lank gelede uit Amerika verhuis het," het hy gesê. +SNL het die vertoning begin met ’n skets met Matt Damon waarin die Hollywood-ster gespot het met Brett Kavanaugh se getuienis voor die Senaat se regterlike komitee oor beskuldigings van seksuele aanranding wat deur Christine Blasey Ford gemaak word. +Al is dit nie uitgesaai nie, is die beeldmateriaal van West se geskel deur die komediant Chris Rock op sosiale media gelaai. +Dit is onduidelik of Rock vir West probeer spot het deur dit te plaas. +West het ook by die gehoor gekla dat dit vir hom agter die verhoog moeilik gemaak is oor wat hy op sy kop gedra het. +"Hulle het my agter die verhoog geboelie. +Hulle het gesê, 'moenie uitgaan met daardie hoed op nie.' +Hulle het my geboelie! +En dan sê hulle ek is in ’n lae plek," het hy volgens die Washington Examiner gesê. +West het voorgegaan: "Wil julle die lae plek sien?" en het gesê dat hy sy "supermanmantel sou aantrek, omdat dit beteken dat julle nie vir my kan sê wat ek moet doen nie. Wil julle hê die wêreld moet vorentoe beweeg? +Probeer liefde." +Sy kommentaar het ten minste twee keer ’n uitjouery by die gehoor uitgelok en lede van die SNL-rolverdeling het verleë gelyk, het Variety berig, met een persoon daar wat vir die publikasie gesê het: "Die hele ateljee het doodstil geword." +West is ingebring as ’n laat plaasvervanger vir die sanger Ariana Grande, wie se voormalige kêrel, die rymkletser Mac Miller ’n paar dae vroeër gesterf het. +West het baie verbaas met ’n uitvoering van die lied I Love it, aangetrek soos ’n Perrier-bottel. +West is ondersteun deur die hoof van bewaringsgroep TPUSA, Candace Turner, wat getwiet het: "Aan een van die moedigste geeste: DANKIE DAT JY WEERSTAND BIED TEEN DIE SKARE." +Maar kletsppprogramgasvrou Karen Hunter het getwiet dat West bloot "was wie hy is en dis absoluut wonderlik." +"Maar ek het gekies om iemand NIE te beloon (deur sy musiek of klere te koop of sy "kuns" te ondersteun) wat ek glo ’n ideologie aanvaar en verkondig wat my gemeenskap in gevaar stel nie. +Hy is vry. +Ons ook," het sy bygevoeg. +Voor die vertoning het die rymkletser op Twitter aangekondig dat hy sy naam verander het en gesê dat hy nou "die wese is wat vroeër as Kanye West bekend gestaan het." +Hy is nie die eerste kunstenaar wat sy naam verander het nie en volg in die voetspore van Diddy, ook bekend as Puff Daddy, Puffy en P Diddy. +Mede-rymkletser, Snoop Dogg, het die naam Snoop Lion gehad en natuurlik wyle musieklegende Prince het sy naam na ’n simbool verander en daarna na die kunstenaar wat vroeër as Prince bekend gestaan het. +Aanklag van poging tot moord oor messtekery in ’n restaurant in Belfast +’n 45-jarige man is van poging tot moord aangekla nadat ’n man Vrydag in ’n restaurant in Oos-Belfast met ’n mes gesteek is. +Die voorval het in Ballyhackamore plaasgevind, het die polisie gesê. +Daar word verwag dat die verweerder Maandag voor die Belfast-landdroshof sal verskyn. +Die aanklag sal deur die openbare aanklaagdiens hersien word. +Game of Thrones-ster Kit Harington kritiseer toksiese manlikheid +Kit Harington is bekend vir sy swaardswaaiende rol as Jon Snow in HBO se gewelddadige middeleeuse fantasiereeks Game of Thrones. +Maar die akteur, 31, het die stereotipe van die macho held gekritiseer en gesê dat sulke rolle op die skerm beteken dat jong seuns dikwels voel dat hulle taai moet wees om gerespekteer te word. +Kit het met The Sunday Times Culture gepraat en gesê hy glo 'iets het verkeerd geloop' en het gevra hoe om die probleem van toksiese manlikheid in die #MeToo-era aan te pak. +Kit, wat onlangs met sy medester uit Game of Thrones, Rose Leslie, ook 31, getrou het, het erken dat hy 'redelik sterk' daaroor voel om van hierdie kwessie werk te maak. +'Ek voel persoonlik redelik sterk daaroor op die oomblik - waar het ons verkeerd gegaan met manlikheid?', het hy gesê. +'Wat het ons mans geleer terwyl hulle grootword met betrekking tot die probleem wat ons nou sien?' +Kit glo dat televisie heel moontlik verantwoordelik is vir die groei in toksiese manlikheid weens sy uiters manlike karakters. +Hy het voortgegaan: "Wat is ingebore en wat is geleer? +Wat word op die TV en in die strate geleer wat jong seuns laat voel dat hulle hierdie sekere aspek daarvan om ’n man te wees, moet hê? +Ek dink dat dit werklik een van die groot vrae in ons tyd is - hoe verander ons dit? +Omdat iets klaarblyklik verkeerd geloop het met ons jong mans.' +in die onderhoud het hy ook erken dat hy nie aan enige van die Game of Thrones-voorvolg- en -vervolgstukke sal deelneem wanneer die reeks volgende somer tot ’n einde kom nie, want hy sê hy is 'klaar met slagvelde en perde'. +Van November af sal Kit in ’n nuwe weergawe van Sam Shephard se True West speel, wat die storie is van ’n rolprentvervaardiger en sy broer, wat ’n rower is. +Die akteur het onlangs geopenbaar dat hy dink dat die beste ding wat uit Game of Thrones gekom het, was om sy vrou Rose te ontmoet. +'Ek het my vrou op hierdie program ontmoet, op daardie manier het dit dus vir my my toekomstige gesin gegee, en my lewe van hier af aan,' het hy gesê. +Rose het Ygritte, die liefdesbelang van Kit se karakter Jon Snow, in die Emmy-bekroonde fantasiereeks gespeel. +Die paartjie het in Junie 2018 op die perseel van Leslie se familielandgoed in Skotland getrou. +HIV/Aids: China rapporteer ’n 14%-vermeerdering in nuwe gevalle +China het aangekondig dat daar ’n 14%-vermeerdering die getal van sy burgers is wat saam met MIV en vigs leef. +Meer as 820 000 mense in die land word geraak, se gesondheidsbeamptes. +Ongeveer 40 000 nuwe gevalle is in die tweede kwartaal van 2018 alleen aangemeld. +Die oorgrote meerderheid van nuwe gevalle is deur seks oorgedra, wat ’n verandering van die verlede verteenwoordig. +Tradisioneel versprei MIV vinnig deur party dele van China as gevolg van geïnfekteerde bloedoortappings. +Maar die getal mense wat MIV op hierdie manier opgedoen het, is tot amper nul verminder, het Chinese gesondsheidsbeamptes by ’n konferensie in die provinsie Yunnan gesê. +Jaar ná jaar het die getal persone wat in China saam met MIV en vigs lewe, met 100 000 mense gestyg. +MIV-oordrag deur seks is ’n kritieke saak in China se LGBT-gemeenskap. +Homoseksualiteit is in 1997 in China gedekriminaliseer, maar diskriminasie teen LGBT-mense is nog baie algemeen. +Weens die land se konserwatiewe waardes, het studies geraam dat 70-90% van mans wat met mans seks het, uiteindelik met vroue sal trou. +Baie van die oordragte van die siektes kom van onvoldoende seksuele beskerming in hierdie verhoudings. +Sedert 2003 het China se regering universele toegang tot MIV-medikasie beloof as deel van ’n poging om van die saak werk te maak. +Maxine Waters ontken dat ’n personeellid GOP-senators se data laat uitlek het, veroordeel 'gevaarlike leuens' en 'samesweringsteorieë' +VSA Republikein Maxine Waters het Saterdag uitgevaar teen bewerings dat ’n lid van haar personeel die persoonlike inligting van drie Republikeinse VSA-senators op die wetgewers se Wikipedia-bladsye geplaas het. +Die Los Angeles Democrat het beweer dat die aantygings aangedryf word deur "ultraregse" kenners en webwerwe. +"Leuens, leuens en nog verfoeilike leuens," het Waters in ’n verklaring op Twitter gesê. +Die uitgelekte inligting het na bewering die huisadresse en telefoonnommers vir VSA- Sens. Lindsey Graham van Suid-Carolina en Mike Lee en Orrin Hatch, albei uit Utah, ingesluit. +Die inligting het Donderdag aanlyn verskyn, geplaas deur ’n onbekende persoon op die Capitol-heuwel gedurende die Senaatpaneel se verhoor oor die bewerings van seksuele wangedrag teen die benoemde vir die Hooggeregshof Brett Kavanaugh. +Die lek het die een of ander tyd plaasgevind nadat die drie senators Kavanaugh ondervra het. +Konserwatiewe webwerwe soos Gateway Pundit en RedState het berig dat die IP-adres wat die bron van die plasings identifiseer, met Waters se kantoor verband hou en die inligting van ’n lid van Waters se personeel bekend gemaak het, het die Hill berig. +"Hierdie ongegronde bewering is heeltemal onwaar en ’n absolute leuen," het Waters voortgegaan. +"Die lid van my personeel - wie se identiteit, persoonlike inligting en veiligheid in gevaar gestel is as gevolg van hierdie bedrieglike en valse bewering - was hoegenaamd nie verantwoordelik vir die uitlek van hierdie inligting nie. +Hierdie ongegronde bewering is heeltemal onwaar en ’n absolute leuen." +Waters se verklaring het gou aanlyn kritiek uitgelok, insluitende van voormalige Withuis-persverteenwoordiger Ari Fleischer. +"Hierdie ontkenning getuig van woede," het Fleischer geskryf. +"Dit dui daarop dat sy nie die temperament het om ’n lid van die Kongres te wees nie. +Wanneer iemand beskuldig word van iets wat hy nie gedoen het nie, moet hy nie kwaad wees nie. +Hy moenie uitdagend wees nie. +Hy moenie die motiewe van die aanklaer bevraagteken nie. +Hy moet kalm en rustig wees." +Fleischer het blykbaar Waters se reaksie vergelyk met die Demokrate se kritiek van regter Kavanaugh, wat deur kritici daarvan beskuldig is dat hy skynbaar te kwaad was gedurende Donderdag se verhoor. +Omar Navarro, ’n Republikeinse kandidaat wat Waters in die tussenverkiesing uit die kussings probeer lig, het ook sy gedagtes op Twitter uitgespreek. +"Groot as dit waar is," het hy getwiet. +In haar verklaring het Waters gesê dat haar kantoor "die gepaste owerhede en wetstoepassingsentiteite van hierdie bedrieglike bewerings in kennis gestel het. +"Ons sal seker maak dat die plegers aan die kaak gestel word," het sy voortgegaan, "en dat hulle wetlik aanspreeklik sal wees vir alles wat hulle doen wat vernietigbaar en gevaarlik is vir elke lid van my personeel." +Johnny English Strikes Again resensie - flou Rowan Atkinson spioenspottery +Dis nou tradisioneel om na Brexit-betekenis in enige nuwe rolprent met ’n Britse inslag te soek en dit lyk van toepassing op hierdie herlewing van die Johnny English aksiekomedie spotteryfranchise - wat destyds in 2003 met Johnny English begin het en in 2011 met Johnny English Reborn verder gesukkel het. +Sal tong-in-die-kies selfsatire oor die onderwerp van hoe ooglopend power ons is die nasie se nuwe uitvoergeleentheid wees? +In elk geval, die onbeholpe Johnny English met sy uitpeuloë en rubber gesig het sy lisensie om alles op te mors vir die tweede keer laat hernieu - en sy naam is ’n duideliker aanduiding as enigiets anders dat hy ’n groot komiese skepping is vir nie-Engelssprekende rolprentgehore. +Hy is natuurlik die verspotte geheime agent wat ondanks sy bisarre pretensie tot gesofistikeerde elegansie ’n bietjie van Clouseau, ’n stukkie van Mr Bean en ’n goeie skeut het van daardie ou wat ’n enkele noot bygedra het tot die Chariots of Fire-temalied by die openinigsplegtigheid van die Londense Olimpiese Spele in 2012. +Hy is ook oorspronklik gebaseer op die reisiger en internasionale man van raaisels, wat chaos agter hom laat, wat Atkinson op ’n keer gespeel het in die nou vergete Barclaycard-advertensies. +Daar is een of twee oulike oomblikke in hierdie jongste weergawe van JE. +Ek het gehou van Johnny English wat na ’n helikopter toe aangeloop kom terwyl hy in ’n middeleeuse pantsergewaad geklee is en die skroefblaaie kortliks teen sy helm kap. +Atkinson se gawe vir fisiese komedie word ten toon gestel maar die humor voel redelik flou en eienaardig oorbodig, veral wanneer die "ernstige" rolprenthandelsmerke soos 007 en Mission Impossible nou self komedie met selfvertroue as ’n bestanddeel gebruik. +Die humor voel of dit op kinders gemik is eerder as op volwassenes, en vir my is Johnny English se teëspoed is nie so oorspronklik en gefokus as Atkinson se stilfliekgrappies in die persona van Bean nie. +Die ewigdurende tematiese veronderstelling is nou dat Groot-Brittanje in ernstige moeilikheid is. +’n Kuberkraker het Brittanje se supergeheime netwerk van spioene geïnfiltreer en die identiteit van al Brittanje se agente in die veld geopenbaar, tot die ontsteltenis van die agent aan diens - ’n betreurenswaardige klein rolletjie vir Kevin Eldon. +Dis die laaste strooi vir ’n eerste minister wat ’n opgeblase en beleërde karakter is, wat reeds ’n algehele ineenstorting van politieke ongewildheid beleef: Emma Thomspson doen haar uiterste bes met hierdie kwasi-Teresa May-karakter maar daar is maar min in die teks om mee te werk. +Haar intelligensieadviseurs stel haar in kennis dat aangesien elke aktiewe spioen in gevaar gestel is, sy iemand uit sy aftrede moet inroep. +En dit beteken die sukkelende Johnny English self, nou in diens as ’n onderwyser by die een of ander deftige instelling, maar wat van die rekord af lesse gee oor hoe om ’n geheime agent te wees, daar is ’n paar oulike grappe hier wanneer English ’n School of Rock-tipe spioenasieskool aanbied. +English word na Whitehall teruggeroep vir ’n noodopdrag en word met sy voormalige lankmoedige metgesel Bough, weer deur Ben Miller vertolk, herenig. +Bough is nou ’n getroude man, getroud met ’n duikbootkommandeur, ’n allamapstieks-rol waarin te min van Vicki Pepperdine verwag word. +So is die Batman en Robin daarvan om alles heeltemal in Haar Majesteit se geheime diens heeltemal op te mors weer aan diens en kom hulle op Olga Kurylenko se pragtige femme fatale Ophelia Bulletova af. +Intussen beland die eerste minister onder die gevaarlike betowering van die charismatiese tegnologiemiljardêr wat beweer dat hy Brittanje se rekenaarprobleme kan oplos: die raaiselagtige Jason Volta, wat deur Jake Lacy vertolk word. +English en Bough begin hulle reis van belaglike eskapades: vermom as kelners steek hulle ’n Franse restaurant aan die brand, veroorsaak hulle chaos wanneer hulle hulleself aan boord van Volta se luukseseiljag smokkel; en English laat pure anargie losbreek wanneer hy probeer om ’n kopstuk vir virtuele realiteit te gebruik om vertroud te raak met die binnekant van Volta se huis. +Vir daardie laaste toneel word niks gespaar nie, maar so oulik en uitbundig soos dit mag wees, is die hele affêre nogal heelwat soos kinder-TV. +Redelik middelmatig. +En soos met die ander Johnny English-rolprente kon ek my nie keer om te dink: kan die Britte nie vir Rowan Atkinson ’n rol gee wat sy talent werklik tot sy reg laat kom nie? +Arbeid ontken dat dit ’n plan bedink vir Britte om ’n vierdagweek te werk maar vir vyf dae betaal te word +Jeremy Corbyn se Arbeidersparty moet ’n drastiese plan oorweeg wat sal veroorsaak dat Britte ’n vierdagweek werk - maar vir vyf dae betaal word. +Die party wil na bewering hê dat maatskappybase besparings wat veroorsaak is deur die kunsmatigeintelligensie- (KI-)revolusie na werkers oorgedra moet word deur hulle ekstra dag af te gee. +Dit sal werkers ’n driedagnaweek laat geniet - maar hulle sal steeds dieselfde betaling huis toe neem. +Bronne sê dat dit by die party se ekonomiese agenda en planne om die land in die guns van die werkers in te stel, sal 'pas'. +Om na ’n vierdagweek te verander is deur die Trades Union Congress onderskryf as ’n manier vir werkers om die veranderende ekonomie te benut. +’n Senior Arbeiderspartybron het vir The Sunday Times gesê: '’n Beleidshersiening sal na verwagting voor die einde van die jaar aangekondig word. +'Dit sal nie oornag gebeur nie, maar ’n vierdagwerksweek is ’n ambisie wat inpas by die party se benadering om die ekonomie ten gunste van die werker te herbalanseer sowel as by die party se algehele industriële strategie. +Die Arbeidersparty sal nie eerste een wees om so ’n idee te onderskryf nie, met die Groen Party wat gedurende sy veldtog vir die algemene verkiesing in 2017 ’n vierdagwerksweek belowe het. +Die ambisie word egter tans nie deur die hele Arbeidersparty onderskryf nie. +’n Woordvoerder van die Arbeidersparty het gesê: '’n Vierdagwerksweek is nie partybeleid nie en word nie deur die party oorweeg nie.' +Skadu-minister John McDonnell het verlede week se Arbeiderskonferensie gebruik om uit te wei oor sy visie vir ’n sosialistiese revolusie in die ekonomie. +Mnr. McDonnell het gesê hy was vasbeslote om mag van 'gesiglose direkteurs' en 'winsnemers' by diensondernemings terug te neem. +Die skaduminister se planne beteken ook dat huidige aandeelhouers in watermaatskappye moontlik nie hulle hele belegging sal terugkry nie aangesien ’n Arbeidersregering 'aftrekkings' kan maak op grond van vermeende oortreding. +Hy het ook planne bevestig om werkers op direksies van maatskappye te plaas en inklusiewe eienaarskapfondse te skep om 10 persent van ekwiteit in ondernemings in die privaat sektor te gee aan werknemers, wat jaarlikse dividende van tot £500 kan kry. +Lindsey Graham, John Kennedy vertel "60 Minutes" of die FBI se ondersoek van Kavanaugh hulle van opinie kan laat verander +Die FBI se ondersoek van beskuldigings teen regter Brett Kavanaugh het ’n finale stemming oor sy benoeming tot die Hooggeregshof met ten minste ’n week vertraag en opper die vraag of die buro se bevindinge enige Republikeinse senators kan oortuig om hulle ondersteuning terug te trek. +In ’n onderhoud wat Sondag uitgesaai is, het "60 Minutes"-korrespondent Scott Pelley vir Republikeinse sens. John Kennedy en Lindsey Graham gevra of die FBI enigiets kon opdiep wat hulle hulle opinie kon laat verander. +Kennedy het meer ontvanklik gelyk as sy kollega van Suid-Carolina. +"Ek bedoel, natuurlik," het Kennedy gesê. +"Ek het aan die begin van die verhoor gesê, ek het gesê, ek het met regter Kavanaugh gepraat. +Ek het hom gebel ná dit gebeur het, daardie beskuldiging uitgekom het, en gesê: 'Het jy dit gedoen? +Hy was vasberade, beslis, ondubbelsinnig." +Graham se stem blyk egter onveranderbaar te wees. +"Ek het my opinie oor Brett Kavanaugh gevorm en dit sal ’n beskuldiging van dinamiet verg," het hy gesê. +"Dr. Ford, ek weet nie wat gebeur het nie, maar ek weet dit: Brett het dit ywerig ontken," het Graham voortgegaan, met verwysing na Christine Blasey Ford. +"En almal wat sy noem, kon dit nie bevestig nie. +Dis 36 jaar oud. +Ek sien niks nuuts verander nie." +Wat is die Wêreldburgerfees en het dit enigiets gedoen om armoede te verminder? +Hierdie Saterdag sal New York die gasheer wees vir die Wêreldburgerfees, ’n jaarlikse musiekgeleentheid wat ’n besonder indrukwekkende groep sterre het wat optree en ’n ewe indrukwekkende doel het; die einde van armoede in die wêreld. +Die Wêreldburgerfees is nou in sy sewende jaar en gedurende die fees sal tienduisende mense na Central Park se Great Lawn stroom om nie net optredes deur Janet Jackson, Cardi B en Shawn Mendes te geniet nie, maar ook om bewustheid te skep vir die geleentheid se ware doel om uiterste armoede teen 2030 te beëindig. +Die Wêreldburgerfees, wat in 2012 begin het, is ’n uitbreiding van die Wêreldarmoedeprojek, ’n internasionale voorspraakgroep wat hoop om armoede te beëindig deur die getal mense wat aktief daarteen stry, te vermeerder. +Om ’n gratis kaartjie na die geleentheid te kry (tensy jy bereid is om vir ’n BBP-kaartjie te betaal), moes konsertgangers ’n reeks take, of "aksies", uitvoer, soos om vrywilligerswerk te doen, ’n e-pos aan ’n wêreldleier te stuur, ’n telefoonoproep te maak of enige ander betekenisvolle manier om bewustheid te skep van hulle doelwit om armoede te beëindig. +Maar net hoe suksesvol was Wêreldburger met 12 jaar wat oorbly om sy doel te bereik? +Is die idee om mense met ’n gratis konsert te beloon, ’n goeie manier om mense te oortuig om ’n oproep tot optrede te eis, of is dit net nog ’n geval van sogenoemde "kliktivisime" - mense wat voel dat hulle ’n ware verskil maak deur ’n aanlyn petisie te onderteken of ’n twiet te stuur? +Sedert 2011 sê Wêreldburger dat dit meer as 19 miljoen "aksies" van sy ondersteuners opgeteken het, wat ’n menigte verskillende doelwitte ondersteun. +Dit sê dat hierdie aksies gehelp het om wêreldleiers aan te spoor om verbintenisse en beleide aan te kondig wat gelyk is aan meer as $37 miljard wat potensieel die lewe van meer as 2,25 miljard mense teen 2030 sal raak. +In vroeg 2018 het die groep 390 verbintenisse en aankondigings gemeld wat voortgespruit het uit sy optredes, waarvan ten minste $10 miljard reeds uitbetaal of ingesamel is. +Die groep skat dat die bevestigde geld tot dusver ’n direkte impak gehad het op byna 649 miljoen mense regoor die wêreld. +Party van die belangrikste verbintenisse sluit die Power of Nutrition in, ’n VK-gebaseerde vennootskap van beleggers en implementeerders wat daartoe verbind is om "kinders te help om hulle volle potensiaal te bereik", en belowe om $35 miljoen vir Rwanda te gee om wanvoeding in die land te help beëindig nadat hulle meer as 4 700 twiets van Wêreldburgers gekry het. +"Met ondersteuning van die regering van die VK, skenkers, nasionale regerings en Wêreldburgers net soos julle, kan ons die maatskaplike ongeregtigheid van ondervoeding ’n voetnoot in die geskiedenis laat word," het die Power of Nutrition-ambassadeur Tracey Ullman in April 2018 gedurende ’n konsert in Londen vir die skare gesê. +Die groep het ook gesê dat, ná meer as 5 000 aksies wat gedoen is om die VK te nader om voeding vir moeders en kinders te verbeter, die regering befondsing aangekondig het vir ’n projek, die Power of Nutrition, wat 5 miljoen vroue en kinders met voedingsingrypings sal bereik. +In reaksie op een van die algemene vrae op sy webwerf wat vra "wat laat jou dink dat ons uiterste armoede kan beëindig?" +het Wêreldburger geantwoord: "Dit sal ’n lang en harde pad wees - soms sal ons val en misluk. +Maar, soos die groot burgerregte- en anti-apartheidsbewegings voor ons, sal ons suksesvol wees, omdat ons saam meer krag het. +Janet Jackson, the Weeknd, Shawn Mendes, Cardi B, Janelle Monáe is onder die kunstenaars wat by hierdie jaar se geleentheid in New York optree, wat aangebied sal word deur Deborra-Lee Furness en Hugh Jackman. +VSA kan vloot gebruik vir "blokkade" om uitvoer van Russiese energie te keer - minister van binnelandse sake +"Indien nodig" kan Washington hom op sy vloot verlaat om te keer dat Russiese energie in die mark beland, insluitende in die Midde-Ooste, het die VSA se minister van binnelandse sake Ryan Zinke geopenbaar, soos aangehaal deur die Washington Examiner. +Zinke het beweer Rusland se betrokkenheid in Sirië - in die besonder waar dit op uitnodiging van die wettige regering werk - is ’n voorwendsel om nuwe energiemarkte te ondersoek. +"Ek glo die rede waarom hulle in die Midde-Ooste is, is omdat hulle as makelaars wil optree vir energie net soos in Oos-Europa, die suide van Europa," het hy na bewering gesê. +En, volgens ’n beampte, is daar weë en middele om dit aan te pak. +"Die Verenigde State het die vermoë, met ons Vloot, om te verseker dat die seeweë oop is, en indien nodig, om te blokkeer, om seker te maak hulle energie nie op die mark beland nie," het hy gesê. +Zinke het die bywoners van ’n geleentheid toegespreek wat aangebied is deur die Consumer Energy Alliance, ’n groep sonder winsbejag wat hulself beskou as die "stem van die energieverbruiker" in die VSA. +Hy het verder gegaan om Washington se benaderings tot die hantering van Rusland en Iran te vergelyk en het opgemerk dat dit prakties dieselfde is. +"Die ekonomiese opsie op Iran en Rusland is, min of meer, om brandstof te finansier en te vervang," het hy gesê terwyl hy na Rusland verwys het as ’n "enkeltalent" met ’n ekonomie wat van fossielbrandstof afhanklik is. +Die uitsprake kom aangesien Trump-administrasie op ’n missie was om die uitvoer van hulle vloeibare natuurlike gas na Europa ’n hupstoot te gee om Rusland, by verre die goedkoper opsie vir Europese verbruikers, te vervang. +Om daardie rede het die Trump-administrasie se beamptes, insluitend Amerika se president Donald Trump self, probeer om Duitsland te oorreed om uit die "onvanpaste" Nord Stream 2-pyplynprojek te onttrek, wat volgens Trump Berlyn Moskou se "gevangene" maak. +Moskou het herhaaldelik beklemtoon dat die $11 miljard Nord Stream 2-pyplyn, wat die bestaande pyplynkapasiteit tot 110 miljard kubieke meter sal verdubbel, ’n suiwer ekonomiese projek is. +Die Kremlin redeneer dat Washington se vurige opposisie van die projek bloot deur ekonomiese redes gedryf word en ’n voorbeeld van onregverdige kompetisie is. +"Ek glo dat ons die siening deel dat energie nie ’n middel kan wees om druk uit te voer nie en dat verbruikers hulle verskaffers moet kan kies," het Russiese Minister van Energie, Aleksandr Novak, gesê na ’n vergadering met Amerika se Sekretaris van Energie, Rick Perry, in Moskou in September. +Die VSA se siening het teenreaksie van Duitsland uitgelok, wat hul verbintenis tot die projek herbevestig het. +Duitsland se vooraanstaande organisasie vir industrie, die Federasie van Duitse Industrieë (BDI) het hulle op die VSA beroep om weg te bly van die EU-energiebeleid en die bilaterale ooreenkomste tussen Berlyn en Moskou. +"Ek het ’n groot probleem wanneer ’n derde staat inmeng met ons energievoorraad," het Dieter Kempf, hoof van die Federasie van Duitse Industrieë (BDI), gesê na ’n onlangse vergadering met Duitse Kanselier Angela Merkel en Russiese President Vladimir Putin. +Elizabeth Warren sal dit "ernstig oorweeg" om in 2020 as president te staan, het die senator van Massachusetts gesê +Massachusetts se senator, Elizabeth Warren, het Saterdag gesê sy sal dit "ernstig oorweeg" om as president te staan na die middeltermyn-verkiesings. +Tydens ’n dorpsvergadering in Holyoke, Massachusetts het Warren bevestig dat sy dit sal oorweeg om te staan. +"Dit is tyd vir vroue om Washington toe te gaan en ons stukkende regering reg te stel en dit sluit ’n vrou op die hoogste sport in," het sy volgens The Hill gesê. +"Na 6 November sal ek dit ernstig oorweeg om vir president te staan." +Warren het haar mening oor president Donald Trump gelug gedurende die dorpsvergadering en gesê hy "neem die land in die verkeerde rigting. +"Ek is tot in my binneste bekommerd oor wat Donald Trump aan ons demokrasie doen," het sy gesê. +Warren was baie uitgesproke in haar kritiek van Trump en sy nominasie van Brett Kavanaugh vir die Hooggeregshof. +In ’n twiet Vrydag, het Warren gesê "natuurlik het ons ’n FBI-ondersoek nodig voor ons stem." +’n Opname wat Donderdag vrygestel is, het getoon dat ’n meerderheid van Warren se eie kiesers nie dink dat sy in 2020 moet staan nie. +Agt-en-vyftig persent van "waarskynlike" Massachusetts-kiesers het gesê die senator moenie staan nie, volgens die Suffolk Universiteit Politieke Navorsingsentrum/Boston Globe-opname. +Twee-en-dertig persent het die idee ondersteun dat sy moet staan. +Die opname het meer ondersteuning gewys vir die idee dat voormalige goewerneur Deval Patrick moet staan, met 38 persent wat die idee dat hy potensieel moet staan ondersteun het en 48 teen dit. +Ander hoëprofiel- Demokratiese name wat bespreek is om moontlik in 2020 te staan, sluit in voormalige vise-president Joe Biden en Vermont se senator Bernie Sanders. +Biden het gesê hy sal amptelik in Januarie besluit, het die Associated Press berig. +Sarah Palin noem Track Palin se PTSV by Donald Trump-byeenkoms +Track Palin, 26, het ’n jaar in Irak deurgebring nadat hy in September aangesluit het +Hy is Maandagaand in hegtenis geneem en aangekla van ’n voorval van huishoudelike geweld +"Wat my eie seun deurgaan, wat hy deurgaan sedert hy teruggekom het, ek het simpatie met ander gesinne wat die gevolge van PTSV aanvoel en die verwonding waarmee ons soldate terugkeer," het sy vir ’n gehoor gesê tydens ’n byeenkoms vir Donald Trump in Tulsa, Oklahoma. +Palin het sy arrestasie "die olifant in die vertrek" genoem en van haar seun en ander oorlogsveterane gesê, "hulle kom ’n bietjie anders terug, hulle kom gehard terug, hulle kom terug en wonder of daar die respek is vir wat hulle en hulle medesoldate en lugmaglede en elke ander lid van die leër vir die land gegee het." +Hy is Maandag in Wasilla, Alaska, in hegtenis geneem en aangekla van huishoudelike geweld, aanranding van ’n vrou, inmenging met ’n klagte van huishoudelike geweld en besit van ’n vuurwapen terwyl hy onder die invloed was, volgens Dan Bennett, ’n woordvoerder vir die Wasilla Polisiestasie. +18 state, D.C. ondersteun uitdaging van nuwe asielbeleid +Agtien state en die Distrik Columbia ondersteun ’n regsuitdaging van ’n nuwe VS-beleid wat asiel weier aan slagoffers wat vlug van bende- of huishoudelike geweld. +Verteenwoordigers van die 18 state en die distrik het ’n vriend-van-die-hof-regsopdrag Vrydag in Washington ingedien om ’n asielsoeker te ondersteun en die beleid uit te daag, het NBC News berig. +Die volle naam van die eiser in die Grace v. Sessions-geding wat die American Civil Liberties Union in Augustus teen die federale beleid ingedien het, is nie openbaar gemaak nie. +Sy sê haar maat "en sy gewelddadige bendelidseuns," het haar mishandel, maar Amerikaanse amptenare het haar versoek om asiel op 20 Julie geweier. +Sy is in Texas aangehou. +Die staatsprokureurs wat Grace ondersteun, het El Salvador, Honduras en Guatemala, wat ’n groot aantal aansoekers vir VS-asiel produseer, beskryf as nasies wat diepgaande probleme met bendes en huishoudelike geweld in die gesig staar. +Die nuwe VS-asielbeleid het in 2014 ’n besluit deur die Board of Immigrant Appeals (Raad van Immigrante-appèlle) omgekeer wat immigrante sonder die nodige dokumente wat van huishoudelike geweld gevlug het, toegelaat het om aansoek te doen om asiel. +Distrik Columbia se prokureur-generaal Karl Racine het Vrydag in ’n verklaring gesê dat die nuwe beleid "dekades se staats-, federale en internasionale wette ignoreer." +"Federale wette vereis dat alle asielaansoeke beslis sal word op die spesifieke feite en omstandighede van die eis, en sodanige advokatuur skend daardie beleid," het die vriend-van-die-hof-regsopdrag gesê. +Prokureurs het verder in die regsopdrag aangevoer dat die beleid wat immigrante toegang weier, die VS-ekonomie skaad en sê dit is meer waarskynlik dat hulle entrepreneurs sal word en "nodige arbeid sal verskaf." +Prokureur-generaal Jeff Sessions het in Junie immigrasieregters opdrag gegee om nie meer asiel toe te staan aan slagoffers wat vlug weens huishoudelike en bendegeweld nie. +"Asiel is beskikbaar aan diegene wat hulle geboorteland verlaat as gevolg van vervolging of vrees weens ras, godsdiens, nasionaliteit of lidmaatskap aan ’n spesifieke sosiale groep of politieke mening," het Sessions in sy aankondiging van die beleid op 11 Junie gesê. +Asiel was nooit bedoel om alle probleme te verlig – selfs nie alle ernstige probleme – wat mense elke dag regoor die wêreld in die gesig staar nie. +Wanhopige reddingspogings in Palu terwyl dodetal verdubbel in wedloop om oorlewendes te vind +Vir oorlewendes, is die situasie toenemend nypend. +"Dit voel baie gespanne," het 35-jarige ma Risa Kusuma gesê terwyl sy haar koorsige babaseun troos by ’n ontruimingsentrum in die vernielde stad Palu. +"Elke minuut bring ’n ambulans liggame. +Skoon water is skaars." +Inwoners is gesien waar hulle terugkeer na hulle verwoeste huise, deur deurdrenkte besittings soek, enigiets probeer red wat hulle kan vind. +Honderde mense is beseer en hospitale, beskadig deur die 7,5-omvang skudding, is oorweldig. +Van die beseerdes, insluitend Dwi Haris, wat ’n gebreekte rug en skouer opgedoen het, rus buite Palu se weermaghospitaal waar pasiënte buite behandel word weens voortdurende sterk naskokke. +Trane vul sy oë terwyl hy vertel van die gewelddadige aardbewing wat die vyfde-verdieping hotelkamer geskud het wat hy met sy vrou en dogter gedeel het. +"Daar was nie tyd om onsself te red nie. +Ek is in die mure se puin ingedruk, dink ek," het Haris vir Associated Press gesê en bygevoeg dat hy en sy gesin in die stad was vir ’n troue. +"Ek het my vrou om hulp hoor roep, maar toe stilte. +Ek weet nie wat met haar en my kind gebeur het nie. +Ek hoop hulle is veilig." +VS-ambassadeur beskuldig China van 'afknouery' met 'propaganda-advertensie' +’n Week nadat ’n amptelike Chinese koerant ’n vier-bladsy advertensie in ’n Amerikaanse dagblad gepubliseer het wat die wedersydse voordele van V.S-China-handel aanprys, het die VS-ambassadeur vir China Beijing daarvan beskuldig dat die Amerikaanse pers gebruik is om propaganda te versprei. +VS- President Donald Trump het verlede Woensdag verwys na die China Daily se betaalde insetsel in die Des Moines Register – die staat Iowa se koerant met die meeste verkope – nadat hy China daarvan beskuldig het dat hulle by die VS-kongresverkiesings van 6 November ingemeng het, ’n klag wat China ontken. +Trump se beskuldiging dat Beijing in die VS-verkiesings probeer inmeng, het gemerk wat VS-amptenare vir Reuters gesê het, ’n nuwe fase in ’n toenemende veldtog deur Washington is om druk op China te plaas. +Terwyl dit normaal is vir buitelandse regerings om advertensies te plaas om handel te bevorder, is Beijing en Washington tans vasgevang in ’n eskalerende handelsoorlog wat daartoe gelei het dat hulle tariewerondtes op mekaar se invoere gelyk gemaak het. +China se vergeldingstariewe vroeg in die handelsoorlog het ten doel gehad om uitvoerders in state soos Iowa te slaan wat Trump se Republikeinse Party ondersteun het, het Chinese en VS-kenners gesê. +Terry Branstad, die VS-ambassadeur vir China en die voormalige goewerneur van Iowa vir ’n lang tyd, ’n groot uitvoerder van landbougoedere aan China, het gesê Beijing het Amerikaanse werkers, boere en ondernemings seergemaak. +China, het Branstad in ’n opiniestuk in Sondag se Des Moines Register geskryf, "vererger nou die afknouery deur propaganda-advertensies in ons eie vrye pers te publiseer." +"Deur die verspreiding van hulle propaganda, gryp die Chinese regering Amerika se gekoesterde tradisie van vrye spraak en ’n vrye pers aan deur ’n betaalde advertensie in die Des Moines Register te plaas, het Branstad geskryf. +"In kontras daarmee sal ’n mens by die koerantkiosk in die straat hier in Beijing baie beperkte afwykende stemme vind en nie enige ware weerspieëling sien van die uiteenlopende opinies wat die Chinese mense oor China se kommerwekkende ekonomiese trajek het nie, gegee dat media onder die ferm duim van die Chinese Kommunistiese Party is," het hy geskryf. +Hy het bygevoeg dat "een van China se mees prominente koerante weggeskram het van die aanbod om sy artikel te publiseer", alhoewel hy nie gesê het watter koerant nie. +Republikeine vervreem vrouekiesers voor tussenverkiesings met Kavanaugh-debakel, waarsku ontleders +Terwyl talle top-Republikeine by Hooggeregshof-genomineerde Brett Kavanaugh staan en hom verdedig in die aangesig van verskeie bewerings van seksuele aanranding, het ontleders gewaarsku dat hulle gedurende die komende tussenverkiesings teenreaksie sal sien, veral van vroue. +Die emosies hieroor loop geweldig hoog, en die meeste Republikeine is op rekord dat hulle reeds aandui dat hulle met die stemming wil voortgaan. +Daardie dinge kan nie omgekeer word nie," het Grant Reeher, ’n professor in politieke wetenskap by Syracuse Universiteit se Maxwell Skool vir The Hill gesê in ’n artikel wat Saterdag gepubliseer is. +Reeher het gesê hy twyfel of senator Jeff Flake (R-Arizona) se aanporring vir ’n FBI-ondersoek op die nippertjie genoeg sal wees om kwaai kiesers te paai. +"Vroue gaan nie vergeet wat gister gebeur het nie – hulle gaan dit nie môre vergeet nie en nie in November nie," het Karine Jean-Pierre, ’n senior adviseur en nasionale woordvoerder vir die progressiewe groep MoveOn Vrydag gesê, volgens die Washington, D.C.-koerant. +Vrydagoggend het betogers "November is op pad!" gedreunsing terwyl hulle in die ingangsportaal van die Senaat betoog het terwyl die Republikeine wat die Regterlike Komitee beheer gekies het om voort te gaan met Kavanaugh se benoeming ten spyte van die getuienis van dr. Christine Blasey Ford, het Mic berig. +"Demokratiese entoesiasme en motivering gaan baie hoog wees," het Stu Rothenberg, ’n onpartydige politieke ontleder, aan die nuuswerf gesê. +"Mense sê dit was reeds hoog; dis waar. +Maar dit kan hoër wees, veral onder swaaistem-vroulike kiesers in die voorstede en jonger stemmers, 18- tot 29-jariges, wat nie dikwels stem nie omdat hulle nie van die president hou nie." +Selfs voor Ford se openbare getuienis wat die besonderhede van haar aantyging van seksuele aanranding teen die Hooggeregshof-genomineerde uiteensit, het ontleders gesê ’n teenreaksie kan volg indien Republikeine voortgaan met die bevestiging. +"Dit het ’n deurmekaar gemors vir die GOP geword," het Michael Steele, voormalige voorsitter van die Republikeinse Nasionale Komitee, vroeg verlede week gesê, volgens NBC News. +"Dit gaan nie oor die komitee se stem of die finale stem en of Kavanaugh op die regbank gesit word nie, dit gaan ook oor die manier waarop die Republikeine dit hanteer het en hoe hulle haar behandel het," het Guy Cecil, direkteur van Priorities USA, ’n groep wat help om Demokrate te verkies, aan die nuuskanaal uitgewys. +Maar Amerikaners lyk effens verdeeld oor wie om te glo ná Ford en Kavanaugh se getuienisse, met effens meer wat laasgenoemde se kant kies. +’n Nuwe opname van YouGov wys dat 41 persent van respondente beslis of waarskynlik Ford se getuienis glo, terwyl 35 sê dat hulle beslis of waarskynlik vir Kavanaugh glo. +Daarbenewens het 38 persent gesê dat hulle dink Kavanaugh het waarskynlik of definitief gedurende sy getuienis gejok, terwyl net 30 persent dieselfde oor Ford gesê het. +Na Flake se aanporring ondersoek die FBI tans die aantygings wat deur Ford gemaak is, sowel as ten minste een ander klaer, Deborah Ramirez, het The Guardian berig. +Ford het verlede week onder eed voor die Senaat se Regterlike Komitee getuig dat Kavanaugh haar op 17-jarige ouderdom aangerand het terwyl hy dronk was. +Ramirez beweer dat die Hooggeregshof-genomineerde sy geslagsdele aan haar ontbloot het terwyl hulle ’n partytjie bygewoon het gedurende hulle studentejare by Yale in die 1980’s. +Die uitvinder van die wêreldwye web beplan om ’n nuwe internet te begin om Google en Facebook die stryd aan te sê +Tim Berners-Lee, die uitvinder van die wêreldwye web, loods ’n beginbesigheid wat poog om met Facebook, Amazon en Google mee te ding. +Die tegnologie-legende se jongste projek, Inrupt, is ’n maatskappy wat voortbou op Berners-Lee se oopbronplatform, Solid. +Solid laat gebruikers toe om te kies waar hulle data geberg word en watter mense toegang toegelaat word tot watter inligting. +In ’n eksklusiewe onderhoud met Fast Company, het Berners-Lee gespot dat die idee met Inrupt "wêreldoorheersing" is. +"Ons moet dit nou doen," het hy van die projek gesê. +"Dis ’n historiese oomblik." +Die toepassing gebruik Solid se tegnologie om mense toe te laat om hulle eie "persoonlike aanlyn databerging" of ’n POD te skep. +Dit kan kontaktelyste, doenlyste, kalender, musiekbiblioteek en ander persoonlike en professionele nutsmiddels bevat. +Dit is asof Google Drive, Microsoft Outlook, Slack en Spotify almal op dieselfde tyd en op een blaaier beskikbaar is. +Wat uniek is aan die persoonlike aanlyn databerging is dat dit heeltemal by die gebruiker berus wie toegang tot daardie tipe inligting kan verkry. +Die maatskappy noem dit "persoonlike bemagtiging deur data." +Die idee vir Inrupt, volgens die maatskappy se HUB John Bruce, is vir die maatskappy om hulpbronne, prosesse en toepaslike vaardighede te bring om te help om Solid vir almal beskikbaar te maak. +Die maatskappy bestaan tans uit Berners-Lee, Bruce, ’n sekuriteitsplatform wat deur IBM gekoop is, ontwikkelaars op die personeel wat gekontrakteer is om aan die projek te werk en ’n gemeenskap van vrywilliger-kodeerders. +Vanaf hierdie week kan tegnologie-ontwikkelaars van regoor die wêreld hulle eie gedesentraliseerde toepassings skep deur die nutsmiddels te gebruik wat op die Inrupt-webwerf beskikbaar is. +Berners-Lee sê hy en sy span praat nie met "Facebook en Google oor die bekendstelling van ’n algehele verandering al dan nie, waar al hulle sakemodelle oornag heeltemal omgekeer word nie. +"Ons vra nie hulle toestemming nie." +In ’n plasing op Medium wat Saterdag gepubliseer is, het Berners-Lee geskryf dat Inrupt se "missie is om kommersiële energie te verskaf sowel as ’n ekostelsel om te help om die integriteit en gehalte van die nuwe web te beskerm wat op Solid gebou is." +In 1994 het Berners-Lee die internet omskep toe hy die Wêreldwye-web-konsortium gestig het by die Massachusetts Instituut vir Tegnologie. +In die afgelope maande het Berners-Lee ’n invloedryke stem gehad in die debat oor netneutraliteit. +Selfs terwyl hy Inrupt loods, sal Berners-Lee steeds die stigter en direkteur bly van die Wêreldwye-web-konsortium, die Web Foundation en die Open Data Instituut. +"Ek is geweldig optimisties oor hierdie volgende era van die web," het Berners-Lee bygevoeg. +Bernard Vann: WW1 Victoriakruis-geestelike gevier +Die enigste geestelike van die Kerk van Engeland wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog die Victoriakruis as ’n stryder gewen het, is 100 jaar later in sy tuisdorp vereer. +Lt.kol eerwaarde Bernard Vann het die toekenning op 29 September 1918 verwerf in die aanval by Bellenglise en Lehaucourt. +Maar hy is vier dae later deur ’n skerpskutter doodgemaak en het nooit geweet dat hy die hoogste Britse militêre eer verwerf het nie. +’n Gedenksteen is Saterdag deur sy twee kleinseuns onthul by ’n parade in Rushden, Northamptonshire. +Een van sy kleinseuns, Michael Vann, het gesê dit was "briljant simbolies" dat die steen onthul word presies 100 jaar na sy oupa se bekroonde prestasie. +Volgens die London Gazette het lt.kol. Vann op 29 September 1918 sy bataljon oor die Kanaal de Saint-Quentin gelei "deur baie digte mis en onder swaar vuur vanaf die veld- en masjiengewere." +Hy het hom later na die vuurlinie gehaas en met die "grootste dapperheid" die linie vorentoe gelei voor hy man-alleen ’n veldgeweer bestorm het en drie van die afdeling uitgeklop het. +Lt.kol Vann is op 4 Oktober 1918 deur ’n Duitse skerpskutter doodgemaak – net meer as ’n maand voor die oorlog geëindig het. +Michael Vann, 72, het gesê sy oupa se optrede is "iets wat ek weet ek nooit gestand kan doen nie, maar iets wat verootmoedigend is." +Hy en sy broer dr. James Vann het ook na die parade, wat deur die Brentwood Imperial Jeugorkes gelei is, ’n krans gelê. +Michael Vann het gesê hy "voel geërd om ’n rol in die parade te kon speel" en het bygevoeg dat "die moed van ’n ware held gedemonstreer word deur die ondersteuning wat deur ’n klomp mense gegee gaan word." +MMA-ondersteuners bly heelnag wakker om Bellator 206 te kyk, maar kry Peppa Pig +Verbeel jou, jy bly heelnag wakker om die volgepakte Bellator 206 te kyk, net om nie die hoofgebeurtenis te kan kyk nie. +Die program van San Jose het 13 gevegte bevat, insluitend ses op die hoofprogram wat regstreeks deur die nag in die VK op Kanaal 5 uitgesaai sou word. +Om 6 vm., net toe Gegard Mousasi en Rory MacDonald op pad was om mekaar die stryd aan te sê, is kykers in die VK stomgeslaan gelaat toe die dekking verander het na Peppa Pig. +Sommige was onbeïndruk nadat hulle spesiaal vir die geveg tot in die vroeë ure wakker gebly het. +Een ondersteuner het op Twitter die oorskakeling na die kindertekenprent beskryf as "een of ander siek grap." +"Dit is regeringsreglement dat die inhoud om 6 nm. nie geskik was nie en daarom moes hulle oorskakel na kinderprogramme," het Dave Schwartz, Bellator senior vise-president van bemarking en kommunikasie, gesê toe hy uitgevra is oor die uitsending. +""Peppa the pig," ja." +Bellator-maatskappy se president Scott Coker het gesê hulle sal aan hulle skedulering werk om in die toekoms VK-kykers in te sluit. +"Ek dink dat wanneer ek aan die heruitsending dink, dink ek ons kan waarskynlik iets uitwerk," het Coker gesê. +"Maar dis sesuur in die oggend op ’n Sondag daar en ons sal dit nie kan uitsorteer tot Sondag ons tyd, Maandag hulle tyd nie. +Maar ons werk daaraan. +Glo my, toe dit oorgeskakel het, was daar baie SMS’e wat heen en weer gestuur is en dit was nie almal vriendelik nie. +Ons het dit probeer regstel, ons het gedink dit was ’n tegniese fout. +Maar dit was nie, dit was ’n regeringskwessie. +Ek kan jou belowe dat dit nie volgende keer gaan gebeur nie. +Ons sal dit beperk tot vyf gevegte in plaas van ses – soos ons normaalweg maak – en ons het meer vir ons aanhangers probeer bied en net oor ons tyd gegaan. +Dit is ’n ongelukkige situasie." +Desert Island Discs: Tom Daley het 'minderwaardig' gevoel oor seksualiteit +Olimpiese duiker Tom Daley sê dat hy grootgeword het met ’n minderwaardigheidsgevoel oor sy seksualiteit – maar dit het hom die motivering gegee om ’n sukses te wees. +Die 24-jarige het gesê hy het nie voor hy hoërskool toe gegaan het besef dat "nie almal soos ek is nie." +Toe hy gepraat het op die eerste Radio 4 Desert Island Discs wat deur Lauren Laverne aangebied is, het hy gesê hy het sy gevoelens gelug oor gay-regte om ander "hoop" te gee. +Hy het ook gesê dat om ’n ouer te geword het, hom minder laat omgee het oor om by die Olimpiese Spele te wen. +Die gereelde aanbieder van die jare lange program, Kirsty Young, het ’n paar maande afgevat weens siekte. +Toe hy as ’n verworpeling verskyn het op Laverne se eerste program, het Daley gesê hy het "minder" as almal anders gevoel toe hy grootgeword het, want "dit was nie sosiaal aanvaarbaar om van seuns en meisies te hou nie." +Hy het gesê: "Tot vandag toe is daardie gevoelens van minder voel as, en anders voel, die ware dinge wat my die krag en energie gegee het om sukses te behaal." +Hy wou bewys dat hy "iets" is, het hy gesê, sodat hy niemand teleurstel wanneer hulle uiteindelik sou uitvind oor sy seksualiteit nie. +Die dubbele Olimpiese bronsmedaljewenner het ’n hoëprofiel-LGBT-stryder geword en het sy verskyning by vanjaar se Statebondspele in Australië gebruik om ’n beroep op meer lande te doen om homoseksualiteit te dekriminaliseer. +Hy sê hy het sy gevoelens gelug omdat hy so gelukkig is om openlik te kan leef sonder gevolge en ander "hoop" wil gee. +Die driemalige wêreldkampioen het gesê dat om verlief te raak op ’n man – VS filmmaker Dustin Lance Black, wat hy in 2013 ontmoet het – "het hom onkant gevang." +Daley is verlede jaar getroud met die Oscar-wenner, wat 20 jaar ouer as hy is, maar sê die ouderdomsverskil was nog nooit ’n kwessie nie. +"Wanneer jy op so ’n jong ouderdom soveel deurmaak" – hy het op 14-jarige ouderdom na sy eerste Olimpiese Spele gegaan en sy pa is drie jaar later oorlede aan kanker – hy het gesê dit was moeilik om iemand van dieselfde ouderdom te vind wat soortgelyke hoogte- en laagtepunte beleef het. +Die paartjie het in Junie ouers geword van ’n seun genaamd Robert Ray Black-Daley, en Daley sê sy "hele perspektief" het verander. +"As jy my verlede jaar gevra het, het alles gegaan oor 'Ek moet ’n goue medalje wen'," het hy gesê. +"Maar weet jy, daar is groter dinge as Olimpiese goue medaljes. +My Olimpiese goue medalje is Robbie." +Sy seun het dieselfde naam as sy pa Robert wat in 2011 op 40-jarige ouderdom oorlede is nadat hy met breinkanker gediagnoseer is. +Daley sê sy pa het nie aanvaar dat hy gaan doodgaan nie en een van die laaste goed wat hy gevra het was of hulle al kaartjies het vir Londen 2012 – want hy wou in die voorste ry wees. +"Ek kon nie vir hom sê 'jy gaan nie hier wees om in die voorste ry te wees nie, Pa'," het hy gesê. +"Ek het sy hand vasgehou toe hy ophou asemhaal het en dit was eers nadat hy ophou asemhaal het en dood was dat ek uiteindelik erken het dat hy nie onoorwinlik was nie," het hy gesê. +Die volgende jaar het Daley aan die 2012 Olimpiese Spele deelgeneem en brons gewen. +"Ek het net geweet dat dit is wat ek my lewe lank oor gedroom het – om voor my tuisskare te duik by ’n Olimpiese Spele, daar was geen beter gevoel nie," het hy gesê. +Dit het ook sy eerste liedjiekeuse geïnspireer – Proud deur Heather Small – wat ook met hom geresoneer het in die opbou na die Olimpiese Spele en steeds vir hom hoendervleis gee. +Desert Island Discs is op BBC Radio 4 op Sondag om 11:15 BST. +Mickelson nie op dreef nie en onttrek aan Saterdag se Ryderbeker +Amerikaner Phil Mickelson sal Sondag ’n rekord opstel wanneer hy sy 47ste Ryder-bekerwedstryd speel, maar hy sal sy vorm moet regkry om te keer dat dit ’n ongelukkige mylpaal is. +Mickelson, wat vir ’n rekord- 12de keer in die tweejaarlikse gebeurtenis speel, is deur kaptein Jim Furyk vir Saterdag se vierbalspele en viertalle aan die spel onttrek. +In plaas daarvan om die middelpunt van die aksie te wees, soos hy al dikwels vir die Verenigde State was, sal die vyfmalige Major-wenner sy dag daartussen verdeel om rasieleier te wees en op die oefenbof aan sy spel werk in die hoop om reg te stel wat skeel. +Selfs op die hoogtepunt van sy loopbaan was hy nooit die reguitste drywer nie en daarom is die 48-jarige nie die ideale persoon vir die smal Le Golf National-baan waar die lang ruveld altyd die dwalende houe straf nie. +En asof die baan op sy eie nie uitdagend genoeg is nie, kom Mickelson Sondag in sy negende wedstryd te staan teen die akkurate Britse Ope-kampioen Francesco Molinari, wat saamgespan het met nuweling Tommy Fleetwood om al vier hulle wedstryde hierdie week te wen. +As die Amerikaners, wat vier punte agter is, die 12 enkelspelwedstryde goed begin, kan Mickelson se wedstryd absoluut noodsaaklik wees. +Furyk het sy vertroue in sy man uitgespreek, nie dat hy veel anders kon sê nie. +"Hy het sy rol wat hy vandag gehad het ten volle verstaan, vir my ’n klop op die rug gegee en sy arm om my gesit en gesê hy sal môre reg wees," het Furyk gesê. +"Hy het baie vertroue in homself. +Hy is in die Heldesaal en hy het in die verlede en hierdie week soveel tot hierdie spanne bygedra. +Ek het my waarskynlik nie ingedink dat hy twee wedstryde sal speel nie. +Ek het meer in die vooruitsig gestel, maar dit is hoe dinge uitgewerk het en dis wat ons gedink het ons moet doen. +Hy wil daar op die baan wees, net soos enigiemand anders." +Mickelson sal Sondag Nick Faldo se rekord oortref vir die speler wat die meeste Ryderbekerwedstryde gespeel het. +Dit kan die einde merk van ’n Ryderbekerloopbaan wat nooit werklik ooreengestem het met die hoogtepunte van sy individuele prestasies nie. +Mickelson het 18 wenne, 20 nederlae en sewe halwes, alhoewel Furyk gesê het dat sy teenwoordigheid ontasbare aspekte tot die span bygedra het. +"Hy is snaaks, hy is sarkasties, gevat, hou daarvan om die gek te skeer, en hy is ’n wonderlike ou om in die spankamer te hê," het hy verduidelik. +"Ek dink die jonger spelers het dit ook geniet om met hom gek te skeer, wat pret was om te sien. +Hy bied soveel meer as net spel." +Europa-kaptein Thomas Bjorn weet groot voorsprong kan gou verdwyn +Thomas Bjorn, die Europese kaptein, weet uit ervaring dat ’n aansienlike voorsprong voor die laaste dag se enkelspel in die Ryderbeker maklik in ’n ongemaklike ervaring kan verander. +Die Deen het sy debuut gemaak in die 1997-wedstryd by Valderrama, waar die span onder die leiding van Seve Ballesteros, ’n vyf-punt voorsprong gehad het, maar net naelskraap gewen het met 14½-13½. +"’n Mens hou aan om jouself daaraan te herinner dat ons ’n groot voorsprong by Valderrama gehad het; ons het ’n groot voorsprong by Brookline gehad, waar ons verloor het, en by Valderrama, waar ons naelskraap gewen het," het Bjorn gesê, op die foto, nadat hy gekyk het hoe die Klas van 2018 Vrydag 5-3 gewen het en gister 10-6 voor was by Le Golf National. +So, die geskiedenis sal my en almal op die span wys dat dit nie verby is nie. +Jy gaan môre volspoed. +Gaan uit en doen al die regte dinge. +Dit is nie verby totdat jy die punte op die bord het nie. +Ons het ’n doel, en dit is om die trofee te probeer wen, en dit is waar die fokus bly. +Ek sê nog heeltyd, ek fokus op die 12 spelers wat in ons span is, maar ons is ook goed bewus van wie aan die ander kant staan – die beste spelers in die wêreld." +Verheug oor hoe sy spelers op die moeilike gholfbaan gevaar het, voeg Bjorn by: "Ek sal nooit hiermee dinge vooruitloop nie. +Môre is ’n perd van ’n ander kleur. +Môre is dit die individuele deelname wat aan die beurt kom, en dit is ’n perd van ’n ander kleur. +Dit is wonderlik om daar buite te wees saam met ’n maat wanneer dinge goed gaan, maar wanneer jy individueel daar is, word jy getoets tot jou volle kapasiteit as ’n gholfspeler. +Dit is die boodskap wat jy aan spelers moet oordra, put die beste uit jouself môre. +Nou laat jy jou maat agter en hy moet ook die beste uit homself put." +In teenstelling met Bjorn, sal sy eweknie Jim Furyk wil hê dat sy spelers beter individueel sal vaar as wat hulle as spelmaats gedoen het, met die uitsondering van Jordan Spieth en Justin Thomas, wat drie punte uit vier gekry het. +Furyk self was al aan albei kante van daardie groot laaste-dag ommekere, waar hy deel was van die wenspan by Brookline voor hy as verloorder geëindig het toe Europa die "wonderwerk van Medinah" behaal het. +"Ek onthou elke verdekselse woord daarvan," het hy gesê in antwoord toe hy gevra is hoe Ben Crenshaw, die kaptein in 1999 sy spelers moed ingepraat het op pad na daardie laaste dag. +"Ons het môre 12 belangrike wedstryde, maar ’n mens wil graag goed begin, soos daar by Brookline gesien is, soos daar by Medinah gesien is. +Wanneer daardie momentum in een rigting begin gaan, plaas dit baie spanning op daardie middelste wedstryde. +Ons het ons span daarvolgens opgestel en het die manne ingedeel wat ons gevoel het, jy weet, vir ons môre iets magies sal bring." +Thomas het die taak gekry om die teenaanval te probeer lei en kom in die hoofwedstryd te staan teen Rory McIlroy, met Paul Casey, Justin Rose, Jon Rahm, Tommy Fleetwood en Ian Poulter wat die ander Europeërs in die boonste helfte van die indeling is. +"Ek het hierdie groep ouens in hierdie volgorde gekies, want ek dink dit dek dit tot aan die einde," het Bjorn oor sy enkelspelkeuses gesê. +Duitsland se nuwe oorlogskip weer uitgestel +Die Duitse weermag se nuutste fregat sou in 2014 in diens gestel geword het om die ou oorlogskepe uit die Koue Oorlog-era te vervang, maar dit sal nie tot ten minste volgende jaar daar wees nie, weens foutiewe stelsels en groeiende koste, berig plaaslike media. +Die ingebruikneming van die "Rheinland-Pfalz", die hoofskip van die splinternuwe Baden-Wuerttemberg-klas fregatte is nou uitgestel tot die eerste helfte van 2019, volgens Die Zeit-koerant wat ’n militêre woordvoerder aanhaal. +Hierdie vaartuig moes in 2014 by die Vloot aangesluit het, maar die kwellende post-afleweringskwessies het hierdie ambisieuse projek se lot geteister. +Die vier Baden-Wuerttemberg-klas vaartuie wat die Vloot in 2007 bestel het, sal die verouderende Bremen-klas fregatte vervang. +Daar word verstaan dat hulle ’n kragtige kanon sal hê, ’n slagorde lugafweer- en anti-skipmissiele sowel as etlike geheime tegnologieë soos verminderde radar, infrarooi en akoestiese handtekeninge. +Ander belangrike kenmerke sluit langer onderhoudtydperke in – dit behoort moontlik te wees om die nuutste fregatte te ontplooi vir tot twee jaar weg van tuishawens. +Maar voortdurende vertragings beteken dat die gevorderde oorlogskepe – wat klaarblyklik Duitsland in staat sal stel om krag oorsee te projekteer – reeds verouderd sal word teen die tyd wat hulle in diens tree, noem Die Zeit. +Die rampspoedige F125-fregat het verlede jaar opslae gemaak toe die Duitse Vloot amptelik geweier het om die vaartuig in diens te stel en dit teruggestuur het na Blohm & Voss-skeepswerf in Hamburg. +Dit is die eerste keer wat die Vloot ’n skip na aflewering aan ’n skeepsbouer teruggestuur het. +Min is bekend oor die redes vir die terugsending, maar Duitse media het genoem dat ’n aantal noodsaaklike "sagteware- en hardeware-defekte" die skip nutteloos maak indien dit in ’n veldtog ontplooi word. +Sagteware-defekte is veral belangrik aangesien die Baden-Wuerttemberg-klas vaartuie hanteer sal word deur ’n bemanning van omtrent 120 matrose – net die helfte van die mannekrag op ouer Bremen-klas fregatte. +Dit het ook aan die lig gekom dat die skip drasties oorgewig is, wat die werkverrigting verminder en die Vloot se vermoë verminder om toekomstige opgraderings by te voeg. +Die 7 000 ton "Rheinland-Pfalz" is vermoedelik dubbel so swaar soos skepe van soortgelyke klasse wat in die Tweede Wêreldoorlog deur die Duitsers gebruik is. +Buiten die foutiewe hardeware, het die prysetiket vir die hele projek – insluitend die oplei van die bemanning – ook ’n kwessie geraak. +Dit het klaarblyklik ’n ongelooflike €3,1 miljard ($3,6 miljard) bereik – meer as die aanvanklike €2,2 miljard. +Probleme wat die nuwe fregatte beet het, word veral belangrik in die lig van onlangse waarskuwings dat die krag van Duitsland se vloot besig is om te krimp. +Vroeër vanjaar het Hans-Peter Bartels, hoof van die Duitse parlement se verdedigingskomitee, erken dat die Vloot se "skepe wat ontplooi kan word, besig is om op te raak." +Die ampsbekleder het gesê die kwessie het met verloop van tyd vererger, want ou skepe is buite diens gestel, maar geen plaasvervangervaartuie is verskaf nie. +Hy het geweeklaag dat nie een van Baden-Wuerttemberg-klas by die Vloot kon aansluit nie. +National Trust luister na vlermuise se geheime lewe +Nuwe navorsing word uitgevoer op ’n landgoed in die Skotse Hooglande wat ten doel het om te openbaar hoe vlermuise die landskap gebruik in hulle soektog na kos. +Daar word gehoop dat die bevindinge nuwe lig sal werp op die gedrag van die unieke vlieënde soogdiere en te help om toekomstige bewaringsaktiwiteite te lei. +Die studie deur wetenskaplikes by die National Trust vir Skotland sal die gewone en sopraandwergvlermuis sowel as die bruin langoor- en Daubenton-vlermuise by Inverewe Tuine in Wester Ross volg. +Spesiale opnemers sal op belangrike liggings op die eiendom geplaas word om vlermuisaktiwiteite regdeur die seisoen na te spoor. +NHS-personeel en vrywilligers sal ook mobiele opnames doen deur hand-aanwysers te gebruik. +Ekspert-klankanalise van alle opnames sal die gereeldheid van die vlermuisroepe nagaan en bepaal watter spesies wat doen. +’n Habitatkaart en -verslag sal dan saamgestel word om ’n gedetailleerde landskap-skaalbeeld van hulle gedrag te skep. +Rob Dewar, ’n natuurbewaringsadviseur vir NTS hoop die resultate sal onthul watter areas van die habitat vir die vlermuise die belangrikste is en hoe dit deur elk van die spesies gebruik word. +Hierdie inligting sal help om die voordele van habitatsbestuurwerk soos weiveldskepping en hoe om woudlande ten beste te bestuur vir vlermuise en ander geassosieerde spesies te bepaal. +Vlermuisbevolkings in Skotland en regoor die VK het gedurende die afgelope eeu aansienlik afgeneem. +Hulle word bedreig deur bou- en ontwikkelingswerk wat slaapplek en verlies van habitat beïnvloed. +Windturbines en weerlig kan ook ’n risiko inhou, sowel as vlieëpapier en sommige chemiese behandeling van boumateriaal, sowel as aanvalle deur huiskatte. +Vlermuise is nie regtig blind nie. +Maar weens hulle nagtelike jagaktiwiteite is hulle ore nuttiger as hulle oë wanneer dit daarby kom om prooi te vang. +Hulle gebruik ’n gesofistikeerde eggo-oriëntasietegniek om goggas en hindernisse op hulle vlugroete uit te wys. +Die NTS, wat verantwoordelik is vir die sorg van meer as 270 historiese geboue, 38 belangrike tuine en 76 000 hektaar grond regoor die land, is baie ernstig oor vlermuise. +Dit het tien opgeleide kenners wat gereeld opnames en slaapplekinspeksies doen en soms reddings uitvoer. +Die organisasie het selfs Skotland se eerste en enigste toegewyde vlermuisreservaat by Threave-landgoed in Dumfries en Galloway opgerig wat die tuiste is van agt van Skotland se tien vlermuisspesies. +Landgoedbestuurder David Thompson sê die landgoed is die ideale terrein vir hulle. +"Hier by Threave het ons ’n wonderlike gebied vir vlermuise," het hy gesê. +"Ons het die ou geboue, baie veteraanbome en al die goeie habitat. +Maar daar is soveel oor vlermuise wat steeds onbekend is, daarom help die werk wat ons hier en op ander eiendomme doen ons om beter te verstaan wat hulle nodig het om te floreer." +Hy beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om vir vlermuise te soek voor instandhouding in eiendomme gedoen word omdat dit moontlik is dat onwetende vernietiging van ’n enkele kraamplek tot 400 wyfies en kleintjies se dood kan beteken en ’n hele plaaslike bevolking kan uitroei. +Vlermuise word beskerm en dit is onwettig om hulle dood te maak, te steur of te verhinder of hulle slaapplekke te vernietig. +Elisabeth Ferrell, Skotse offisier van die Bat Conservation Trust het die publiek aangemoedig om in te spring om te help. +Sy het gesê: "Ons het steeds baie om oor ons vlermuise te leer en vir baie van ons spesies weet ons nie hoe hulle bevolkings vaar nie.” +Ronaldo maak verkragting-bewerings af terwyl prokureurs voorberei om Duitse tydskrif te dagvaar +Cristiano Ronaldo het verkragting-bewerings teen hom afgemaak as "vals nuus" en gesê dat mense "hulself wil bevorder" deur sy naam te gebruik. +Sy prokureurs is gereed om Duitse nuustydskrif, Der Spiegel, te dagvaar wat die bewerings gepubliseer het. +Die Portugal- en Juventus-voorspeler is daarvan beskuldig dat hy ’n Amerikaanse vrou, genaamd Kathryn Mayorga, in 2009 in ’n Las Vegas-hotel verkrag het. +Hy het haar na bewering toe $375 000 betaal om stil te bly oor die insident, het Der Spiegel Vrydag berig. +In ’n Instagram Live-video waarin hy sy 142 miljoen volgelinge toespreek, ure na die bewerings gepubliseer is, het Ronaldo, 33, die berigte afgemaak as "vals nuus.” +"Nee, nee, nee, nee, nee. +Wat hulle vandag gesê het, vals nuus," het die vyfmalige Ballon d’Or-wenner aan die kamera gesê. +"Hulle wil hulself bevorder deur my naam te gebruik. +Dit is normaal. +Hulle wil beroemd wees om my naam te sê, maar dit is deel van die hele ding. +Ek is ’n gelukkige man en alles is reg," het die speler glimlaggend bygevoeg. +Ronaldo se prokureur is besig om gereed te maak om Der Spiegel te dagvaar oor die bewering, wat hulle, volgens Reuters, "ontoelaatbare beriggewing van verdenking op die gebied van privaatheid" genoem het. +Prokureur Christian Schertz het gesê die speler sal vergoeding eis vir "morele skadevergoeding vir enige bedrag wat ooreenstem met die erns van die skending, wat waarskynlik een van die ernstigste skendings van persoonlike regte in die afgelope jare is.” +Die beweerde insident het na bewering in Junie 2009 plaasgevind by ’n suite by die Palms Hotel en Casino in Las Vegas. +Nadat hulle by ’n nagklub ontmoet het, het Ronaldo en Mayorga na bewering na die speler se kamer gegaan, waar hy haar na glo anaal verkrag het, volgens dokumente wat ingedien is by Clark County Distrikshof in Nevada. +Mayorga beweer dat Ronaldo na die beweerde insident op sy knieë neergeval het en gesê het hy is "99 persent" ’n "goeie ou" wat in die steek gelaat is deur die "een persent." +Die dokumente beweer dat Ronaldo bevestig het dat die paartjie seks gehad het, maar dat dit konsensueel was. +Mayorga beweer ook dat sy na die polisie toe gegaan het en by die hospitaal foto’s van haar beserings laat neem het, maar later ingestem het tot ’n skikking buite die hof omdat sy "bang was vir weerwraak" en bekommerd daaroor was om "openbaar verneder" te word. +Die 34-jarige sê sy wil nou die skikking laat omkeer omdat sy steeds getraumatiseer is deur die beweerde insident. +Ronaldo was ten tyde van die beweerde aanranding op die punt om vanaf Manchester United by Real Madrid aan te sluit en het hierdie somer, in ’n €100 miljoen-ooreenkoms na die Italiaanse reuse, Juve, geskuif. +Brexit: VK sal dit 'vir ewig berou' as hul motorvervaardigers verloor +Die VK 'sal dit vir ewig berou' as hulle hul status as wêreldleier in motorvervaardiging na Brexit verloor, het Bedryfsekretaris Greg Clark gesê. +Hy het bygevoeg dat dit "kommerwekkend" is dat Toyota VK vir die BBC gesê het dat indien Brittanje die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat, dit tydelik produksie by die fabriek in Burnaston, naby Derby, sal moet staak. +"Ons benodig ’n ooreenkoms," het mnr. Clark gesê. +Die Japannese voertuigvervaardiger het gesê dat die impak van grensvertragings in die geval van ’n geen-ooreenkoms-Brexit, poste kan kos. +Die Burnaston-aanleg – wat Toyota se Auris en Avensis vervaardig – het verlede jaar amper 150 000 motors vervaardig waarvan 90% uitgevoer is na die res van die Europese Unie. +"My siening is dat indien Brittanje einde Maart die EU verlaat, ons sal sien hoe produksie in ons fabriek gestaak word," het Marvin Cooke, Toyota se besturende direkteur by Burnaston gesê. +Ander VK-motorvervaardigers, insluitend Honda, BMW en Jaguar Land Rover het vrese gelug oor om die EU sonder ’n ooreenkoms te verlaat en hoe oorgrenshandel sal funksioneer. +BMW het byvoorbeeld gesê dat hulle hul Mini-aanleg in Oxford vir ’n maand na Brexit sal sluit. +Die hoofbekommernisse hou verband met wat motorvervaardigers sê aanvoerkettingrisiko’s is in die geval van ’n Brexit sonder ’n ooreenkoms. +Toyota se produksielyn loop op ’n "net betyds"-basis, met onderdele wat elke 37 minute arriveer vanaf verskaffers in sowel die VK en die EU vir motors wat op bestelling gemaak word. +Indien die VK op 29 Maart die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat, kan daar ontwrigting op die grens wees wat die bedryf sê kan lei tot vertragings en tekorte aan onderdele. +Dit sal vir Toyota onmoontlik wees om meer as ’n dag se voorraad by die Derbyshire-aanleg aan te hou, het die maatskappy gesê, en daarom sal produksie gestaak word. +Mnr. Clark sê Theresa May se Chequers-plan vir toekomstige verhoudinge met die EU is "presies gekalibreer om daardie kontrolerings by die grens te vermy." +"Ons het ’n ooreenkoms nodig. Ons wil die beste ooreenkoms hê wat, soos ek sê, sal toelaat om nie net die huidige sukses te geniet nie, maar vir ons om hierdie geleentheid aan te gryp," het hy vir BBC Radio 4 se Today-program gesê. +"Die aanduidings van nie net Toyota nie, maar ook ander vervaardigers, is dat ons absoluut nodig het om voort te gaan met wat ’n uiters suksesvolle stel aanvoerkettings was.” +Toyota kon nie sê hoe lank produksie gestaak sal word nie, maar het gewaarsku dat toegevoegde koste op die lang termyn die aanleg se mededingendheid kan verminder en uiteindelik poste kan kos. +Peter Tsouvallaris, wat al vir 24 jaar by Burnaston werk en die Unite-unie se sameroeper op die aanleg is, sê sy lede is toenemend besorg: "In my ervaring, wanneer hierdie poste verdwyn, kom dit nooit weer terug nie. +’n Regeringswoordvoerder het gesê: "Ons het ’n presiese en aanneemlike plan vir ons toekomstige verhouding met die EU voorgestel.” +Trump-ontmoeting met Rosenstein kan weer uitgestel word, sê Withuis +Donald Trump se hoërisiko-vergadering met adjunkprokureur-generaal Rod Rosenstein kan "met nog ’n week uitgestel word" terwyl die bakleiery oor genomineerde vir die hooggeregshof Brett Kavanaugh voortduur, het die Withuis Sondag gesê. +Rosenstein hou toesig oor die werk van spesiale regsadviseur Robert Mueller, wat die Russiese verkiesingsinmenging, skakels tussen Trump-helpers en Rusland en moontlike dwarsboming van die reg deur die president ondersoek. +Of Trump die adjunkprokureur-generaal gaan afdank of nie, en daardeur Mueller se onafhanklikheid gaan bedreig, het al maande lank Washington se skinderstories aangevuur. +Vroeër vandeesmaand het die New York Times berig dat Rosenstein die moontlikheid bespreek het om ’n opnemer te dra om gesprekke met Trump op te neem, sowel as die moontlikheid om die president via die 25ste amendement te verwyder. +Rosenstein het die verslag ontken. +Maar verlede Maandag het hy na die Withuis gegaan, te midde van berigte dat hy op pad was om te bedank. +In plaas daarvan is ’n vergadering met Trump, wat toe by die Verenigde Nasies in New York was, vir Donderdag afgekondig. +Trump het gesê hy sal "verkies om nie" vir Rosenstein af te dank nie, maar toe is die vergadering uitgestel om ’n botsing te vermy met die Senaat-regbank se verhoor waarin Kavanaugh en een van die vroue wat hom van seksuele wangedrag aangekla het, dr. Christine Blasey Ford, albei getuig het. +Op Vrydag het Trump ’n een-week FBI-ondersoek gelas van bewerings teen Kavanaugh en die volle Senaat-stemming verder uitgestel. +Trump se perssekretaris, Sarah Sanders, het Sondag op Fox News verskyn. +Toe sy gevra is oor die Rosenstein-vergadering het sy gesê: "’n Datum daarvoor is nog nie bepaal nie, dit kan hierdie week wees, ek kan sien dat dit met nog ’n week uitgestel word met al die ander dinge wat met die hooggeregshof aangaan. +Maar ons sal sien en ek hou altyd daarvan om die pers op hoogte te hou." +Sommige joernaliste sal met daardie stelling verskil: Sanders het nog nie ’n Withuis-persinligtingsessie gehou sedert 10 September nie. +Gasheer Chris Wallace het gevra waarom. +Sanders het gesê die skaarsheid aan inligtingsessies is nie weens ’n teensinnigheid vir TV-joernaliste wat "effekbejag" is nie, alhoewel sy gesê het: "Ek sal nie stry met die feit dat hulle effekbejag is nie." +Sy het toe te kenne gegee dat direkte kontak tussen Trump en die pers sal toeneem. +"Die president hou meer V&A-sessies as enige president voor hom," het sy gesê, en bygevoeg sonder om bewyse aan te haal: "Ons het na die getalle gekyk." +Inligtingsessies sal steeds plaasvind, het Sanders gesê, maar "as die pers die geleentheid het om direk vir die president van die Verenigde State vrae te vra, dan is dit oneindig beter as om met my te praat. +Ons probeer dit baie doen en julle het ons dit die afgelope paar weke baie sien doen en dit gaan die plek van ’n persinligtingsessie inneem wanneer jy met die president van die Verenigde State kan praat." +Trump beantwoord gereeld vrae wanneer hy die Withuis verlaat of deelneem aan oop sessies of persverklarings met besoekende waardigheidsbekleërs. +Solo-persverklarings is skaars. +In New York vandeesweek het die president dalk gedemonstreer waarom, deur ’n ongebonde en met tye, bisarre verskyning te maak voor joernaliste wat daar bymekaar was. +Sekretaris van Gesondheid skryf aan EU-werkers by NHS Skotland oor Brexit-vrese +Die Sekretaris van Gesondheid het aan EU-personeel wat in Skotland se NHS werk geskryf om die land se dankbaarheid te betoon en die wens uit te spreek dat hulle na Brexit sal aanbly. +Jeanne Freeman MSP het ’n brief gestuur met minder as ses maande oor voor die VK uit die EU onttrek. +Die Skotse Regering het hulle reeds daartoe verbind om koste te dek van afgehandelde statusaansoeke vir EU-burgers wat in die gedelegeerde openbare dienste werk. +In haar brief het me. Freeman geskryf: "Gedurende die somer het onderhandelings tussen die VK en EU oor onttrekking voortgegaan, op pad na verwagte besluite hierdie herfs. +Maar die VK-regering het ook hulle voorbereidings verskerp vir ’n moontlike geen-ooreenkoms-scenario. +Ek weet dit is vir almal van julle ’n baie verontrustende tyd. +Dit is waarom ek wil herhaal hoeveel ek elke personeellid se bydrae op die prys stel, ongeag hulle nasionaliteit. +Kollegas van regoor die EU en verder, bring waardevolle ervaring en vaardighede wat die gesondheidsdiens se werk versterk en verbeter, en waarby die pasiënte en gemeenskappe wat ons bedien baat. +Skotland is absoluut julle tuiste en ons wil baie graag h�� dat julle hier moet bly. +Christion Abercrombie ondergaan noodoperasie na hoofbesering +Tennessee State Tigers se lynspeler Christion Abercrombie het ’n noodoperasie gehad nadat hy ’n hoofbesering opgedoen het in Saterdag se 31-27 nederlaag teen die Vanderbilt Commodores, het Tennessee-span se Mike Organ berig. +Tennessee State se hoofafrigter Rod Reed het vir joernaliste vertel dat die besering kort voor rustyd plaasgevind het. +"Hy het na die kantlyn gekom en soort van net daar ineengesak," het Reed gesê. +Afrigters en mediese personeel het vir Abercrombie suurstof langs die kantlyn gegee voor hy op ’n draagbaar geplaas is en agtertoe geneem is vir verdere evaluasie. +’n Beampte van Tennessee State het vir Chris Harris van WSMV in Nashville, Tennessee gesê dat Abercrombie uit die teater is by Vanderbilt Mediese Sentrum. +Harris het bygevoeg dat daar "nog geen besonderhede oor die tipe/omvang van die besering is nie" en Tennessee probeer steeds agterkom wanneer die besering plaasgevind het. +Abercrombie, ’n akademiese tweedejaar, is in sy eerste seisoen by Tennessee State nadat hy van Illinois af geskuif het. +Hy het Saterdag vyf keer doodgevat voor hy die spel verlaat het, wat sy totaal vir die seisoen te staan bring op 18 doodvatte. +Buitelandse kopers sal hoër seëlbelasting moet betaal wanneer hulle ’n eiendom in die VK koop +Buitelandse kopers sal hoër seëlbelasting moet betaal wanneer hulle ’n eiendom in die VK koop en die ekstra kontant sal gebruik word om die haweloses te help, volgens die nuwe Tory-planne +Dié skuif sal die sukses van Corbyn se poging neutraliseer om jong kiesers te trek +Die seëlbelasting sal gehef word op diegene wat nie belasting betaal in die VK nie +Die Tesourie verwag om tot £120 miljoen per jaar in te samel – om die haweloses te help +Buitelandse kopers sal hoër seëlbelasting moet betaal wanneer hulle ’n eiendom in die VK koop – met die ekstra kontant wat gebruik sal word om die haweloses te help, sal Theresa May vandag aankondig. +Die optrede sal gesien word as ’n poging om die sukses van Jeremy Corbyn se poging om jong kiesers te trek met beloftes om meer bekostigbare behuising te verskaf en hoë verdieners te teiken, te neutraliseer. +Die seëlbelastingverhoging sal gehef word op individue en firmas wat nie in die VK belasting betaal nie, met die ekstra geld wat die regering se planne sal aanhelp om haweloosheid teen te werk. +Die bybelasting – wat buiten die huidige seëlbelasting is, insluitend die hoër vlakke wat twee jaar gelede ingestel is op tweede huise en huise wat gekoop is om te verhuur – kan tot soveel as drie persent wees. +Die Tesourie verwag dat dié skuif tot £120 miljoen per jaar kan inbring. +’n Geskatte 13 persent van nuutgeboude Londen-eiendomme word deur nie-VK-burgers gekoop wat die pryse opstoot en dit moeiliker maak vir eerste kopers om ’n voet in die behuisingsdeur te kry. +Baie welgestelde areas van die land – veral in die hoofstad – het "spookdorpe" geword as gevolg van die groot aantal buitelandse kopers wat die meeste van hulle tyd buite die land deurbring. +Die nuwe beleid kom net weke nadat Boris Johnson gevra het vir ’n verlaging in seëlbelasting om meer jong mense te help om hulle eerste huis te besit. +Hy het groot boufirmas daarvan beskuldig dat hulle eiendomspryse hoog hou deur grond op te raap, maar dit nie te gebruik nie en het mev. May aangemoedig om afstand te doen van kwotas op bekostigbare huise om Brittanje se "behuisingsramp" te herstel. +Mnr. Corbyn het ’n treffende reeks voorgenome behuisingsverbeterings aangekondig, insluitend huurbeheer en ’n einde aan "geen-fout-uitsettings". +Hy wil ook aan rade groter magte gee om nuwe huise te bou. +Mev. May het gesê: "Verlede jaar het ek gesê ek sal my eersteministerskap daaraan wy om die Britse droom te herstel – dat die lewe beter moet wees vir elke nuwe generasie. +En dit beteken om ons stukkende huismark te herstel. +Brittanje sal altyd oop wees vir mense wat hier wil woon, werk en ’n lewe wil bou. +Maar dit kan nie reg wees dat dit net so maklik is vir individue wat nie in die VK woon, sowel as buitelands gebaseerde maatskappye om huise te koop as vir hardwerkende Britse inwoners nie. +Vir te veel mense het die droom van huiseienaarskap ’n veraf droom geraak en die vernedering van haweloosheid ’n te groot werklikheid.” +Jack Ross: 'My grootste ambisie is om Skotland te bestuur' +Sunderland-baas Jack Ross sê sy "grootste ambisie" is om op ’n stadium die bestuurder van Skotland te word. +Die Skot, 42, geniet die uitdaging daarvan om nuwe lewe in die North-East-span te blaas, wat tans in die derde plek is in Liga Een, drie punte onder die boonstes. +Hy het hierdie somer na die Stadion van Lig geskuif nadat hy verlede seisoen St Mirren teruggelei het na die Skotse Premierskap. +"Ek wou as speler vir my land speel. +Ek het die tweede span gehaal, maar dit was al," het Ross vir BBC Skotland se Sportsound gesê. +"Maar ek het as kind dikwels saam met my pa vir Skotland by Hampden gekyk en dit is iets wat my terugtrek. +Die geleentheid kan egter net kom as ek suksesvol is met klubbestuur." +Ross se voorgangers as Sunderland-bestuurder sluit in Dick Advocaat, David Moyes, Sam Allardyce, Martin O’Neill, Roy Keane, Gus Poyet en Paulo Di Canio. +Die voormalige Alloa Athletic-baas het gesê hy voel geen angs om sulke gevestigde name by so ’n groot klub na te volg, nadat hy voorheen aanbiedinge van Barnsley en Ipswich Town van die hand gewys het nie. +"Op die oomblik sal sukses vir my gemeet word deur ‘'kan ek hierdie klub na die Premier-liga laat terugkeer?' +Weens die struktuur en fasiliteite by hierdie klub, behoort dit ongetwyfeld in die Premier-liga," het hy gesê. +"Dit is nie ’n maklike taak om dit daar te kry nie, maar ek sal myself waarskynlik net as suksesvol beskou indien ek die klub weer daar kan uitkry." +Ross se loopbaan in die bestuur is nog net drie jaar lank, na ’n tydperk as assistentbaas by Dumbarton en ’n 15-maand tydperk op Hearts se afrigpersoneel. +Hy het toe vir Alloa help terugkeer van relegasie na die derde liga en St Mirren omskep van op die rand van relegasie na wenners van die Kampioenskapstitel in die volgende seisoen. +En Ross sê hy voel nou gemakliker as wat hy ooit gevoel het gedurende sy speelloopbaan by Clyde, Hartlepool, Falkirk, St Mirren en Hamilton Academical. +"Dit was waarskynlik ’n ware kruispad," sê hy wanneer hy terugdink aan hoe hy Alloa se leisels oorgeneem het. +"Ek het werklik geglo die bestuur was die regte plek vir my, selfs meer as om te speel. +Dit klink bisar, want ek het goed genoeg gedoen, ’n redelike bestaan daaruit gemaak en redelike hoogtepunte beleef. +Maar die spel kan moeilik wees. +Daar is baie dinge waardeur ’n mens weekliks moet kom. +Ek gaan dit steeds deur ten opsigte van die stres en druk van die werk, maar bestuur voel net reg. +Ek wou altyd bestuur en nou doen ek dit, dit voel die gemaklikste wat ek gedurende my hele volwasse lewe nog in my eie vel was." +Jy kan op Sondag, 30 September na die volledige onderhoud op Radio Skotland luister tussen 12:00 en 13:00 BST +Die perfekte tyd vir ’n pint is 5:30 nm. op ’n Saterdag, bevind opname +Die somerhittegolf het Brittanje se sukkelende kroeë se inkomste verbeter, maar het meer druk op restaurantkettings geplaas. +Drinkplekke en kroeggroepe het verkope in Julie met 2,7% sien styg – maar ontvangste in restaurante was af met 4,8 persent, het syfers getoon. +Peter Martin, van besigheidskonsultasiefirma CGA, wat die syfers saamgestel het, sê: “Voortgesette sonskyn en Engeland se langer as verwagte deelname aan die Wêreldbeker het beteken dat Julie ’n soortgelyke patroon gevolg het as die vorige maand, Junie, toe drinkplekke op was met 2,8 persent, buiten dat restaurante selfs swaarder getref is. +Die daling van 1,8 persent in restauranthandel in Junie het net in Julie vererger. +Drankie-geleide drinkplekke en kroeë het by verre beter gedoen en meer gestyg as wat restaurante gedaal het. +Kos-geleide drinkplekke het ook in die son gely, maar nie so erg soos restaurantoperateurs nie +Dit lyk asof mense net wou uitgaan vir ’n drankie. +Regoor bestuurde kroeë en drinkplekke het verkope met 6,6 persent gestyg vir die maand, met kos was af is met drie persent.” +Paul Newman, van ontspanning- en gasvryheidsanaliste RSM het gesê: “Hierdie resultate sit die neiging voort wat ons sedert einde April gesien het. +Weer en die impak van groot sosiale of sportgebeure bly die grootste faktore wanneer dit kom by verkope in die uit-die-huis-uit-mark. +Dit kom as geen verrassing dat restaurantgroepe voortgaan om te sukkel nie, alhoewel ’n daling in verkope van 4,8 persent jaar op jaar veral moeilik sal wees bo en behalwe voortdurende onkostedruk. +Die lang warm somer kon nie op ’n erger tyd gekom het vir kos-geleide operateurs nie en net die tyd sal wys of die meer gematigde temperature wat ons sedert Augustus beleef het nodige verligting sal bring.” +Totale groei in verkope regoor drinkplekke en restaurante, insluitend nuwe plekke wat oopgemaak het, was 2,7 persent in Julie, wat die verlangsaming in handelmerkbekendstellings weerspieël. +Die Coffer Peach Tracker-bedryfverkopemonitor vir die VK se drinkplek-, kroeg- en restaurantsektor versamel en analiseer prestasiedata van 47 bedryfsgroepe, met ’n gesamentlike omset van meer as £9 miljard en is die gevestigde maatstaf in die bedryf. +Een uit vyf kinders het geheime sosialemedia-rekeninge wat hulle vir hulle ouers wegsteek +Een uit vyf kinders – party so jonk as 11 – het geheime sosialemedia-rekeninge wat hulle vir hulle ouers en onderwysers wegsteek, onthul ’n opname +Opname van 20 000 hoërskoolleerders het ’n toename in “vals Insta-bladsye” onthul +Die nuus het vrese verhoog dat seksuele inhoud geplaas word +Twintig persent van leerders sê dat hulle ’n “hoofrekening” het om vir ouers te wys +Een uit vyf kinders – sommige so jonk as 11 – skep sosialemedia-rekeninge wat hulle geheim hou vir volwassenes. +’n Opname by 20 000 hoërskoolleerders het vinnige groei in “vals Insta-rekeninge” – ’n verwysing na die fotodeelwerf Instagram, onthul. +Die nuus het vrese verhoog dat seksuele inhoud geplaas word. +Twintig persent van leerders het gesê hulle het ’n skoon “hoofrekening” om vir ouers te wys, maar het ook privaat rekeninge. +Een ma wat op haar 13-jarige dogter se geheime werf afgekom het, het ’n tiener gevind wat ander aanspoor om haar te “verkrag”. +Die navorsing, by Digital Awareness UK en die Headmasters’ and Headmistresses’ Conference (HMC) van onafhanklike skole, het gevind dat 40 persent van 11- tot 18-jariges twee profiele het, met die helfte van hulle wat erken dat hulle privaat rekeninge het. +HMC-hoof Mike Buchanan het gesê: “Dit is verontrustend dat soveel tieners in die versoeking kom om aanlyn ruimtes te skep waar ouers en onderwysers hulle nie kan opspoor nie.” +Eilidh Doyle sal “stem vir atlete” wees op Skotse Atletiekraad +Eilidh Doyle is tot die raad van Skotse Atletiek verkies as ’n nie-uitvoerende direkteur by die beheerliggaam se algemene jaarvergadering. +Doyle is Skotland se mees gedekoreerde baan-en-veldatleet en voorsitter Ian Beattie het die stap beskryf as ’n wonderlike geleentheid vir diegene wat die sport lei om baat te vind by haar verreikende ervaring op internasionale vlak gedurende die afgelope dekade. +“Eilidh het groot respek regoor die Skotse, VK en wêreldatletiekgemeenskap en ons is seker atletiek in Skotland sal baie baat by wat sy na die raad bring,” het Beattie gesê. +Doyle het gesê: “Ek is gretig om as stem vir atlete op te tree ek en hoop ek kan regtig bydra en help om die sport in Skotland te lei.” +Die Amerikaner, wat die 200 meter en 400 meter by die 1996 Spele in Atlanta onder sy vier goue Olimpiese medaljes het, is nou ’n gereelde BBC-kenner, kon loop nie nadat hy ’n kortstondige iskemiese aanval gehad het. +Hy het op Twitter geskryf: “Vandag ’n maand gelede het ek ’n beroerte gehad. +Ek kon nie loop nie. +Dokters het gesê net die tyd sal leer of ek sal herstel en tot watter mate. +Dit was uitputtende werk, maar het ten volle herstel, weer geleer hoe om te loop en doen vandag behendigheidsoefeninge! +Dankie vir die boodskappe van bemoediging!” +Borspompadvertensie wat ma's met koeie vergelyk verdeel opinies aanlyn +’n Borspompmaatskappy het opinies aanlyn verdeel met ’n advertensie wat borsvoedende ma's vergelyk met koeie wat gemelk word. +Ter viering van die loodsing van wat genoem word die "wêreld se eerste stil draagbare borspomp," het verbruikerstegnologie-maatskappy Elvie ’n tong-in-die-kies musiekvideo-geïnspireerde advertensie vrygestel om die vryheid te vertoon wat die pomp aan ma's gee wat uitmelk. +Vier regte ma's dans in ’n skuur vol strooi en koeie op die maat van ’n liedjie wat lirieke insluit soos: "Ja, ek melk myself, maar jy kan nie ’n stert sien nie" en "Ingeval jy nie gesien het nie, dit is nie uiers nie, dis my borste." +Die koorgedeelte lui: "Pomp dit uit, pomp dit uit, ek voer die babas, pomp dit uit, pomp dit uit, ek melk my dames." +Maar die advertensie wat op die firma se Facebook-blad gepubliseer is, het aanlyn omstredenheid veroorsaak. +Met 77 000 kyke en honderde opmerkings het die video gemengde reaksie van kykers ontvang, met baie wat sê dat dit die "gruwels" van die suiwelbedryf onderspeel. +"Baie swak besluit om koeie te gebruik om hierdie produk te adverteer. +Nes ons moet hulle swanger word en geboorte gee om melk te kan produseer, maar hulle babas word dikwels binne dae nadat hulle geboorte gegee het, van hulle gesteel," het een geskryf. +Die Elvie-borspomp pas diskreet in ’n voedingsbra (Elvie/Mother) +Nog iemand het opgemerk: "Begryplikerwys traumaties vir ma en baba. +Maar ja, waarom dit nie gebruik om ’n borspomp te adverteer vir ma’s wat hulle babas kan hou nie?" +Iemand anders het bygevoeg: "Die advertensie is so uit voeling." +Ander het die advertensie verdedig, met een vrou wat erken het dat die liedjie vir haar "skreeusnaaks" was. +"Ek dink dis ’n geniale idee. +Ek sou een gehad het as ek steeds geborsvoed het. +Om uit te melk het my net soos ’n koei laat voel. +Die advertensie is ’n bietjie mal, maar ek het dit aanvaar vir wat dit is. +Dis ’n geniale produk," het een geskryf. +Nog iemand het opgemerk: "Dit is ’n prettige advertensie gerig op ma's wat uitmelk (dikwels in hulle werkplekke of toilette) en soos "koeie" voel. +Dit is nie ’n advertensie wat die suiwelbedryf loof of oordeel nie. +Aan die einde van die video wys die vroue dat hulle almal gedans het met die diskrete pomp in hulle bra's. +Die konsep agter die veldtog is gebaseer op die insig dat baie vroue wat uitmelk, sê dat hulle soos koeie voel. +Die Elvie-pomp is egter doodstil, het geen drade of buise nie en pas diskreet in ’n voedingsbra wat aan vroue die vryheid gee om te beweeg, hulle babas vas te hou en selfs uit te gaan terwyl hulle uitmelk. +Ana Balarin, vennoot en UKD by Mother het opgemerk: "Die Elvie-pomp is so ’n revolusionêre produk dat dit ’n groot en uitlokkende bekendstelling verdien het. +Deur ’n parallel te trek tussen vroue wat uitmelk en suiwelkoeie wou ons die uitmelkproses en al die uitdagings daarvan in die kollig plaas, terwyl ons op ’n vermaaklike manier waarby mense kan aansluiting vind die wonderlike gevoel van vryheid demonstreer wat die nuwe pomp sal bring. +Dit is nie die eerste keer wat die Elvie-pomp die nuus gehaal het nie. +Tydens Londen Modeweek het ’n ma van twee op die loopplank verskyn vir ontwerper Marta Jakubowski terwyl sy die produk gebruik het. +Honderde migrantekinders stil-stil geskuif na ’n tentkamp op die Texas-grens +Die aantal aangehoude migrantekinders het skerp gestyg alhoewel maandelikse grensoorgange relatief onveranderd gebly het, deels weens fel retoriek en beleide wat deur die Trump-administrasie ingestel is wat dit moeiliker maak om kinders by borge te plaas. +Tradisioneel was die meeste borge ook ongedokumenteerde immigrante en het gevrees dat hulle eie vermoë om in die land te bly in gevaar gestel word deur vorentoe te tree om ’n kind op te eis. +Die risiko het in Junie toegeneem toe federale owerhede aangekondig het dat moontlike borge en ander volwasse lede van hulle huishoudings hulle vingerafdrukke gaan moet indien en dat die data met immigrasie-owerhede gedeel sou word. +Verlede week het Matthew Albence, ’n senior amptenaar by Immigrasie en doeane-handhawing voor die Kongres getuig dat die agentskap duisende mense gearresteer het wat aansoek gedoen het om onvergeselde minderjariges te borg. +Die agentskap het later bevestig dat 70 persent van diegene wat gearresteer is, nie vorige kriminele rekords gehad het nie. +"Amper 80 persent van die individue wat hetsy borge of huisgesinslede van borge is, is onwettig hier in die land en ’n groot klomp van hulle is kriminele uitlanders. +Daarom gaan ons voort om daardie individue te vervolg," het mnr. Albence gesê. +In ’n poging om die kinders vinniger te verwerk, het amptenare nuwe reëls ingestel wat sal vereis dat sommige van hulle in die hof verskyn binne ’n maand na aanhouding, eerder as na 60 dae, wat die vorige standaard was, volgens skuilingwerkers. +Baie sal via videokonferensie-oproep verskyn, eerder as in persoon, om hulle saak vir wettige status by ’n immigrasieregter te bepleit. +Die wat ongeskik beskou word vir noodleniging sal vinnig gedeporteer word. +Hoe langer die kinders in aanhouding bly, hoe waarskynliker is dit dat hulle angstig of depressief sal raak, wat kan lei tot gewelddadige uitbarstings of ontsnappingspogings, volgens skuilingwerkers en verslae wat in die afgelope maande uit die stelsel na vore gekom het. +Advokate sê daardie bekommernisse word verhoog by ’n groter fasiliteit soos Tornillo, waar tekens dat ’n kind sukkel makliker misgekyk word as gevolg van die grootte. +Hulle het bygevoeg dat om die kinders na die tentedorp te skuif sonder om hulle genoeg tyd te gee om emosioneel voor te berei om vir vriende totsiens te sê, die trauma kan vererger wat baie reeds mee sukkel. +Sirië sê vir VS, Franse en Turkse ‘besettingsmagte’ om onmiddellik te onttrek +Toe hy die VN se Algemene Vergadering toegespreek het, het Minister van Buitelandse Sake Walid al-Moualem ook ’n beroep op Siriese vlugtelinge gedoen om huis toe te kom, self al is die land se oorlog in sy agtste jaar. +Moualem, wat ook dien as adjunk-eersteminister, het gesê die buitelandse magte is onwettig op Siriese grond, onder die voorwendsel om terrorisme te beveg en sal “dienooreenkomstig hanteer” word. +“Hulle moet onmiddellik onttrek en sonder enige voorwaardes,” het hy vir die vergadering gesê. +Moualem het daarop aangedring dat die “oorlog op terreur” in Sirië, waar meer as 360 000 mense sedert 2011 gesterf het, met nog miljoene wat ontwortel is, “amper verby” is. +Hy het gesê dat Damaskus sal voortgaan “om hierdie heilige stryd te voer totdat ons alle Siriese gebiede gesuiwer het” van sowel terreurgroepe en “enige onwettige buitelandse teenwoordigheid.” +Die Verenigde State het ongeveer 2 000 troepe in Sirië, wat meestal Koerdiese magte sowel as Siriese Arabiere gekant teen president Bashar al-Assad oplei en adviseer. +Frankryk met meer as 1 000 troepe op die grond in die oorloggeteisterde land. +Oor die kwessie van vlugtelinge het Moualem gesê dat die toestande in orde is vir hulle om terug te keer, en hy het “sommige Westerse lande” daarvoor blameer dat hulle “irrasionele vrese versprei wat vlugtelinge aanspoor om weg te bly. +“Ons het ’n beroep op die internasionale gemeenskap en humanitêre organisasies gedoen om hierdie terugkere te fasiliteer,” het hy gesê. +“Hulle politiseer iets wat bloot ’n humanitêre kwessie moet wees.” +Die Verenigde State en die Europese Unie het gewaarsku dat daar geen heropbouhulp vir Sirië sal wees totdat daar ’n politieke ooreenkoms tussen Assad en die opposisie is om die oorlog te beëindig nie. +VN-diplomate het gesê ’n onlangse ooreenkoms tussen Rusland en Turkye om ’n buffersone in die laaste groot rebellevesting van Idlib op te rig, het ’n geleentheid geskep om met politieke samesprekings voort te gaan. +Die Russies-Turkse ooreenkoms het ’n grootskaalse aanval deur Russies-gesteunde Siriese magte op die provinsie, waar drie miljoen mense woon, afgeweer. +Moualem het egter beklemtoon dat die ooreenkoms “duidelike spertye” het en het die hoop uitgespreek dat militêre optrede jihadiste sal teiken, insluitend krygers van die Al-Qaeda-gekoppelde Nusra Front wat “uitgeroei” sal word. +VN-gesant, Staffan de Mistura hoop om binnekort die eerste vergaderings saam te roep van ’n nuwe komitee saamgestel uit regering- en opposisielede om ’n na-oorlogse grondwet vir Sirië op te stel en die weg na verkiesings te baan. +Moualem het voorwaardes voorgeskryf vir die Siriese regering se deelname in die komitee en gesê die paneel se werk moet beperk word tot die “nagaan van die artikels van die huidige grondwet” en het gewaarsku teen inmenging. +Waarom Trump ’n tweede termyn sal wen +Volgens daardie logika sal mnr. Trump die herverkiesing in 2020 wen, tensy, soos baie liberale waarskynlik hoop, ’n staat van beskuldiging en skandale sy presidentskap vroeg beëindig. +In wat sonder twyfel “die mees dramatiese finale van ’n presidensie ooit sal wees!” +Tot op hede is daar geen tekens van kykervermoeienis nie. +Sedert 2014 het spitstyd-kyksyfers meer as verdubbel tot 1,05 miljoen by CCN en amper verdriedubbel tot 1,6 miljoen by MSNCBC. +Fox News het ’n gemiddelde 2,4 miljoen spitstydkykers, op van 1,7 miljoen vier jaar gelede, volgens Nielsen, en MSNBC se “The Rachel Maddow Show” is boaan kabelkyksyfers met soveel as 3,5 miljoen kykers op groot nuusaande. +“Dit is ’n vuur waartoe mense aangetrek is, want dit is nie iets wat ons verstaan nie,” sê Neal Baer, programbestuurder van die ABC-drama “Designated Survivor” oor ’n kabinetsekretaris wat president word nadat ’n aanval die Kongresgebou vernietig. +Nell Scovell, ’n veteraan komedieskrywer en outeur van “Just the Funny Parts: And a Few Hard Truths About Sneaking Into the Hollywood Boys’ Club”, het ’n ander teorie. +Sy onthou ’n taxirit in Boston voor die 2016-verkiesing. +Die bestuurder het vir haar gesê dat hy vir mnr. Trump sou stem. +Waarom? het sy gevra. +“Hy het gesê, “Want hy laat my lag”,” het me. Scovell vir my vertel. +Daar is vermaaklikheidswaarde in die chaos. +Natuurlik, anders as enigiets anders op die TV, kan die storielyne wat uit Washington kom die toekoms bepaal van Roe v. Wade, of immigrantegesinne kan herenig en die gesondheid van die wêreldekonomie. +Om uit te skakel is ’n luukse wat net die mees bevoorregte kykers kan bekostig. +En tog gaan dit verder as om net ’n ingeligte burger te wees wanneer jy in die sesde uur daarvan is om te kyk hoe ’n paneel van kenners debatteer oor Bob Woodward se gebruik van “diep agtergrond” vanuit sy boek “Fear”, Paul Manafort se $15 000 volstruisleer-vliegbaadjie (“’n kledingstuk dik van die hubris”, het The Washington Post gesê) en die implikasies van Stormy Daniels se skokkende beskrywings van mnr. Trump se, um, anatomie. +Ek sal byvoorbeeld nooit weer op dieselfde manier na Super Mario kyk nie. +"Deels wat hy doen wat dit soos ’n realiteitsprogram laat voel, is dat hy jou elke aand iets voer," sê Brent Montgomery, bedryfshoof van Wheelhouse Entertainment en die skepper van "Pawn Stars," oor die Trump-program se wisselende rolverdeling en daaglikse kinkels in die plot (soos om rusie te soek met N.F.L., Kim Jong-un te prys). +’n Mens kan nie bekostig om een episode te mis nie, anders bly jy agter. +Toe ek hierdie week vir mnr. Fleiss bereik, was dit 80 grade buitekant sy huis op die noordelike kus van Kauai, maar hy was binnekant besig om MSNBC te kyk terwyl hy CNN opgeneem het. +Hy kon hom nie wegskeur nie, nie met Brett Kavanaugh was op pad is om voor die Senaat se Regbank te verskyn en die toekoms van die Hooggeregshof wat in die weegskaal hang nie. +“Ek onthou toe ons destyds al daardie mal programme gedoen het en mense gesê het, ‘Dit is die begin van die einde van die Westerse beskawing,’” het mnr. Fleiss vir my gesê. +“Ek het gedink dit is soort van ’n grap, maar dit blyk nou hulle was reg.” +Amy Chozick, ’n vryskutskrywer vir The Times wat sakenuus, politiek en media dek, is die skrywer van die memoires “Chasing Hillary”. +Buitegeld stroom na spannendste middeltermyn-verkiesingswedlope in Huis +Dit is nie verbasend dat Pennsylvania se 17de ’n instroming van geld sien, te danke aan ’n verskuiwing van kongresdistrikte wat twee ampsdraers nou in ’n wedloop om dieselfde setel laat beland het nie. +Die onlangs veranderde voorstedelike Pittsburg-distrik laat Demokratiese Rep. Conor Lamb – wat sy setel gewen het in ’n ander distrik in ’n spesiale verkiesing verlede lente – kragte meet. +Lamb staan teen nog ’n ampsdraer, Republikein Keith Rothfus, wat tans die ou Pennsylvania 12de distrik verteenwoordig, wat swaar oorvleuel met die nuwe 17de. +Die kaarte is hertrek nadat die Pennsylvania Hooggeregshof in Januarie bepaal het dat die ou distrikte ongrondwetlik afgebaken is in die Republikeine se guns. +Die wedloop in die nuwe 17de het afgeskop met ’n veldtogfinansieringskompetisie tussen die groot partye se finansiële bene, die Demokratiese Veldtog se Kongreskomitee (DCCC) en die Nasionale Republikeinse Veldtogkomitee (NRCC). +Lamb het ’n bekende naam in Pennsylvania geword na ’n naelskraapse wen in ’n wyd gekykte spesiale verkiesing in Maart vir Pennsylvania se 18de Kongresdistrik. +Die setel is vir meer as ’n dekade deur ’n Republikein gehou en president Donald Trump het die distrik met 20 punte gewen. +Politieke kenners het vir die Demokrate ’n effense voordeel gegee. +VS het dit oorweeg om El Salvador te penaliseer, eerder as om China te ondersteun, maar toe teruggewyk +Diplomate het opgelet dat die Dominikaanse Republiek en Panama reeds Beijing erken het, met min teenkanting van Washington. +Mnr. Trump het ’n hartlike vergadering met president Juan Carlos Varela van Panama gehad in Junie 2017 en het ’n hotel in Panama gehad totdat vennote die Trump Organisasie se bestuurspan uitgesit het. +Amptenare van die staatsdepartemente het besluit om die Amerikaanse hoofde terug te roep van diplomatiese missies in El Salvador, die Dominikaanse Republiek en Panama oor die “onlangse besluite om Taiwan nie meer te erken nie”, het Heather Nauert, die departement se woordvoerder, vroeër vandeesmaand in ’n verklaring gesê. +Maar boetes is net teen El Salvador oorweeg wat in 2017 ’n geskatte $140 miljoen in Amerikaanse hulp ontvang het, insluitend dwelmbeheer, ontwikkeling en ekonomiese bystand. +Die voorgestelde boetes, wat vermindering in finansiële bystand en geteikende visumbeperkings insluit, sou moeilik wees vir die Sentraal-Amerikaanse land met sy hoë werkloosheid- en moordsyfers. +Namate interne vergaderings gevorder het, net Noord-Amerikaanse en Sentraal-Amerikaanse amptenare ’n hoëvlakkongres uitgestel en gefokus op sekuriteit en ekonomiese vooruitgang om op te volg op ’n soortgelyke byeenkoms verlede jaar wat beskou is as ’n stap vorentoe in ’n poging om te voorkom dat migrante na die Verenigde State gaan. +Maar teen middel-September het top- administratiewe amptenare dit duidelik gemaak dat hulle wou hê dat die kongres moet voortgaan om effektief ’n einde te bring aan enige oorweging van boetes vir El Salvador. +Adjunkpresident Mike Pence is nou bestem om die kongres toe te spreek, nou geskeduleer vir middel-Oktober, as ’n teken van die erns van die byeenkoms vir die administrasie, het die diplomate gesê. +En die drie Amerikaanse gesante het stil-stil teruggekeer na El Salvador, Panama en die Dominikaanse Republiek met geen nuwe kwaai boodskappe of strawwe van Washington af nie. +’n Withuis-woordvoerder vir mnr. Bolton wou nie kommentaar lewer op die besonderhede van die debat wat deur die drie Amerikaanse amptenare, insluitend twee diplomate, beskryf is, wat ingestem het om die interne beraadslaging te bespreek op voorwaarde van anonimiteit nie. +Hulle verklarings is bevestig deur ’n buite-analis wat naby aan die administrasie was en ook oor die voorwaarde van anonimiteit gepraat het. +Bestudeer geskiedenis +Die volgende ding wat kan gebeur, kan die spesiale beraadslaging wees oor Robert Mueller se verslag oor mnr. Trump se moontlike dwarsboming van die gereg, waarvan daar nou baie beduidende getuienis in die openbare rekord is. +Mnr. Mueller fokus vermoedelik ook sy ondersoek op of mnr. Trump se veldtog met Rusland saamgewerk het in die land se aanval op ons verkiesings. +Sou die Kongres in ander hande oorgaan, sal mnr. Trump aanspreeklikheid in die gesig moet staar in daardie liggaam, net wanneer hy voorberei om weer voor die kiesers te gaan, en dalk uiteindelik voor ’n jurie van sy portuurgroep. +Dit is ’n klomp asse, en daarmee wil ek nie te kenne gee dat mnr. Trump se val onvermydelik is nie – en ook nie dié van sy eweknieë in Europa nie. +Daar is besluite wat aan albei kante van die Atlantiese Oseaan geneem moet word, wat sal beïnvloed hoeveel die stryd uitgerek kan word. +In 1938 was Duitse amptenare gereed om ’n staatsgreep teen Hitler uit te voer, as die Weste hom net teengestaan het en die Tsjeggo-Slowake by München gesteun het. +Ons het misluk en ’n geleentheid misgeloop om die jare se slagting wat gevolg het te kon vermy. +Die loop van die geskiedenis draai om sulke draaipunte en demokrasie se meedoënlose verloop word verhaas of vertraag. +Amerikaners staar nou verskeie sulke draaipunte in die gesig. +Wat sal ons doen as mnr. Trump adjunkprokureur-generaal Rod Rosenstein, die man wat die lot van mnr. Mueller se ondersoek beheer, afdank? +Rosenstein was in warm water sedert hierdie koerant berig het dat hy verlede jaar voorgestel het om die president in die geheim op te neem en daaroor gespekuleer het of hy bevoeg is vir sy amp. +Mnr. Rosenstein sê The Times se berig is onakkuraat. +"Hoe sal ons daarop reageer as die nuut aangevraagde FBI-ondersoek van Brett Kavanaugh nie volledig of regverdig is nie – of as hy tot die Hooggeregshof bevestig word ten spyte van geloofwaardige aanklagte van seksuele aanranding en oneerlike getuienis? +En bowenal, sal ons in die tussenverkiesing stem vir ’n kongres wat vir mnr. Trump verantwoordbaar sal hou? +As ons daardie toetse dop, lê daar ’n lang winter voor vir demokrasie. +Maar ek glo ons sal nie misluk nie as gevolg van die les wat ek in Praag geleer het. +My ma was ’n Tsjeggo-Slowaakse Jood wat na Auschwitz gedeporteer is deur dieselfde Nazi-bewind wat op ’n tyd in my ambassadeurshuis gewoon het. +Sy het oorleef, na Amerika geëmigreer en, 60 jaar later, my gestuur om Sabbat-kerse te gaan aansteek op daardie tafel wat die swastika dra. +Met dit as my herkoms, hoe kan ek nie ’n optimis wees oor ons toekoms nie?" +Norman Eisen, ’n senior studiegenoot by die Brookings Institution, is die voorsitter van Citizens for Responsibility and Ethics in Washington en die skrywer van "The Last Palace: Europe's Turbulent Century in Five Lives and One Legendary House." +Rangers se Graham Dorrans optimisties voor Rapid Vienna-stryd +Rangers speel Donderdag gashere vir Rapid Vienna met die wete dat oorwinning oor die Oostenrykers, na die indrukwekkende gelykopuitslag in Spanje teen Villarreal vroeër vandeesmaand hulle in ’n sterk posisie sal plaas om vir Groep G van die Europa Liga te kwalifiseer. +’n Kniebesering het middelveldspeler Graham Dorrans daarvan verhoed om sy eerste verskyning van die seisoen te maak tot die 2-2-gelykopuitslag teen Villarreal, maar hy glo Rangers kan hierdie uitslag gebruik as ’n wegspringplek vir groter dinge. +"Dit was ’n goeie punt vir ons, want Villarreal is ’n goeie span," het die 31-jarige gesê. +"Ons het in die wedstryd ingegaan met die oortuiging dat ons iets kon kry en het daar weggestap met ’n punt. +Dalk kon ons dit op die einde gewen het, maar ’n gelykoptelling is waarskynlik ’n regverdige uitslag. +Hulle was waarskynlik beter in die eerste helfte en ons het in die tweede helfte uitgekom en was die beter span. +Donderdag is nog ’n groot Europese aand. +Hopelik kan ons drie punte kry, maar dit gaan ’n moeilike wedstryd wees, want hulle het ’n goeie uitslag in hulle laaste wedstryd gehad, maar met die skare aan ons kant, is ek seker ons kan deurdruk en ’n positiewe uitslag kry. +Verlede jaar was beslis moeilik, met alles wat gebeur het met my beserings en die veranderinge by die klub, maar daar is nou ’n goedvoel-faktor aan die plek. +Die groep is goed en die manne geniet dit regtig; die afrigting is goed. +Hopelik kan ons nou deurdruk, verlede seisoen agter ons sit en suksesvol wees." +Vroue verloor slaap oor hierdie aftreespaargeldvrees +Ten spyte van die feit dat opnamedeelnemers ’n duidelike idee het van hoe hulle versorg wil word, praat min mense met hulle familielede daaroor. +Ongeveer die helfte van die individue in die Nationwide-studie het gesê hulle praat met hulle eggenote oor die koste van langtermynsorg. +Net 10 persent het gesê dat hulle met hulle kinders daaroor gepraat het. +"Mense wil hê ’n familielid moet vir hulle sorg, maar hulle neem nie die stappe om die gesprek te hê nie," sê Holly Snyder, vise-president van Nationwide se lewensversekeringsbesigheid. +Hier is waar om te begin. +Praat met jou eggenoot en die kinders: Jy kan nie jou gesin daarop voorberei om sorg te verskaf as jy nie jou wense lank voor die tyd uitspreek nie. +Werk saam met jou adviseur en jou gesin om te bepreek waar en hoe om sorg te ontvang, aangesien daardie keuses ’n beduidende faktor kan wees in die bepaling van die koste. +Bring jou finansiële adviseur in: Jou adviseur kan jou ook help om met ’n manier vorendag te kom om vir daardie uitgawes te betaal. +Jou befondsingsbesluite vir langtermynsorg kan ’n tradisionele langtermyn-versekeringsbeleid insluit, ’n hibridiese kontantwaarde-lewensversekeringsbeleid om te help om hierdie uitgawes te dek of selfversekering met jou eie vermoëns – solank jy die geld het. +Werk jou regsdokumente uit: Sny regstryde af by die pas. +Kry ’n gesondheidsorg-volmag in plek sodat jy ’n vertroude individu aanwys om toesig te hou oor jou mediese sorg en te verseker dat kenners jou wense nakom indien jy nie kan kommunikeer nie. +Oorweeg ook gevolmagtigde vir jou finansies. +Jy moet iemand wat jy vertrou, kies om finansiële besluite vir jou te neem en te verseker dat jou rekeninge betaal word indien jy onbevoeg is. +Moenie die klein besonderhede vergeet nie: Verbeel jou dat jou bejaarde ouer ’n mediese noodgeval het en op pad hospitaal toe is. +Sal jy vrae oor medikasie en allergieë kan beantwoord? +Spel daardie besonderhede uit in ’n geskrewe plan sodat jy gereed is. +"Dit is nie net die finansiële kwessies wat ter sprake is nie, maar wie is die dokters?" vra Martin. +Wat is die medikasie? +Wie sal vir die hond sorg? +Maak seker daardie plan is in plek." +Man verskeie kere in Ilfracombe met windbuks geskiet +’n Man is verskeie kere met ’n windbuks geskiet toe hy huis toe gestap het na ’n aand uit. +Die slagoffer, in sy 40's, was in die Oxford Grove-area van Ilfracombe, Devon, toe hy in die bors, maag en hand geskiet is. +Beamptes het die skietery, wat teen ongeveer 02:30 BST plaasgevind het, as ’n "ewekansige daad" beskryf. +Die slagoffer het nie sy aanvaller gesien nie. +Sy beserings is nie lewensbedreigend nie en die polisie het vir getuies gevra. +Aardbewings en tsoenami's in Indonesië +Ten minste 384 mense is dood weens ’n kragtige aardbewing en tsoenami wat die Indonesiese stad Palu Vrydag getref het, het beamptes gesê, en daar word verwag dat die dodetal gaan styg. +Met kommunikasie wat buite aksie gestel is, kon noodlenigingsbeamptes nie enige inligting kry van Donggala-regentskap, ’n area noord van Palu wat nader aan die middelpunt van die 7,5-omvang skudding is nie. +In Palu is meer as 16 000 mense na veiligheid gebring nadat die ramp getref het. +Hier is ’n paar sleutelfeite oor Palu en Donggala, op die eiland Sulawesi: +Palu is die hoofstad van die Sentraal-Sulawesi-provinsie, geleë op die punt van ’n smal baai op die westelike kus van Sulawesi-eiland, met ’n geskatte bevolking van 379 800 in 2017. +Die stad was besig om sy 40ste herdenking te vier toe die aardbewing en tsoenami hul getref het. +Donggala is ’n regentskap wat langs meer as 300 km (180 myl) kuslyn strek in die noordweste van Sulawesi-eiland. +Die regentskap, ’n administratiewe streek onder ’n provinsie, het in 2017 ’n geskatte bevolking van 299 200 gehad. +Vissery en boerdery is die steunpilare van die Sentraal-Sulawesi-provinsie se ekonomie, veral die kusgebied van Donggala. +Nikkelmynbou is ook belangrik in die provinsie, maar is meestal gekonsentreer in Morowali, aan die teenoorgestelde kus van Sulawesi. +Palu en Donggala is verskeie kere gedurende die afgelope 100 jaar deur tsoenami's getref, volgens Indonesië se Disaster Mitigation Agency. +In 1938 het ’n tsoenami meer as 200 se dood veroorsaak en honderde huise in Donggala vernietig. +’n Tsoenami het ook wes-Donggala in 1996 getref en nege sterftes veroorsaak. +Indonesië sit op die seismiese Stille Oseaan se Ring van Vuur en word gereeld deur aardbewings getref. +Hier is van die groot aardbewings en tsoenami's van die afgelope paar jaar: +2004: ’n Groot skudding langs die westelike kus van Indonesiese Aceh-provinsie in noordelike Sumatra op 26 Desember wat gelei het tot ’n tsoenami wat 14 lande getref het, het gelei tot 226 000 sterftes langs die kus van die Indiese Oseaan, met meer as die helfte van hulle in Aceh. +2005: ’n Reeks sterk skuddings het die westelike kus van Sumatra laat in Maart en vroeg in April getref. +Honderde is oorlede in Nias-eiland, langs die kus van Sumatra. +2006: ’n 6,8-omvang het die suide van Java, Indonesië is mees bevolkte eiland getref, wat gelei het tot ’n tsoenami wat die suidelike kus getref het en amper 700 sterftes veroorsaak het. +2009: ’n 7,6-omvang skudding het getref naby die stad Padang, hoofstad van Wes-Sumatra-provinsie. +Meer as 1 100 mense is oorlede. +2010: ’n 7,5-omvang skudding het een van die Mentawai-eilande, naby Sumatra, getref wat gelei het tot ’n tsoenami van tot 10 meter wat dosyne dorpe vernietig het en tot ongeveer 300 sterftes gelei het. +2016: ’n Vlak skudding het die Pidie Jaya-regentskap in Aceh getref en gelei tot vernietiging en paniek toe mense herinner is aan die vernietiging van die dodelike skudding en tsoenami in 2004. +Dit het nie hierdie keer tot ’n tsoenami gelei nie, maar meer as 100 is dood weens geboue wat neergestort het, +2018: Groot skuddings tref Indonesië se toeriste-eiland Lombok, met meer as 500 sterftes, meestal aan die noordelike kant van die eiland. +Die skudding het duisende geboue vernietig en duisende toeriste was tydelik gestrand. +Sarah Palin se oudste seun gearresteer op aanklagte van huishoudelike geweld +Track Palin, die oudste seun van voormalige goewerneur van Alaska en vise-presidensiële kandidaat Sarah Palin, is gearresteer op aanklagte van huishoudelike geweld. +Palin, 29, van Wasilla, Alaska, is gearresteer onder verdenking van huishoudelike geweld, inmenging met ’n verslag van huishoudelike geweld en verset teen arrestasie, volgens ’n berig wat Saterdag deur Alaska Staatspolisie uitgereik is. +Volgens die polisieverslag het hy ’n vroulike kennis se foon by haar afgevat toe sy die polisie gebel het om die beweerde misdade aan te meld. +Palin is in aanhouding by Mat-Su Voorverhoorfasiliteit en word aangehou op ’n $500 onversekureerde borg, berig KTUU. +Hy het Saterdag in die hof verskyn, waar hy "onskuldig, beslis" verklaar het toe daar gevra is wat hy pleit, het die netwerk berig. +Palin staar drie klas A-oortredings in die gesig, wat beteken hy kan vir tot ’n jaar opgesluit en $250 000 beboet word. +Hy word ook aangekla van ’n klas B-oortreding, strafbaar met ’n dag in die tronk en ’n boete van $2 000. +Dit is nie die eerste keer wat daar kriminele klagte teen Palin gelê is nie. +In Desember 2017 is hy daarvan aangekla dat hy sy pa, Todd Palin, aangerand het. +Sy ma, Sarah Palin, het die polisie gebel en die beweerde aanval aangemeld. +Die saak dien tans voor Alaska se Veteranehof. +In Januarie 2016 is hy aangekla van huishoudelike geweld, inmenging met die verslag van ’n misdaad van huishoudelike geweld, en besit van ’n vuurwapen terwyl hy dronk was, in verband met die voorval. +Sy meisie het beweer dat hy haar in die gesig geboks het. +Sarah Palin is in 2016 deur veteranegroepe gekritiseer nadat sy haar seun se gedrag gekoppel het aan PTSD as volg van sy diensplig in Irak. +Indonesië aardbewing-tsoenami: honderde oorlede +Ten minste 384 mense is oorlede nadat ’n aardbewing Vrydag die Indonesiese eiland Sulawesi getref het. +Die 7,5-omvang aardbewing het gelei tot ’n tsoenami wat duisende huise vernietig het. +Elektrisiteit en kommunikasienetwerke is buite aksie gestel met sterftesyfers wat verwag word om in die komende dae te styg. +Die aardbewing het net buite sentraal Sulawesi getref, wat noordoos van die Indonesiese hoofstad, Jakarta, is. +Video's sirkuleer op sosiale media wat die oomblik van impak wys. +Honderde mense het bymekaargekom vir ’n strandfees in die stad Palu toe die tsoenami die strand getref het. +Federale aanklaers soek seldsame doodsvonnis vir verdagte in NYC-terreuraanval +Federale aanklaers in New York soek die doodsvonnis vir Sayfullo Saipov, die verdagte in die New York City-terreuraanval wat agt mense se dood veroorsaak het – ’n seldsame straf wat nog nie in die staat uitgevoer is vir ’n federale misdaad sedert 1953 nie. +Saipov, 30, het na bewering ’n Home Depot-huurvragmotor gebruik om ’n aanval op ’n fietspad langs die West Side-snelweg in Laer Manhattan uit te voer om voetgangers en ’n fietsryer wat in sy pad was in Oktober af te maai. +Om ’n doodsvonnis te regverdig, sal aanklaers moet bewys dat Saipov "doelbewus" die agt slagoffers doodgemaak het en "doelbewus" ernstige liggaamlike beserings toegedien het, volgens die kennisgewing van voorneme om vir die doodstraf te vra, ingedien in die Suidelike Distrik van New York. +Albei daardie aanklagtes dra moontlike doodstraf, volgens die hofdokument. +Weke na die aanval, het ’n federale groot jurie Saipov met 22 aanklagte geslaan, wat agt aanklagte van moord ten bate van afpersing ingesluit het, wat tipies gebruik word deur federale aanklaers in geörganiseerdemisdaadsake, en ’n klag van geweld en vernieling van motorvoertuie. +Die aanval het "deeglike beplanning en voorbedagtheid" vereis, het aanklaers gesê en die manier beskryf waarop Saipov dit uitgevoer het as "afskuwelik, wreed en pervers". +"Sayfullo Habibullaevic Saipov het besering, skade en verlies aan die familie en vriende van Diego Enrique Angelini, Nicholas Cleves, Ann-Laure Decadt, Darren Drake, Ariel Erlij, Hernan Ferruchi, Hernan Diego Mendoza, en Alejandro Damian Pagnucco veroorsaak,” het die bedoelingskennisgewing vermeld. +Vyf van die slagoffers was toeriste van Argentinië af. +’n Dekade is al verby sedertdien die Suidelike Distrik van New York geregtelik 'n doodstrafsaak vervolg het. +Die beskuldigde, Khalid Barnes, is vir die moord van twee dwelmverskaffers gevonnis, maar is eindelik in September 2009 tot lewenslange tronkstraf gevonnis. +Die laaste keer wat die doodstraf in 'n federale saak in New York uitgevoer is, is in 1953 vir Julius en Ethel Rosenberg, ’n getroude paartjie wat ter dood gebring is nadat hulle gevonnis is vir ’n komplot om spioenasie uit te voer vir die Sowjetunie gedurende die koue oorlog twee jaar vroeër. +Albei Rosenberges is met die elektriese stoel op Junie 19, 1953 teregestel. +Saipov, 'n inboorling van Oezbekistan, het geen berou gedemonstreer in die dae en maande na die aanval nie, volgens hofdokumente. +Hy het aan speurders vermeld dat hy goed gevoel het oor wat hy gedoen het, het die polisie gesê. +Saipov het die owerhede gesê dat hy geïnspireer was om die aanval uit te voer nadat hy ISIS-video’s op sy foon gekyk het, volgens die aanklagte. +Hy het ook versoek om die ISIS-vlag in sy hospitaalkamer te vertoon, het die polisie gesê. +Hy het onskuldig gepleit op die 22 aanklagtes. +David Patton, een van die federale pro Deo-advokate wat Saipov verteenwoordig, het gesê dat hulle "natuurlik teleurgesteld" met die vervolging se besluit is. +"Ons dink dat die besluit om die doodstraf te begeer eerder as om ’n skulderkenning tot lewensgevangenisstraf met geen moontlike vrylating te aanvaar, net die trauma van hierdie gebeurtenisse vir al die betrokkenes sal verleng." het Patton gesê. +Saipov se verdedigingspan het voorheen vervolgers gevra om nie die doodstraf te begeer nie. +Tory LP sê dat NIGEL FARAGE in beheer van Brexit-onderhandelinge geplaas moet word. +Nigel Farage het ’n gelofte afgelê om vandag "die mense se weermag" te mobiliseer gedurende ’n protes by die Tory-konferensie. +Die voormalige Ukip-leier het gesê politici moes die "hitte voel" van Euroskeptici af – aangesien een van Theresa May se eie LP’s voorgestel het hy in beheer van onderhandelinge met die EU moet wees. +Konserwatiewe agterbanker Peter Bone het vir die mars in Birmingham gesê dat die VK teen die tyd "sou uit wees" as Mr Farage Brexit-sekretaris was. +Maar die uitdaging wat mev May in die gesig staar om haar diepverdeelde offisiere te verenig is deur pro-Romein Tories aangedik deur by ’n aparte protes teen Brexit in die stad aan te sluit. +Die premier sukkel om haar Chequers-kompromisplan op dreef te hou te midde van aanvalle van Brexiteers, Remainers en die EU. +Bondgenote het daarop aangedring dat sy deur sal druk in haar poging om ’n ooreenkoms aan te gaan met Brussel ten spyte van die dooiegang – en Euroskeptici en Arbeid dwing om tussen haar pakket en 'chaos' te kies. +Mnr Bone het vir die Loop Beteken Loop-byeenkoms in Solihull gesê dat hy "Chequers wou uitsmyt". +Hy het voorgestel dat mnr Farage ’n edelman gemaak moes word het en die verantwoordelikheid gegee word vir onderhandelinge met Brussel. +‘As hy in beheer was, sou ons teen die tyd al uit gewees het,' het hy gesê. +Die Wellingborough-LP het bygevoeg: 'Ek sal opstaan vir Brexit, maar ons moet Chequers uitsmyt.' +Hy het sy teenstand teen die EU uiteengesit en gesê: "Ons het nie wêreldoorloë geveg om onderdanig te wees nie. +Ons wil ons eie wette in ons eie land maak.’ +Mnr Bone het voorstelle van die hand gewys dat openbare opinie sedert die 2016-stemmery verander het: ‘Die idee dat die Britse mense van mening verander het en wil bly is heeltemal onwaar.’ +Tory Brexiteer Andrea Jenkyns was ook by die mars en het vir verslaggewers gesê: ‘Ek sê eenvoudig: Eerste Minister, luister vir die mense. +‘Chequers is ongewild met die algemene publiek, die opposisie gaan nie daarvoor stem nie, dit is ongewild met ons party en ons aktiviste wat eintlik die strate bombardeer en maak seker dat ons in die eerste plek gekies word. +Laat Chequers asseblief gaan en begin luister.’ +In ’n direkte boodskap aan mev May, het sy bygevoeg: ‘Eerste ministers moet hulle werk hou wanneer hulle hulle beloftes hou.’ +Mnr Farge het vertel dat die byeenkomspolitici die "hitte moes voel" as hulle op die drumpel was om die besluit wat in die 2016-referendum geneem is, te wou skend. +‘Dit gaan nou oor ’n vertrouesaak tussen ons - die mense - en ons politieke klas," het hy gesê. +‘Hulle probeer Brexit verraai en ons is vandag hier om hulle te vertel ‘ons sal nie dat julle daarmee wegkom nie’.’ +In ’n boodskap aan die entoesiastiese skare, het hy bygevoeg: ‘Ek wil hê julle moet ons politieke klas, wie op die punt is om Brexit te verraai, die hitte te laat voel. +‘Ons mobiliseer die mense se weermag van hierdie land wat ons oorwinning in Brexit gegee het en sal nie rus totdat ons ’n onafhanklike, selfregerende, trotse Verenigde Koninkryk is nie.’ +Intussentyd, het Remainers deur Birmingham gemars voordat hulle 'n byeenkoms vir twee ure in die middestad gehou het. +’n Paar aktiviste het Tories teen Brexit-baniere gewaai nà die bekendstelling van die groep hierdie naweek. +Arbeidedelman Lord Adonis het die konserwatiewes gespot vir die sekuriteitskwessies wat hulle verduur het met ’n partytoepassing soos die konferensie geopen het. +‘Dit is die mense wat vir ons sê dat hulle die IT-stelsels en al die tegnologie vir Kanada plus plus in plek kan hê, vir die wrywinglose grens, vir vryhandel sonder grense in Ierland," het hy bygevoeg. +‘Dit is ’n algehele klug. +Daar is nie so ’n ding soos ’n goeie Brexit nie,’ het hy bygevoeg. +Warren beplan om ‘hard daarna te kyk’ om vir president te staan +U.S. Sen Elizabeth Warren sê sy sal "hard daarna kyk om vir president te staan" nà die November-verkiesings. +Die Boston Globe doen verslag dat die Massachusetts-demokraat gepraat het oor haar toekoms tydens ’n stadsaalvergadering in westelike Massachusetts Saterdag. +Warren, ’n gereelde kritiek van President Donald Trump, staan vir herverkiesing in November teen GOP staat Rep Geoff Diehl wat medevoorsitter van Trump se 2016 Massachusetts-veldtog was. +Sy is al in die middel van bespiegeling dat sy Trump dalk in 2020 gaan uitdaag. +Saterdagmiddag se gebeurtenis in Holyoke was haar 36ste vergadering met konstituerendes met die gebruik van die stadsaalformaat sedert Trump aan bewind is. +’n Bywoner het haar gevra of sy beplan om vir president te staan. +Warren het geantwoord dat dit tyd was "vir vroue om na Washington toe te gaan om ons gebroke regering reg te maak, en dit sluit in ’n vrou heel bo." +Arrestasie gemaak in skietdood van LSU se Sims +Polisie in Baton Rouge, LA., het Saterdag aangekondig dat ’n verdagte in die skietdood van LSU-basketspeler Wayne Sims Vrydag gearresteer is. +Die Baton Rouge-polisiedepartement het die arrestasie van Dyteon Simpson, 20, om 11 v.m aangekondig. ET-nuuskonferensie. +Hulle het ’n video van die skietvoorval Vrydag vrygestel en om hulp gevra om ’n man te identifiseer wat in die beeldmateriaal gesien is. +Sims, 20, is vroeg Vrydag naby Southern University se kampus geskiet en doodgemaak. +"Wayde Sims het ’n skietwond in die kop opgedoen en is eindelik as gevolg daarvan dood," het polisiehoof Murphy J. Paul die media per 247sports Saterdag vertel. +Wayde het ingetree om sy vriend te verdedig en is deur Simpson geskiet. +Simpson is ondervra en het erken dat hy op die toneel was, in besit van 'n wapen was, en het erken dat hy Wayde Sims geskiet het. +Simpson is gearresteer sonder voorval en in hegtenis geneem by East Baton Rouge Parish-polisiedepartement. +’n 6-voet-6 jongere wat in Baton Rouge grootgeword het, het Sims in 32 wedstryde met 10 voorspronge laas seisoen gespeel en het hy ’n gemiddeld van 17.4 minute, 5.6 punte en 2.9 terugspringballe per spel gehandhaaf. +Russiese Grand Prix: Lewis Hamilton beklink wêreldtitel nadat spanbevele hom sy wen oor Sebastian Vettel gegee het +Dit het duidelik geword die oomblik wat Valtteri Bottas Saterdag voor Lewis Hamilton gekwalifiseer het toe Mercedes se spanbevele ’n groot rol in die resies sou speel. +Van paalposisie af, het Bottas ’n goeie begin gehad en het amper vir Hamilton gewen soos hy sy posisie in die eerste twee draaie verdedig het en Vettel genooi het om sy spanmaat aan te val. +Vettel het eerste in die putte ingegaan en Hamilton gelos om heel agter in die bondel in die verkeer in te ry, iets wat beslissend moes gewees het. +Die Mercedes het ’n rondte later geput en agter Vettel uitgekom, maar Hamilton het vooruitgegaan na wiel-aan-wiel aksie wat die Ferrari-drywer teensinnig risiko-vry die binneste sien verlaat het op gevaar van uithouding na ’n dubbel-beweging om op die derde hoek te verdedig. +Max Verstappen het van die agter ry van die wegspringrooster af begin en was sewende teen die einde van die eerste rondte op sy 21ste verjaarsdag. +Hy het toe vir ’n groot gedeelte van die resies gelei soos hy aan sy bande vasgehou het om vinnig klaar te maak en Kimi Raikkonen vir vierde plek verby te steek. +Hy het eventueel op die 44ste rondte by die putte ingekom, maar kon nie sy pas in die oorblywende agt rondtes versnel nie aangesien Raikkonen vierde plek gevat het. +Daar is gesê dat dit ’n moeilike dag was, omdat Valtteri heel naweek fantasties gedoen het en ‘n ware meneer was. +Die span het uitsonderlike werk verrig om ’n een-twee te hê," het Hamilton gesê. +Dit was rêgtige slegte lyftaal gewees +President Donald Trump het Saterdag by ’n byeenkoms Senator Dianne Feinstein bespot oor haar aandrang dat sy nie Christine Blasey Ford se brief gelek het waarin sy Hooggeregshof-genomineerde Brett Kavanaugh van seksuele aanranding beskuldig het nie. +Die president het by ’n byeenkoms in Wes-Virginië gepraat en het nie direk die getuienis wat Ford voor die Senaatregskommittee gegee het, aangespreek nie. In plaas daarvan, het hy kommentaar gelewer dat wat in die Senaat aangaan gewys het dat mense "gemeen en onbeskof en leuenaars" was. +"Die een ding wat kan gebeur en die lieflike ding wat oor die afgelope paar dae in die Senaat aangegaan het, wanneer jy die woede sien, wanneer jy mense sien wat kwaad en gemeen en leuenaars is," het hy gesê. +"Wanneer jy kyk na verklarings en lekkasies en dan sê hulle "o, ek het dit nie gedoen nie. +Ek het dit nie gedoen nie." +Onthou? +Dianne Feinstein, het jy gelek? +Onthou haar antwoord... het jy die dokument gelek - "o, o, wat? +O, nee. +Ek het dit nie gelek nie." +Wel, wag ’n bietjie. +Het ons dit gelek...Nee, ons het dit nie gelek nie,” het hy bygevoeg, in ’n voordoening van die senator. +Feinstein is die brief gestuur wat die aantygings terug in Julie teen Kavanaugh deur Ford uiteengesit het, en dit is vroeër in September gelek - maar Feinstein het ontken dat die lekkasie van haar kantoor afgekom het. +"Ek het nie Dr. Ford se aantygings weggesteek nie. Ek het nie haar storie gelek nie," het Feinstein aan die komitee vertel, het The Hill gerapporteer. +"Sy het my gevra om dit vertroulik te hou en ek het dit vertroulik gehou soos sy gevra het." +Maar die president het nie haar ontkenning goed geag nie en het gedurende Saterdagaand se byeenkoms kommentaar gelewer: "Ek sê jou wat. Dit was rêgtige slegte lyftaal gewees. +Dalk het sy nie, maar dis die ergste lyftaal wat ek nog ooit gesien het." +Die president het voortgegaan om die Hooggeregshof-genomineerde wat deur drie vroue van seksuele wangedrag beskuldig word, te verdedig en voorgestel dat die demokrate die aantygings vir hulle eie doeleindes gebruik. +"Hulle is vasberade om met enige nodige middel mag terug te neem. +Jy sien die gemeenheid, die onhoflikheid, hulle gee nie om wie hulle seermaak nie, wie hulle moet omry om mag en beheer te kry nie," het Mediaite gerapporteer die president gesê het. +Elite League: Dundee Stars 5-3 Belfast Giants +Patrick Dwyer het twee doele vir die Giants teen Dundee gegooi +Dundee Stars het versoen vir Vrydag se Elite League se verlies teen Belfast Giants deur Saterdag die teenwedstryd 5-3 in Dundee te wen. +Die Giants het ’n vroeë twee-doel leiding gekry deur gooie vanaf Patrick Dwyer en Francis Beauvillier. +Mike Sullivan en Jordan Cownie het die tuisspan gelykop gebring voordat Dwyer die Giants se leiding herstel het. +Francois Bouchard het Dundee gelykop gebring voordat twee Lukas Lundvald Nielsen-doele hulle oorwinning vasgemaak het. +Dit was die derde Elite League oorwinning van die seisoen vir Adam Keefe se manne wie eers wedstryde verloor het en toe Vrydagaand Dundee 2-1 in Belfast gewen het. +Dit was die vierde byeenkoms van die seisoen tussen die kante, met die Giants wat die vorige drie wedstryde gewen het. +Dwyer se oopbal het in die vierde minuut op 3:35 vanaf ’n Kendall McFaull-hulp gekom, met David Rutherford wat die hulp gebied het toe Beauvillier die leiding vier minute later verdubbel het. +In wat ’n besige openingstydperk was, het Sullivan die tuisspan op 13:10 terug in die spel gebring voordat Matt Marquardt die voorsiener vir Cownie se gelykmaker op 15:16 geword het. +Dwyer het seker gemaak die Giants neem leiding tot in die eerste breek in toe hy sy tweede doel van die aand aan die einde van die eerste helfte gegooi het. +Die tuisspan het hergroepeer en Bouchard het weereens hulle gelykop gekry met ’n kragspeldoel op 27:37. +Cownie en Charles Corcoran het saamgestaan om Nielsen te help om Dundee vir die eerste keer in die wedstryd die leiding te gee laat in die tweede helfte en hy het seker gemaak van die wen met sy span se vyfde punt halfpad deur die finale helfte. +Die Giants wie nou vier van hulle laaste vyf wedstryde verloor het, is tuis na Milton Keynes in hulle volgende wedstryd Vrydag. +Lugverkeersbeheerder sterf om seker te maak honderde op vliegtuig kan aardbewing ontsnap +’n Lugverkeersbeheerder in Indonesië word as ’n held beskou nadat hy gesterf het toe hy seker gemaak het dat ’n vliegtuig wat honderde mense gedra het, veilig opgestyg het. +Meer as 800 mense is dood en meer word vermis na ’n groot aardbewing Vrydag die eiland van Sulawesi getref het, en ’n tsoenami veroorsaak het. +Daar is nog sterk naskokke in die area en baie is vasgevang in afbreeksels in die stad van Palu. +Maar ten spyte van sy kollegas wat vir hulle lewens gevlug het, het 21-jarige Anthonius Gunawan Agung geweier om sy pos in die beheertoring wat erg op die Mutiara SIS Al-Jufri-lughawe in Palu geswaai het, te verlaat. +Hy het onbeweeglik gebly om seker te maak dat die Batik Air-vlug 6321, wat op daardie tydstip op die aanloopbaan was, in staat was om veilig op te styg. +Hy het toe van die verkeerbeheertoring af gespring toe hy dag dat dit inmekaar tuimel. +Hy het later in die hospitaal doodgegaan. +Woordvoerder vir Air Navigation Indonesia, Yohannes Sirait, sê dat die besluit moontlik honderde lewens gered het, het Australië se ABC News gerapporteer. +Ons het ’n helikopter vanaf Balikpapan in Kalimantan voorberei om hom na ’n groter hospitaal in ’n ander stad toe te neem. +Ongelukkig het ons hom vanoggend verloor voordat die helikopter Palu bereik het. +"Ons harte breek om hiervan te hoor," het hy bygevoeg. +Intussen vrees owerhede dat die dodetal die duisende kan bereik met die land se rampversagtingagentskap wat sê dat toegang tot die dorpe van Donggala, Sigi en Boutong beperk is. +"Daar word geglo dat die dodetal steeds verhoog aangesien vele lyke nogsteeds onder die bouvalle is terwyl baie nog nie bereik kan word nie," het agentskapwoordvoerder Sutopo Purwo Nugroho gesê. +Golwe wat tot ses meter bereik het, het Palu geruk wat Sondag ’n massabegrafnis sal hou. +Militêre en kommersiële vliegtuie bring hulp en voorraad in. +Risa Kusuma, ’n 35-jarige ma, het Sky News vertel: "Elke minuut bring ’n ambulans liggame in. +Skoon water is skaars. +Die minimarke word oral geplunder." +Jan Gelfand, hoof van die Internasionale Rooikruis in Indonesië, het CNN vertel: "Die Indonesiese Rooikruis jaag om oorlewendes te help, maar ons weet nie wat hulle daar gaan vind nie. +Dit is alreeds ’n tragedie, maar dit kan veel erger raak.” +Indonesië se president Joko Widodo het Sondag in Palu gearriveer en vir die land se militêre diens gesê: "Ek vra almaI van julle om dag en nag te werk om elke taak verwant aan ontruiming te voltooi. +Is julle gereed?” het CNN gerapporteer. +Indonesië is vroeër hierdie jaar deur aardbewings in Lombok getref waarin meer as 550 mense dood is. +Mikronesië-vliegtuigongeluk: Air Niugini sê nou een man word vermis ná strandmeer vliegtuigongeluk +Die lugredery wat ’n vlug hanteer het wat in ’n Stille Oseaan-strandmeer in Mikronesië neergestort het sê nou dat een man vermis is nadat hulle vroeër gesê het dat al 47 passasiers en bemanning veilig die sinkende vliegtuig ontruim het. +Air Niugini het in ’n verklaring gesê dat sedert Saterdagmiddag kon hulle nie van ’n manlike passasier rekenskap gee nie. +Die lugredery het gesê dat hulle met plaaslike owerhede, hospitale en speurders werk om die man te probeer vind. +Die lugredery het nie dadelik op versoeke vir meer besonderhede oor die passasier, soos sy ouderdom of nasionaliteit, gereageer nie. +Plaaslike bote het gehelp om die ander passasiers en bemanning te red ná die vliegtuig die water getref het terwyl dit by die Chuuk-eiland-lughawe probeer land het. +Amptenare het Vrydag gesê dat sewe mense na ’n hospitaal geneem is. +Die lugredery het gesê dat ses passasiers Saterdag in die hospitaal gebly het, en dat almal van hulle in ’n stabiele toestand was. +Die oorsaak van die ineenstorting en die presiese opeenvolging van gebeurtenisse bly onduidelik. +Die lugredery en die U.S.- vloot het beide gesê dat die vliegtuig naby die aanloopbaan in die strandmeer geland het. +Party getuies het gedink dat die vliegtuig die aanloopbaan verbygeskiet het. +Amerikaanse passasier Bill Jaynes het gesê dat die vliegtuig baie laag ingekom het. +"Dit is ’n besondere goeie ding," het Jaynes gesê. +Jaynes het gesê hy en die ander het dit reggekry om deur middeldiep water te loop tot by die nooduitgange op die sinkende vliegtuig. +Hy het gesê dat die lugwaardinne paniekbevange geraak het en geskree en dat hy ’n klein kopbesering opgedoen het. +Die U.S.- vloot het gesê dat skepelinge wat naby aan die verbetering van ’n kaai gewerk het ook met ’n opblaasbare boot met die redding gehelp het om mense heen en weer aan land te kry voor die vliegtuig in omtrent 30 meter (100 voet) se water gesink het. +Data vanaf die Lugveiligheidsnetwerk dui aan dat 111 mense al in die afgelope twee dekades in ineenstortings van PNG-geregistreerde lugrederye dood is, maar Air Niugini was betrokke by een gewees. +Analiste sit tydlyn uiteen van aand wat vrou lewendig gebrand is +Die staat het Saterdag sy saak gesluit in die herverhoor van ’n man wat daarvoor aangekla word dat hy ’n Mississippi-vrou in 2014 lewendig gebrand het. +V.S.- departement van justisie-analis Paul Rowlett het vir ure lank as ’n deskundige getuie in die veld van intelligensie-analise getuig. +Hy het vir die jurie uiteengesit hoe hy selfoonrekords gebruik het om die bewegings van 29-jarige aangeklaagde Quinton Tellis en die 19-jarige slagoffer, Jessica Chambers, bymekaar te sit die aand wat sy dood is. +Rowlett het gesê dat hy liggingdata vanaf verskillende selfone ontvang het wat gewys het dat Tellis saam Chambers die aand van haar dood was, wat in teenspraak was met sy vorige bewerings, het The Clarion Ledger gerapporteer. +Toe data gewys het dat sy selfoon by Chambers was gedurende die tydperk wat hy gesê het hy by sy vriend Michael Sanford was, het die polisie met Sanford gaan praat. +Sanford het Saterdag getuig dat hy nie daardie dag in die stad was nie. +Toe aanklaers hom vra of Tellis die waarheid vertel toe hy sê hy daardie nag in Sanford se trok was, het Sanford gesê hy “jok, want my trok was in Nashville." +Nóg ’n inkonsekwensie is dat Tellis gesê het dat hy Chambers vir omtrent twee weke geken het toe sy dood is. +Selfoonrekords het aangedui dat hulle mekaar net vir ’n week geken het. +Rowlett het gesê dat ’n rukkie na Chambers se dood, het Tellis Chambers se boodskappe, oproepe en kontakinligting van sy foon af uitgevee. +"Hy het haar uit sy lewe gewis," het Hale gesê. +Die verdediging is geskeduleer om sy slotpleidooie Sondag te begin. +Die regter het gesê dat hy verwag het dat die verhoor later daardie dag na die jurie sou gaan. +The High Breed: Wat is bewuste hip-hop? +’n Hip-hop trio wil die negatiewe uitkyk van die genre uitdaag deur hulle musiek met positiewe boodskappe te vul. +The High Breed, van Bristol, beweer dat hip-hop wegbeweeg het van sy oorsprong van politieke boodskappe en die aanpakking van maatskaplike kwessies. +Hulle wil terug na die fondamente toe gaan en bewuste hip-hop weer gewild maak. +Kunstenaars soos The Fugees en Common het ’n onlangse herrysing in die VK gesien deur kunstenaars soos Akala en Lowkey. +Nóg ’n swart persoon?! +NY-kinderjuffrou dagvaar paartjie omdat sy na “rasistiese” teks afgedank is +’n New York-kinderjuffrou dagvaar ’n paartjie vir diskriminerende afdanking nadat sy ’n verkeerd geadresseerde boodskap van die ma af ontvang het wie gekla het dat sy "nóg ’n swart persoon" was. +Die paartjie ontken dat hulle rassisties is en vergelyk die geding met "afpersing." +Lynsey Plasco-Flaxman, ’n ma van twee, het haar ontsteltenis gelug toe sy uitvind dat die nuwe kinderversorger, Giselle Maurice, swart was toe sy vir haar eerste werksdag in 2016 gearriveer het. +"NEEEEEEEEEEE NÓG ’N SWART PERSOON," het mev Plasco-Flaxman aan haar man in ’n boodskap geskryf. +Pleks dat sy dit aan haar man stuur, het sy dit egter twee keer aan me Maurice gestuur. +Nadat sy haar flater agtergekom het, het ’n "ongemaklike" Plasco-Flaxman me Maurice afgedank en gesê dat hulle uitgaande kinderjuffrou wat Afrika-Amerikaans was, slegte werk gedoen en dat sy eerder ’n Filippyner verwag het, volgens die New York Post. +Me Maurice is vir haar een dag se werk betaal en toe met ’n Uber huistoe gestuur. +Nou dagvaar Maurice die paartjie vir skadevergoeding oor die afdanking en soek sy skadevergoeding tot die bedrag van $350 per dag vir die ses maande, inwonende werkie waarvoor sy aanvanklik aangestel is, alhoewel dit sonder ’n kontrak was. +"Ek wil vir hulle wys, kyk, jy doen nie sulke goed nie," het sy Vrydag die Post vertel en bygevoeg "Ek weet dit is diskriminasie." +Die paartjie het teruggeslaan op die bewerings dat hulle rassisties is en gesê dat dit die redelike ding was om Maurice se indiensneming te beëindig en gevrees dat hulle haar nie sou kon vertrou nadat hulle haar beledig het nie. +"My vrou het vir haar iets gestuur wat sy nie bedoel het om te sê nie. +Sy is nie ’n rassis nie. +Ons is nie rassistiese mense nie," het man Joel Plasco die Post vertel. +"Maar sou jy jou kinders in die hande van iemand sit met wie jy onbeskof was, al was dit per abuis gewees? +Jou pasgebore baba? +Toe nou." +Plasco het die saak met “afpersing” vergelyk en gesê dat sy vrou oor twee maande ’n baba sou gehad het en in ’n “baie moeilike situasie” was." +"Gaan jy só ’n persoon agternasit? +Dis nie ’n baie mooi ding om te doen nie," het die beleggingsbankier bygevoeg. +Terwyl die regsaak nog voortgaan, was die hof van openbare opinie vinnig gewees om die paartjie op sosiale media aan te bring en hulle vir hulle gedrag en logika te kap. +’n Nuwe brief onthul dat Paddington-uitgewers gevrees het dat ’n pratende beer nie lesers in verband sou bring nie +Bond se dogter Karen Jankel, wie gebore is kort na die boek aanvaar is, het oor die brief gesê: "Dit is moeilik om jouself in die skoene te sit van iemand wat dit vir die eerste keer lees voordat dit gepubliseer is. +Dit is baie vermaaklik dié dat ons van Paddington se groot sukses weet." +Sy het gesê dat haar pa vurig sou gewees het as sy werk verwerp was. Hy was ’n BBC-kameraman gewees voor hy geïnspireer is om die kinderboek oor die klein speelgoedbeertjie te skryf. Sy het bygevoeg dat die 60ste herdenking van die boek se bekendmaking na sy dood laas jaar “bittersoet” was. +Oor Paddington, wie sy as ’n “baie belangrike lid van ons gesin" beskryf, het sy bygevoeg dat haar pa stilletjies trots op sy eindelike sukses was. +"Hy was nogal ’n stil man gewees en hy was nie ’n appelgaaierige mens nie," het sy gesê. +"Maar omdat Paddington eg vir hom was, was dit amper asof mens ’n kind het wat iets bereik het: jy is trots op hulle, selfs al is dit nie jou werk nie. +Ek dink hy het Paddington se sukses soort van op daardie manier beskou. +Al was dit sy skepping en verbeelding gewees, het hy altyd die eer vir Paddington self gegee." +My dogter was besig om dood te gaan en ek moes oor die foon groet +Toe sy geland het, is haar dogter na Nice se Louis Pasteur 2-hospitaal gejaag waar dokters tevergeefs gewerk het om haar lewe te red. +"Nad het gereeld gebel om te sê dat dit rêrig sleg was, dat hulle nie verwag het dat sy dit sou maak nie," het mev Ednan-Laperouse gesê. +"Toe kry ek die oproep van Nad af om te sê dat sy binne die volgende twee minute sou doodgaan en dat ek haar moes groet het. +En ek het. +Ek het gesê, "Tashi, ek is baie lief vir jou, hartlam. +Ek sal binnekort saam met jou wees. +Ek sal by jou wees. +Die medisyne wat die dokters haar gegee het om haar hart aan die klop te hou was stadig besig om op te raak en haar sisteem te verlaat. +Sy is ’n rukkie voor dit dood en die liggaam was besig om af te sluit. +Ek moes net daar sit en wag, wetend dat dit als ontvou. +Ek kon nie tjank of skree of huil nie, omdat ek in ’n situasie was waar ek deur families en mense omring was. +Ek moes dit regtig byeenhou." +Uiteindelik het mev Ednan-Laperouse, wie teen dié tyd seer was vir die verlies van haar dogter, saam met die ander passasiers aan boord die vliegtuig gegaan - onbewus van die beproewing waardeer sy gegaan het. +"Niemand het geweet nie," het sy gesê. +"Ek het my kop gesak gehad en die trane het die heeltyd geval. +Dis moeilik om te verduidelik, maar ek het op die vlug ’n oorweldigende simpatieke gevoel vir Nad gekry. +Dat hy my liefde en begrip nodig gehad het. +Ek het geweet hoeveel hy haar lief gehad het." +Treurende vroue pos kaarte om selfmoorde op brug te voorkom +Twee vroue wat geliefdes weens selfmoord verloor het, werk daaraan om ander te verhoed om hulle eie lewens te vat. +Sharon Davis en Kelly Humphreys pos kaarte al vir ’n rukkie lank op ’n Walliese-brug met inspirerende boodskappe en foonnommers wat mense vir ondersteuning kan bel. +Me Davis se seun Tyler was 13 gewees toe hy aan depressie begin lei het en het homself op 18 doodgemaak. +"Ek wil hê dat geen ouer moet voel soos ek elke dag voel nie," het sy gesê. +Me Davis, 45, woon in Lydney en het gesê dat haar seun ’n belowende sjef met ’n aansteeklike glimlag was. +“Almal het hom vir sy glimlag geken. +Hulle het altyd gesê dat sy glimlag enige vertrek verhelder het." +Hy het egter werk opgegee voordat hy dood is, omdat hy “in ’n baie donker plek” was. +In 2014, het Tyler se broer, wie destyds 11 was, sy broer gevind na hy sy eie lewe geneem het. +Me Davis het gesê: "Ek bekommer my aanhoudend dat daar ’n domino-effek gaan wees." +Me Davis het die kaarte ontwerp, "om mense te laat weet dat daar mense daar buite is na wie jy toe kan gaan en met wie jy kan praat, al is dit ’n vriend. +Moenie in stilte sit nie - jy moet praat.” +Me Humphreys, wat al vir jare ’n vriendin van Me Davies is, het Mark verloor, haar eggenoot van 15 jaar, nie lank na die dood van sy ma nie. +"Hy het nie gesê dat hy siek voel of depressief is of enigiets nie," het sy gesê. +"’n Paar dae voor Kersfees het ons ’n verandering in sy houding opgemerk. +Hy het op Kersdag die allerlaagste punt bereik - toe die kinders hulle geskenke oopgemaak het, het hy nie oogkontak of iets met hulle gemaak nie." +Sy het gesê sy dood was baie traumaties vir hulle gewees, maar dat hulle daardeur moes werk: "Dit ruk ’n gat deur die familie. +Dit skeur ons uiteen. +Maar ons moet almal aangaan en veg." +As jy sukkel, kan jy gratis Samaritans skakel op 116 123 (VK en Ierland), e-pos jo@samaritans.org, of besoek die Samaritans-webwerf hier. +Brett Kavanaugh se toekoms is nog onbeslis soos FBI ondersoek begin +"Ek het gedink as ons eintlik iets kon kry soos waarvoor hy gevra het - ’n tydlose ondersoek wat geen bestek het nie - kon ons dalk ’n bietjie eenheid bring," het Mr Flake Saterdag gesê en bygevoeg dat hy gevrees het dat die komitee besig was om "uitmekaar te val" onder verskanste partisaan opeenhoping. +Hoekom wou mnr Kavanaugh en sy Republikein-ondersteuners nie gehad het die FBI ondersoek moes instel nie? +Hulle teensinnigheid is alles weens tydsberekening. +Die tussenverkiesings is slegs weke weg, op 6 November - indien, soos daar verwag word, die Republikeine sleg vaar, dan sal hulle erg verswak word in hulle pogings om die man te kry wat hulle na die hoogste hof in die land verkies wil hê. +George W. Bush bel senatore om hulle te beïnvloed om mnr Kavanaugh te ondersteun, wie in die Withuis gewerk het en wat deur hom sy vrou Ashley ontmoet het en mnr Bush se persoonlike sekretaresse was. +Wat gebeur nadat die FBI sy verslag opgelewer het? +Daar sal ’n stemmery in die senaat wees, waar 51 Republikeine en 49 Demokrate huidiglik sit. +Dis nog nie duidelik of mnr Kavanaugh tot by ten minste 50 stemme op die senaat-vloer kan kom nie wat Mike Pence, die visepresident, sal toelaat om ’n gelykopspel te breek en hom tot die Hooggeregshof te bevestig. +Noord-Korea oorloper getalle ‘daal’ onder Kim +Die aantal Noord-Koreaanse oorlopers na Suid-Korea het gedaal sedertdien Kim Jong-un sewe jaar gelede aan die bewind gekom het, het ’n Suid-Koreaanse wetgewer gesê. +Park Byeong-seug het data vanaf die Suid se unifikasiekabinet aangehaal en gesê dat daar laas jaar 1,127 oorlopings was - in vergelyking met 2,706 in 2011. +Mnr Park het gesê strenger grensbeheer tussen Noord-Korea en Sjina en hoër tariewe wat deur mensesmokkelaars gevra word, is sleutelfaktore gewees. +Pyongyang het geen openbare kommentaar gelewer nie. +Die groot meerderheid oorlopers vanaf die Noorde word eindelik Suid-Korea-burgerreg aangebied. +Seoul sê meer as 30,000 Noord-Koreaaners het onwettig die grens oorgeloop sedert die einde van die Koreaanse oorlog in 1953. +Meeste vlug via Sjina, wat die langste grens met Noord-Korea het en is makliker om oor te loop as die hoogsbeskermende gedemilitariseerde sone (DMS) tussen die twee Koreas. +Sjina ag die oorlopers as onwettige immigrante eerder as vlugtelinge en repatrieer hulle dikwels met geweld. +Betrekkinge tussen die Noord en die Suid - wie steeds tegnies gesproke in oorlog met mekaar is - het in onlangse maande opvallend verbeter. +Vroeër hierdie maand, het die leiers van die twee lande in Pyongyang ontmoet vir gesprekke wat rondom die stakende onderhandelinge oor die verwydering van kernwapens gesentreer het. +Dit het gekom na die historiese vergadering in Junie tussen US-president Donald Trump en Kim Jong-un in Singapoer toe hulle in breë terme saamgestem het om saam te werk vir die kernvrye Koreaanse skiereiland. +Maar Noord-Koreaanse Minister van Buitelandse Sake Ri Yong-ho het Saterdag US-sanksies geblameer vir die gebrek aan vordering sedertdien. +“Sonder enige vertroue in die US, sal daar geen vertroue in ons nasionale sekuriteit wees nie en onder sulke omstandighede, is daar geen manier dat ons eensydig onsself eerste sal ontwapen nie,” het mnr Ri in ’n toespraak aan die VN-algemene vergadering in New York gesê. +Nancy Pelosi noem Brett Kavanaugh “histeries”, sê hy is onbevoeg om op die Hooggeregshof te dien +Huis minderheidsleier Nancy Pelosi het Hooggeregshof-genomineerde Brett Kavanaugh “histeries” genoem en gesê dat hy temperamenteel onbevoeg was om op die Hooggeregshof te dien. +Pelosi het Saterdag die kommentaar in ’n onderhoud by die Texas Tribune Festival in Austin, Texas, gelewer. +“Ek kon nie help om te dink dat as ’n vrou ooit só opgetree het, hulle ‘histeries’ sou sê nie,” het Pelosi gesê oor haar reaksie op Kavanaugh se getuienis voor die Senaat-regskommittee Donderdag. +Kavanaugh het emosioneel aantygings ontken dat hy seksueel dr Christine Blasey Ford aangerand het toe hulle albei tieners was. +Gedurende sy openingsverklaring, was Kavanaugh baie emosioneel gewees en het hy ten tye amper geskree en gestik terwyl hy sy familie en sy hoërskool jare bespreek het. +Hy het ook uitdruklik Demokrate op die komitee afgekeur en die bewerings teen hom ’n “belaglike en gekoördineerde karaktersluipmoord” genoem, geörganiseer deur liberale wat kwaad was dat Hillary Clinton die 2016 presidensiële verkiesing verloor het. +Pelosi het gesê dat sy geglo het dat Kavanaugh se getuienis bewys het dat hy nie op die Hooggeregshof kon dien nie, omdat dit gewys het dat hy teen Demokrate bevooroordeel was. +“Ek dink dat hy homself onbevoeg maak met daardie stellings en die manier waarop hy agter die Clintons en die Demokrate aangegaan het,” het sy gesê. +Pelosi het geaarsel toe sy gevra is of sy sou probeer om Kavanaugh aan te kla as hy bevestig is, en as Demokrate die meerderheid in die Laerhuis wen. +“Ek sal dit sê -- as hy nie die waarheid aan Kongres of die FBI vertel nie, dan is hy nie bevoeg om op die Hooggeregshof te wees nie, maar om op die hof te wees waarop hy tans is,” het Pelosi gesê. +Kavanaugh is tans ’n regter op die D.C. Ommegang Appèlhof. +Pelosi het bygevoeg dat sy as ’n Demokraat bekommerd was oor potensiële Kavanaugh-beslissings teen die Wet op Bekostigbare Sorg of Roe v. Wade aangesien hy ’n konserwatiewe reg geag word. +In sy bevestigingsverhore, het Kavanaugh vrae verbygespring oor of hy sekere Hooggeregshof-beslissings sou omvêrgooi. +“Dis nie tyd vir ’n histeriese, bevooroordeelde persoon om na die hof toe te gaan en verwag dat ons sê, ‘is dit nie wonderlik nie,’” het Pelosi gesê. +En vroue moet dit hanteer. +Dit is ’n regverdige diatribe, maande en jare se woede wat oorkook, en sy kan dit nie uitkry sonder om te huil nie. +“Ons huil wanneer ons kwaad word,” het me Steinem 45 jaar later vir my gesê. +“Ek dink nie dis ongewoon nie, doen jy?” +Sy het voortgegaan, “Ek is baie gehelp deur ’n vrou wat ’n uitvoerende beampte iewers was, wie ook gesê het dat sy huil wanneer sy kwaad geword het, maar ’n tegniek ontwikkel het wat beteken het dat wanneer sy kwaad geword het en begin huil het, sou sy vir die persoon met wie sy gepraat het, gesê het, “Jy dink dalk dat ek hartseer is omdat ek huil. +Ek is kwaad." +En dan het sy net aangegaan. +En ek het gedink dat dit briljant was." +Trane is toelaatbaar as ’n gedeeltelike uitgang vir toom omdat hulle fundamenteel misverstaan word. +Een van my skerpste herinneringe van ’n vroeë werk in ’n manlik-gedomineerde kantoor is waar ek een keer gevind het dat ek met naamlose woede huil en by my nekvel deur ’n ouer vrou gegryp is - ’n koue bestuurder vir wie ek bietjie bang was - wat my in ’n trapportaal gesleep het. +“Moet nooit laat hulle jou sien huil nie,” het sy my vertel. +“Hulle weet nie dat jy woedend is nie. +Hulle dink dat jy hartseer is en sal bly wees, omdat hulle ’n uitwerking op jou gehad het.” +Patricia Schroeder, destyds ’n Demokratiese kongresvrou vanaf Kolorado, het met Gary Hart op sy presidensiële veldtogte gewerk. +In 1987, toe mnr Hart in ’n buite-egtelike verhouding op ’n boot genoem Monkey Business uitgevang word en hy moes die resies verlaat, het me Schroeder, erg gefrustreerd, besef dat daar geen rede was waarom sy nie die idee dat sy vir president kan hardloop, kan ondersoek nie. +“Ek het nie goed oor die besluit nagedink nie,” het sy vir my laggend 30 jaar later gesê. +"Daar was reeds sewe ander kandidate in die wedren en die laaste ding wat hulle nodig gehad het, was nog een. +Iemand het dit “Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies” genoem. +Omdat dit laat in die veldtog was, was sy agter met vondsinsamelings en sy het dus ’n gelofte afgelê dat sy nie die resies sou binnegaan tensy sy $2 miljoen dollar ingesamel het nie. +Dit was ’n verlore stryd gewees. +Sy het ontdek dat van haar ondersteuners wat vir mans $1,000 gegee het, haar slegs $250 sou gee. +"Dink hulle ek kry afslag?" het sy gewonder. +Toe sy haar toespraak gelewer het en aangekondig het dat sy nie ’n formele veldtog sou loods nie, was sy oorstelp deur emosies - dankbaar vir die mense wat haar ondersteun het, gefrustreerd met die stelsel wat dit so moeilik gemaak het om geld in te samel en om kiesers eerder as delegate te teiken, en kwaad vir die seksisme - dat sy gestik het. +Jy sou gedink het dat ek ’n senuwee-instorting gehad het,” herroep me Schroeder oor hoe die pers op haar gereageer het. +“Jy sou gedink het dat Kleenex my korporatiewe borg was. +Ek onthou dat ek gedink het, wat gaan hulle op my grafsteen sit? +"Sy het gehuil"?"" +Hoe die US-Sjina-handelsoorlog dalk goed vir Beijing kan wees +Die openingsalvos van die handelsoorlog tussen die US en Sjina was oorverdowend gewees en terwyl die stryd vêr van verby is, is ’n onenigheid tussen die lande dalk in die langtermyn voordelig vir Beijing, sê deskundiges. +Donald Trump, die US-president, het die eerste waarskuwing vroeër hierdie jaar gevuur deur belangrike Sjinese uitvoere, insluitend sonpanele, staal en aluminium, te belas. +Die mees belangwekkende eskalasie het hierdie week ingerol met nuwe tariewe wat $200 biljoen (£150 biljoen) se items affekteer en effektief helfte van die goedere belas wat in die US van Sjina af inkom. +Beijing het elke keer in goedere weerwraak geneem en het onlangs tariewe van vyf tot tien persent op $60 biljoen se Amerikaanse goedere geklap. +Sjina het belowe om die US skoot-vir-skoot te ewenaar en die wêreld se grootste ekonomie gaan nie binnekort beweeg nie. +Om Washington te kry om terug te staan beteken om oor te gee aan versoeke, maar om in die openbaar aan die US se versoeke te voldoen sal te veel van ’n verleentheid vir Xi Jinping, Sjina se president, wees. +Deskundiges sê steeds dat as Beijing sy kaarte reg speel, kan druk oor US-handelsoorlog oor die langtermyn Sjina positief ondersteun deur die onderlinge afhanklikheid van die twee ekonomieë te verlaag. +Die feit dat ’n vinnige politiese besluit in óf Washington óf Beijing die toestande kan skep wat ’n ekonomiese tolvlug in enige een van die lande kan begin, is eintlik baie gevaarliker as wat toeskouers al voorheen beken het,” het Abigail Grace gesê, ’n navorsingsassistent wat op Asië fokus in die middel van Nuwe Amerikaanse Sekuriteit, ’n denker. +Sirië ‘gereed’ vir vlugtelinge om terug te keer, sê Minister van Buitelandse Sake +Sirië sê dit is gereed vir die vrywillige terugkoms van vlugtelinge en doen ’n beroep op hulp om die land wat deur ’n oorlog vir meer as sewe jaar verwoes is, te herbou. +Die Minister van Buitelandse Sake Walid al-Moualem het in ’n toespraak aan die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gesê dat toestande in die land verbeter. +“Vandag is die situasie op grondvlak meer stabiel en beveilig te danke aan vordering in die bekamping van terrorisme,” het hy gesê. +Die regering gaan voort om die areas wat deur terroriste vernietig is, na normaal te herstel. +Alle toestande is nou teenwoordig vir die vrywillige terugkoms van vlugtelinge na die land wat hulle moes verlaat weens terrorisme en die eensydige ekonomiese maatreëls wat hulle daaglikse lewens en hulle bestaan geteiken het. +Die VN skat dat meer as 5.5 miljoen Siriese mense die land al gevlug het sedertdien die oorlog in 2011 begin het. +’n Verdere ses miljoen mense wat steeds in die land woon, het filantropiese bystand nodig. +Al-Moualem het gesê die Siriese regime sou hulp verwelkom om die platgeslane land te herbou. +Maar hy het klem daarop gelê dat dit nie voorwaardelike bystand of hulp van lande af sal aanvaar wat die inval geborg het nie. +Europa beseël Ryder-bekeroorwinning in Parys +Span Europa het die 2018 Ryder-beker gewen en Span VSA met ’n finale punt van 16.5 teen 10.5 by Le Golf National buite Parys, Frankryk, oorwin. +Die US het nou ses opeenvolgende kere op Europese grond verloor en het nog nie sedert 1993 ’n Ryder-beker in Europa gewen nie. +Europa het die kroon teruggekry toe die Deense kaptein Thomas Bjorn se span die 14.5 punte gehaal het wat hulle nodig gehad het om die Verenigde State te wen. +US-stêr Phil Mickelson, wat vir meeste van die toernooi gesukkel het, het sy T-hou in die water by die par-3 16de gaatjie laat plof en sy wedstryd aan Francesco Molinari toegegee. +Die Italiaanse gholfspeler Molinari het in al sy rondtes geblink en het een van die 1-van-4 spelers geword om ooit 5-0-0 te gaan sedertdien die toernooi se huidige formaat in 1979 begin het. +Amerikaanse Jordan Spieth is 5&4 uitgeblaas deur die speler met die laagste rang op die Europese span, Thorbjorn Olesen van Denemarke. +Die speler met die wêreld se hoogste rang, Dustin Johnson, het 2 en 1 geval om Poulter van Engeland te land wie dalk in sy finale Ryder-beker gespeel het. +’n Veteraan van agt Ryder-bekers, Spanjaard Sergio Garcia, het die toernooi se Europese wenner van alle tye met 25.5 loopbaanpunte geword. +"Ek huil nie gewoonlik nie, maar vandag kan ek dit nie help nie. +Dit was ’n rowwe jaar gewees. +So dankbaar vir Thomas wat my gekies het en in my glo. +Ek is so bly, so bly om die beker terug te kry. +Dit gaan oor die span en ek is bly dat ek kon help," het ’n emosionele Garcia na die Europese oorwinning gesê +Hy handig die fakkel oor aan sy landgenoot John Ram wie Sondag US-gholflegende Tiger Woods 2&1 in enkele spel oorwin het. +Die ongelooflike trots wat ek voel, om Tiger Woods te oorwin, ek het groot geword en na daai ou gekyk,” het 23-jarige Rahm gesê. +Woods het al vier sy wedstryde in Frankryk verloor en het nou ’n rekord van 13-21-3-loopbaan Ryder-bekerrekord. +’n Vreemde statistiek deur een van die grootste spelers van alle tye en hy het 14 groot titels tweede aan net Jack Nicklaus gewen. +Span VSA het heel naweek gesukkel om die skoonveld te vind met die uitsondering van Patrick Reed, Justin Thomas en Tony Finau wat hoë-kaliber gholf regdeur die hele toernooi gespeel het. +US-kaptein Jim Furyk het na ’n teleurstellende uitvoering namens sy span gepraat: “Ek is trots op hierdie ouens. Hulle het geveg. +Daar was vanoggend tyd gewees toe ons ’n bietjie hitte op Europa gesit het. +Ons het geskrap. +Hoede af vir Thomas. +Hy is ’n wonderlike kaptein. +Al 12 sy spelers het baie goed gespeel. +Ons sal hergroepeer. Ek sal saam met die PGA van Amerika werk en ons Ryder-bekerkommittee, en ons sal vorentoe beweeg. +Ek is lief vir hierdie 12 ouens en ek is trots om as hulle kaptein te dien. +Jy moet jou hoed skuins hou. +Ons is oortref.” +Nuutste oor Rooigety: Konsentrasies verminder in Pinellas, Manatee en Sarasota +Die nuutste verslag vanaf die Florida-vis en natuurlewe kommissie wys ’n algemene afname in Rooigety-konsentrasies vir dele van die Tampa Baai-gebied. +Volgens die FWC, word kollerige bloeitoestande in die areas van Pinellas, Manatee, Sarasota, Charlotte en Collier stede gerapporteer - wat verminderde konsentrasies voorstel. +In volle bloei, strek die Rooigety omtrent 130 myl langs die kuslyn vanaf noordelike Pinellas tot suiderlike Lee stede. +Kolle kan omtrent 10 myl naby die kus van Hillsborough-stad gevind word, maar by minder liggings in vergelyking met laas week. +Rooigety is ook in Pasco-stad opgemerk. +Medium konsentrasies in of naby die kus van Pinellas-stad is in die afgelope week gerapporteer, lae tot hoë konsentrasies naby die kus van Hillsborough-stad, agtergrond tot hoë konsentrasies in Manatee-stad, agtergrond tot hoë konsentrasies in of naby die kus van Sarasota-stad, agtergrond tot medium konsentrasies in Charlotte-stad, agtergrond tot hoë konsentrasies in of naby die kus van Lee-stad, en lae konsentrasies in Collier-stad. +Asemhalingsirritasie gaan voort om in Pinellas, Manatee, Sarasota, Lee en Collier stede gerapporteer te word. +Asemhalingsirritasie is nie in Noordwes-Florida die afgelope week gerapporteer nie.